Jurgens CI op "Gesigboek"
Dis interessant dat al hoe meer besighede deesdae op Facebook en Twitter is. Persoonlik dink ek die blootstelling is baie groot.
Netso Willie! Ek is seker hulle sal vinnig daar reageer op klagtes. ![]()
Oom Gert, die slim manne reken dis die toekoms van Bemarking. Veral die jongklomp floreer daarop.
Groete,
Jacques
Wel, dis 'n feit, Jacques. So effe van die onderwerp af, skuus, maar ek en 'n oud skolier vir wie ek in die mid 80's skool gehou het, is tans besig om 'n massiewe reunie vir Maart volgende jaar te beplan. Tjoef, tjaf en a jiffie en daar is baie belangstelling. Ons doen dit op fb. Werk soos 'n bom om woord uit te kry buiten toe.
![]()
"
He he - netso Willie!
Ek laaik daai vrae wat nie geantwoord (kan) word nie... 
Hehehe.. ek sal maar eendag vra of hulle nie dalk 'n wa met twee enkelbeddens i.p.v 'n eilandbed kan maak nie en ook noem dat daar 'n "groot" mark voor is.
Ja nee hier kom n ding.
Maar daar is mos klein karavane of wil julle hê die groot koppe moet nog groter koppe kry ???
http://www.sherpaleisure.co.za/index.htm
As ek eendag stoksiel alleen is en ek ry met 'n Pugh, WilSur, sal ek so een oorweeg.
As ek 'n Exclusive met twee enkelbeddens i.p.v. 'n eilandbed innie hanne kan kry, kan ek ook dalk 'n grootkop word, hehehe....
Die groot koppe is Jurgens as monopolie houers van karavaan vervardigers, maar ek sien jy dink dit is die karavaan eienaars, jammer dan.
Ek hoop die mense wat 'n goeie ondervinding beleef het lewer ook daar kommentaar. Wan o'wee die ou mensdom is vinnig om te kla maar die krediet vir 'n goeie daad sien jy maar selde.
Groetnes
Jaques
Jaques,
Ja, maar die "+" is as daar minder klagtes is dan beteken dit daar is meer lof.
Onthou dis 'n splinter nuwe blad. Kom's wag en kyk wat die mark sê.
Ek is nie daarop uit om negatief te wees nie, maar soos Jacques tereg noem, die onbeantwoorde vra.
Hehehe. Watch that space.
Ek weet wat jy graag sal wil sien, He,he,he,he en as dit nie negatief is nie dan is ek nie 'n kamper nie.
Verstaan nie so mooi waarvoor die blad geskep is nie.
Indien dit is om hul produkte te adverteer, mors hulle hul tyd want daar is nie te veel nuwe modelle wat gemaak word nie.
Indien dit is om "feedback" te kry van mense, mors hulle hul tyd want hulle beantwoord nie eens die min vrae, in goeie tyd, wat die mense na hul kantore toe stuur nie.
Indien dit is om na moontlike verbeterings op hul waens te kyk, mors ons ons tyd want ons almal weet hulle kan nie die produksie lyn verander nie.
Die probleem met bookface en twitter is dat dit die heeltyd gemonitor en "bestuur" moet word.
Ek dink jy moet so 'n bietjie die mening van die woord negatief gaan naslaan WilSur.
Ek het nog nooit iets negatiefs van die vervaardiger of sy produkte gesê nie. Julle ou's met die nuwe waens gee julle terugvoer oor julle ontevredenheid oor die produkte en ek vra vrae oor die "voortdurende poging om kwaliteit te verbeter". Nou kom tipeer jy en annere my as negatief.
Ek kritiseer die vervaardiger en het al en sal steeds in die toekoms dit doen. Net soos met baie ander diensverskaffers. Van die vervaardiger se kant behoort dit as goeie kritiek gesien te word wat aangewend kan word om hulle produkte, diens en klanteverhoudings te verbeter.
Hehehe.... sal darem graag 'n Fortuner met 'n Jaris dak op wil sien?
Jammer dan Willem, maar dan is jy byterig of noem dit wat pas, jy weet presies wat ek sê, iskien nie so lekker met/op die sleutel bord nie.
Maar dit is reg, soos ek voorheel al gesê het mens moet nie net raas nie jy moet iets doen.
Ek reken dis nie so seer 'n kwessie van negatief teen oor positief nie. Ek wil net graag op enige gegewe oomblik voel ek verdien waaroor ek betaal het. Sou daar 'n probleem wees, en dit word reg gemaak, dan reken ek dit als in orde. Die blad is dus nou 'n openbare speelveld vir enige iemand wat dus gelukkig of ongelukkig is.
My vraag is net: Waarom moet ek dankie se vir iets wat reg is, as ek daarvoor betaal. Dis dan veronderstel om so te wees. Ek het niemand 'n guns gevra nie, inteendeel daarvoor betaal.
My vraag is net: Waarom moet ek dankie se vir iets wat reg is, as ek daarvoor betaal. Dis dan veronderstel om so te wees. Ek het niemand 'n guns gevra nie, inteendeel daarvoor betaal.
Ek stem 100% saam met jou, jy betaal dan darvoor. Ek wonder of hulle ook dankie sê vir Pick 'n Pay vir die hoender wat nie af was toe dit aagekoop is nie, of vir die TV wat werk, ens.
Ek is nie byterig nie, WilSur. Miskien tergerig? Ek weet nie presies wat jy sê nie en kan ook nie so lekker tussen die lyne lees nie. As ek nou "byterig" is, teenoor wie en wat is ek "byterig".
Ek kritiseer 'n vervaardiger/diensverskaffer oor die kwaliteit van sy produk en byt niemand nie.
Waarde vir geld, vriend, soos jy kan sien, is die inding.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Hancke
- Anton le Roux
- dracoza
- Harry Du Randt
- Hennievr
- Lammie
- JC
- Big G
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan





.jpg)





Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Dankie JacquesR.
Ek sien hy's bloedjonk. Nog geen klagtes aangemeld nie, veral nie Exclusive-klagtes nie.
Ek sal gereeld daar gaan kuier.
Rondawel Gasteplaas. Karoo.