Jurgens Caravans in Australia
Hoekom kan hulle uitlegte kies maar Jurgens Ci hier wil dit nie vir ons beskikbaar maak nie.
Is dit nie wat ons (die meeste) graag sal wil hê nie ??? en dit is beskikbaar op al die modelle, gaan kyk gerus, dit maak my siek !!!
http://jurgens.com.au/Range/Caravans/Lunagazer.aspx

Was ook vantevore daar, Willem en het daarna verwys op 'n soortgelyke draad. Ons het drie reekse met slegs twaalf keuses. Hier het een model ses uitlegte! Een van die modelle het ook 'n venster in die deur wat ons hier nie meer ken nie.
Dan is daar goed soos:
- Dual axle / electric brakes
- AL-KO stabiliser coupler
- 120 litre water tank with gauge
- Spinflow 3 gas & 1 electric stove & grill
- Blind / flyscreen on all windows & doors
- Dometic air conditioner (with heating)
- TV & Microwave (26 litre)
- Radio / CD pIayer
- Mag wheels add a touch of class
- Modern 12 volt directional lighting puts the light where you want it
- ens.
Kyk net na die neuskas binne, geverf en die gereedskap is netjie vas.
Iets wat my ook opgeval het is die deur wat teen die wind oopmaak. ek praat van die wind as jy sleep, dis nog altyd vir my snaaks dat ons karavane agtertoe oopmaak, as die deur sou oopspring in die ry sal die wind hom sleg beskadig?
Ek wil nogal met Jaques saamstem, dis waarskynlik 'n kwessie van prys. Maar met die duurder invoermodelle wat ons nou begin sien, mag dit dalk begin verander. Die mark daar is waarskynlik ook heelwat groter. Maar ek raai nou maar.
Ek hou ook van die opsies wat hulle bied en sou daarvan gehou het om ook so te kan kies.
Arie
Jy het 'n belangrike punt daar beet.
In my geval, soos met baie ander, is daar 'n venster in die pad indien die deur andersom sou oopmaak soos wat die geval is met die woonwaens hierbo. Dit kan egter uitgeskakel word indien daar sorgvuldig aandag gegee word aan die uitleg van 'n wa gedurende die ontwerpfase.
As hulle dit in Australia kan offer, kan hulle dit in Suid Afrika ook offer. Maak nie saak of die mark klein of groot is nie.
Jurgens kan gerus dieselfde opsies aan die SA klante bied.
Die grootste probleem in my opinie is dat Jurgens al jare op dieselfde trant en doen van dinge voort ploeter en die ouens aan die stuur het nie die visie om iets te verander nie...en hulle het ook nie rede nie ...tot hulle dit nie aan hulle sakke voel nie sal niks verander nie.
Nou moet ons net 'n ou kry om die Jurgense vanaf Australië vir ons in te voer! Dalk is hul meer bekostigbaar as die ander ingevoerdes wat ons nou het?
Groete - Nico
Daar het intussentyd nog opsies by gekom ???
Gaan kyk gerus na http://jurgens.com.au/Range/Caravans/Lunagazer.aspx
Te veel modelle in SA, party kan eenvoudig gestop word en dan die persoonlike opsie ingebring word vir die wat 'n wa so wil besit, jy koop 'n wa dop en rig hom in na smaak,en hou hom lank en het dus die gerief vir jouself.
Groete
Like our friend in 'Gone with the Wind.'
THEY JUST DONT CARE A DAMN !
Hierdie is nogal interesant. Ek glo die groot verskil is egter dat in Oz, is daar baie ander vervaardigers waarteen Jurgens moet kompeteer. As hulle in die mark wil bly moet hulle met die nuutste en beste tegnologie ook groei, asook 'n hoe standaard handhaaf.
Die volgende stelling spreek vir my boekdele "We have taken a proven product and further developed it to meet Australian standards". Dit wil se die standaard SA Jurgens is nie goed genoeg vir Oz nie! Miskien bedrieg my oë vir my, maar dit lyk asof hulle waens ook effe hoër is as ons s'n.
Ek wonder of ons karavane wat uit die fabriek uitrol ook aan die "Quality is an obsession with the “fussy fellas” at Jurgens - nothing leaves the factory without exceeding a comprehensive 278 point Quality Control check." blootgestel word? Ek twyfel as ek die drade lees van al die probleme ...
Ons kan maar net hoop dat JurgensCi wakker skrik ...
Keith,
Miskien as ons wat die produk koop dit net wil doen, 'n paar het nie 'n impak nie ? Dit wil voorkom of die meerderheid dit aanvaar.
Ek weet nie waarom lees ek ook dieselfde ding tussen die lyne nie, Happy Camper.
As ek dink wat ek al als aan my woonwa moes regmaak/wasdraai/oorvasskroef en ek bekyk die algemene klagtes onder nuwe woonwakopers vandag, twyfel ek of daar sedert 1998 wanneer my wa vervaardig is tot nou toe enige noemenswaardige vooruitgang in kwaliteit vakmanskap en kwaliteitsbeheer gemaak is nie.
Dus, ek weet wat ek het en koop nie weer van voor af nuwe troubles nie.
Ek wonder net hoeveel nuwe waens word elke maand verkoop? En hoeveel van daai verkope is daar iets mee fout?
Jammer Willem, ons kaap nou jou draad
Ek en heksie het na die nuwe karavane gaan kyk en wat 'n teleurstelling. Die pryse het geklim maar daar is nie veel wat gebied word nie. Met navrae oor modifikasies kan hulle vir jou gou vertel wat dit ekstra gaan kos. Vra vir die elektriese rem stelsel is daar 'n vinnige antwoord"nie in SA nie ken dit nie"en tog is dit beskikbaar in AUS. Dus hou ek wat ek het en sal van die wa ontslae raak as ek nie meer kan kamp nie.
Dit is baie duidelik dat ons maar weereens gery word en net moet aanvaar. Ek kan aanvaar as die pryse vir net een koper gelig word as hy modifikasies wil he maar die kleur skema word verander en daar gaan die prys.
Groete.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Hancke
- Anton le Roux
- dracoza
- Harry Du Randt
- Hennievr
- Lammie
- JC
- Big G
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan
- WilSur





.jpg)


.jpg)






Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Hoekom kan hulle uitlegte kies
Ek dink daai voorreg is maar by die prys ingewerk Willem!
Groete,
Jacques