Jurgens Australia - YouTube Video's

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Kyk n bietjie na die volgende clips:

 

http://www.youtube.com/watch?v=DDaZ6irXC6Y

 
 
 
 
Nogal opvallend oor die aandag wat gevestig word op die behoeftes van die klient.
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Interressant Ebenhaeser.

Het jy die webtuiste besoek?

www.jurgens.com.au

Die mense is bevorreg daar. 'n Verskeidenheid van keuse wanneer dit kom by die binne-uitleg. Ek hou baie daarvan.

Inaggenome dat die Aussie baie anders as ons kamp, sien ek nog steeds nie dit wat ons SA kampeerders regtig voor vra nie, maar die woonwaens is vir hulle behoeftes gebou.

Indien Jurgens SA dieselfde hier sou doen met die keuse van uitleg, is ek van mening dat hulle in SA meer woonwaens gaan verkoop.

Die kwaliteit is van hoogstaande gehalte en word sorgvuldig in hulle fabriek gekontroleer.

First world country, mater.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Ek soek al lank na die elektriese brieke in SA maar daar is nie iemand wat dit doen nie. daar in Aus is dit standaard. Ek gaanmaar daar soek as ek oorgaan en dalk so 'n stel of wat in bring. Jurgens hier is maar redelik terug op die brug.

Groete

HPJV RENSBURG

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Ek glo as jy by hulle n wa koop gaan jy geen K2k he met die ding nie. Baie netjies. !!

Sal wat wil gee om een van daar af te laat kom/

 Sien Julle by die boom !

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Ditto oom Hennie-DITTO!!!!!!!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

First world country julle. Die minimum standaarde is daar eenvoudig net hoër as in ons ou ontwikkelende landjie.

Die ander rede natuurlik waarom ons hier so aan die agterspeen suig is die verbruiker se onwilligheid om verskaffers sterk aan te vat en in die bek te ruk.

Ek sê mos al lankal dat ons hier in SA vir 'n mooviese rit gevat word. Ons betaal hopeloos te veel geld vir substandaard goed. Ek is seker daardie waen gaan meer bekostigbaar wees vir die gemiddelde Aussie as wat waens vir ons hier in SA is.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Willie is reg daar.

Ons as Suid Afrikaaners kan kla, kom by die huis skop die hond verskree die kinders oor die slegte diens wat ons gekry het maar dit bly daar. Ons moet die vervaardiges/verskaffers wys dat ons ongelukkig is.

Wie's aanlyn

Daar is tans 13 gebruikers en 26 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Harry Du Randt
  • Anton le Roux
  • Hancke
  • Hennievr
  • Lammie
  • JC
  • Big G
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan
  • WilSur

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.