Jou honne, of my honne......

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

'K het laas Desember weer vir die soveelste keer gesien hoe die oordeienaar/bestuurder se honne 'n verpesting kan raak en myself die volgende vraag afgevra. As jy, liewe oordeienaar/bestuurder my verbied om my honne saam te bring na jou oord toe, waarom laat jy jou honne toe om vryelik in die oord rond te beweeg, die plek te betjorts en niemand tel jou honne se bolle op nie. Ons trap in jou honne se bolle en ek verpes die klanke.

Ons is lief vir diere en maak gewoonlik vriende met die "oord" se honne, maar oral is die bolle 'n verpesting, want jy weet nooit waar lê 'n bol nie. Veral in die nag trap ek maar te gereeld in een. Dit lyk my die oord se honne is 'n klomp scatter-tjortsers wat nooit op dieselfde plek bollie nie.

As jy my nie toelaat om "eers my klein hondjie" saam te bring nie, hou asb jou honne ook in jou werf.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

WW, ek voel saam met jou. Mens kan verstaan dat die honde dalk daar is vir sekuriteit, maar ek voel ook dat hulle liefs in hulle eie agterplaas moet loop, ek het dit ook onlangs ondrvind, en een het so vier keer op 'n dag die kar se wiele kom probeer afwas!!!! en ander kere sommer teen die wa se wiel ook, en partykeer die sykant van die rallytent net-net gemis. Ek het maar so ongesiens met emmer water na hom se kant to beduie, en so twee keer raakgegooi met die water, toe stop dit. Soms voel jy om te praat daaroor, maar ek dink mens moet dalk vooraf hoor of daar honde is wat vrye toegang tot die staanplekke het, en as jou gevoeld dan sterk is daarteen, eerder wegbly. 'n Lekker dik beesspuit gevul met water kom hom lekker veeeêêr by, en werk ook uitstekend!!!

Groete.

Frans

 

 

 

Brinley Pritchard
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 20/12/2010
Inskrywings: 129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randburg
Ek sleep 'n 1997 Gypsey Regal met 'n Renault Scenic 1.9DCi

Ek het dieselfde by Mbizi oorgekom. Die oord se worshondjie dink mos hy kan ter eniger tyd sy been teen my tent kom lig. Hy weet ook hy doen verkeerd want as hy jou sien dan verkas hy teen die spoed van wit lig. Ek laat my ook nie vertel dat die bestuur nie bewus is hiervan nie, ek was al twee keer daar en het elke keer dieselfde ervaring gehad van dieselfde hondjie. Dit is regtig 'n frustrasie.

Groetnis.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Kom ons hoop maar die oordeienaars/bestuurders sien hierdie draad raak.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Kry vir jou Twincore draad en maak hom plek plek oop so as die hond die tent was skop die terug. 'n kettie werk wonders. Nou gaan my kop seker goed gewas word maar daai gewassery bring slegte ruike en die skoonmaak is vir my rekening, so hou jou honde tuis.

Groete

HPJV RENSBURG

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

So, Hennie, betonhonde vir die kampbestuurder is dus hoogs aan te bevole?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Pieter Smit
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 15/05/2011
Inskrywings: 110
Gebruiker van lyn af.
Plek: Aurora

 Miskien is 'n goeie plan om die hond saam te vat huis toe.  Mnr sal later gatvol raak om brakkies te vervang....

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 27 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Harry Du Randt
  • Hancke
  • Anton le Roux
  • Lammie
  • JC
  • Big G
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan
  • WilSur

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.