Hoe verstaan mens dit?
Nuwe forum onderwerpe
Hi julle,
Ek wil nou nie oorlog maak nie, maar kry nou-nou die WegSleep e-nuusbrief vir April 2011 in my epos.


Hoe help dit as WegSleep dan advertensies onderaan aanlas vir 3 selfsorg plekke en een gastehuis? ![]()
Hel, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar ons is mos besig met 'n Slepery of Kampering? Ek dink nie die lesers gaan in een van die opsies belang stel nie??? 
Groete,
Jacques
Jacques, Sien ook nou eers nie verder gekyk as die wasbalie nie. Toe ek daar lees dit is vir mamma en nie vir pappa nie toe maak ek die nuusbrief toe.
STEM SAAM J
Jacques,
Jy vra: "Hoe verstaan mens dit?"
My eenvoudige antwoord is: "Mens verstaan dit nie!"
Jy kon ook gevra het: "Wat het die ou gedink toe hy dit so gedoen het?"
Die antwoord sou wees: "Hy het seker nie gedink nie!"
Hehehehe
OOK MAAR MENS!!
Footloose!
Jacques, het nog nie mooi gekyk nie - maar toe ek so vinnig daarna kyk het ek gedink dit is dalk mobiele gaste huise wat mens kan saam SLEEP?
He he Arie - lyk ook of Draaihoek Lodge 'n mooi grasperk daar het vir 'n paar waens!
SAAMTREK? 
Groete,
Jacques
Eintlik redelik maklik.
Die nuusbrief is deur die persoon wat WEG se nuusbrief doen ontwerp en aangestuur na Wegsleep en Wegry vir gebruik as raamwerk(Template) deur hulle. Vir al wat ons weet is dit dieselfde persoon wat aldrie se nuusbrief doen en net artikels en advertensies vervang vir die toepaslike tydskrif. In hierdie geval is 'n "slipup" gemaak om nie die advertensies toepaslik op WEG te vervang met Wegsleep advertensies nie.
Die ander aspek is ook dat die 3 tydskrifte in 'n korporatiewe omgewing bedryf word met WEG die senior vennoot met waarskynlik die mag om die kitaar te slaan in terme van riglyne hoe die nuusbrief moet lyk asook die grote daarvan. In so 'n geval is die advertensies moontlik daar gelaat om spasie vol te maak.
Hierdie is eintlik 'n goeie raaiskoot maar ek dink ook nie ek is vreeslik ver uit nie.
Anton
NS. Dit is baie makliker om met "templates" te werk as om elke keer die hele nuusbrief van vooraf te ontwerp. "Copy & Paste" werk darem baie lekker. Daarmee kan ons nie stry nie.
Die adverteerders betaal ten duurste om op die nuusbrief te adverteer. Dit was nie net dat hulle dit gecopy het van Weg nie. Maar dit is die bottom-line ~ geld
Money makes the world go round...
Stem saam met jou Jacques.
Jaques dis vir die erg moffie kampers
He he Arrie!! 
Dis nou as jy sleep tot daar en dan eerder in die lodge tuisgaan? 
Groete,
Jacques
Ja dalk sleep hulle 'n Ventertjie saam! Di's ook mos sleep? 
Nee nee Thinus - dis mos nie dieselfde nie... 
Groete,
Jacques
Het ook gewonder wat nou toe ek dit raak sien. Dis heeltemaal teenstrydig met WegSleep se T hemp ... maar ek glo wat Anton hierbo geskryf het is nader aan wat gebeur het.
Wat ek wel kan se is, daai kreef lyk lekkkkkker!!
Blameer dit op die drukkers fout. Het ook al so 'n blaps begaan. Murphy's law
Groete
.jpg)
Junie 2011 se weergawe bied ook 'n Hotel opsie... 
Groete,
Jacques
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Anton le Roux
- Hancke
- Lammie
- Harry Du Randt
- JC
- Big G
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan
- WilSur
- Berno Punt








.jpg)








Goeie punt Jacques