Grond vry hoogte van Sprite splash
Nuwe forum onderwerpe
Dag aan al die slepers
Wie van julle het raad. Ek het laas jaar toe Sprite die nuwe reeks uit gebring het vir my die Splash aan geskaf. Ek het die Swing gehad. Wat ek wel agter kom is dat die Splash se onderstel laer is en dus altyd waneer ek by 'n oord kom wat hobbels het, die stutte skuur. My swing het nie die probleem gehad nie. Dit was so erg dat ek by die een oord my ronde plate wat op die stutte is, 2 van verloor het.
Is daar van julle wat dieselfde ondervind en is daar 'n oplossing.
Groete en lekker sleep.
Manie
Baie dankie WilSur
Gedag dis net ek wat dit ondervind. Ek het nou maar die ronde plate van die stutte afgehaal en dit gee so 'n paar mm speling. Sal graag hoor wat die vervaardiger as oplossing sal bring.
Lekker sleep en kamp.
Manie en Hannie
Die oplossing sal heelwaarskynlik 'n "spacer" tussen die as en die onderstel wees. "Spacers" is reeds beskikbaar vir ouer waens waarvan die "suspensie" gesak het.
Len
Ek het nie 'n foto nie want ek het nog nie van die nuwes op nie. Hulle het die ½ maan onder wat die voet stuk is vervang met net 'n ±8mm pypie waar jy dan jou voetstukke aan kan heg.
Dit is nie moontlik om spacers op die nuwe modulêre onderstelle te gebruik nie.
Die as gaan deur twee gate deur die regop gedeeltes van die onderstel links en regs waar die bracket wat die as aan die onderstel vashou, vasgebout word.
Die enigste manier om meer gronvryhoogte hier te bewerkstellig is om die area van die onderstel waar die as-brackets vasskroef te herontwerp sodat die as-gat so 50mm plus, meer na ondertoe is.
Ek sou die ontwerp in daardie area van die onderstel anders gedoen het sodat jy nog steeds dieselfde vertikale sterkte in die komponent het, maar meer vryheid het om hoogteaanpassings te maak.
Maar nou ja. Soos julle al 'n paar keer genoem het, luister die wa-makers nie na ons nie. Dis waarom ons eerder ons eie ding wil doen.
Willie,
Met wie by Jurgens Ci het jy dit bespreek ??? Dalk kan ek jou na die regte ou verwys.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- geo
- Anton le Roux
- Lammie
- Harry Du Randt
- JC
- Hancke
- Big G
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan
- WilSur
- Berno Punt






.jpg)
Manie,
Al die nuwe karavane het die nuwe (mecano) onderstelle en hulle is almal heelwat laer as die vorige. Jurgens Ci werk aan 'n oplossing.