Classique Probleem

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Dag se medekampers. Miskien het iemand al 'n soortgelyke probleem gehad.

Nou die dag kom ek agter net voor ons ry dat die badkamerdeur raak die vloer in die oop posisie. Eers gedink die skarniere is los maar dit was nie die geval nie. Na ek die stutte laat sak het by die kampplek het die deur nie meer die vloer geraak nie. Duidelik het iets met die onderstel gebeur. Terug by die huis het ek die onderstel ondersoek maar sien niks wat gebuig of gekraak het nie. Ek moet se die "gusset" wat die onderstel net agter die wiel verstewig lyk nie baie effektief nie.

Voor ek die wa na 'n herstelplek neem beroep ek my op al die kundiges op die forum vir raad om die probleem te identifiseer.

Groete.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Kampklong,

Jy sê nie watter model dit is nie, maar ek neemaan dit is die een met die nuwe onderstel.  As dit so is glo ek nie daar is 'n groot probleem nie want die nuwe onderstel is so gebou (flexable).  Miskien moet die deur net 'n rapsie hoër gestel word.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Wilsur.

Dit is 'n 2007 model. Watter jaar het Jurgens die onderstel opgradeer?

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ons het ook 'n 2007 Classique gehad en nadat ek die deur gestel het het hy nie weer gepla nie.

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 784
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Ek het 2005 Exclusive en het ook al dieselfde probleem ervaar.  Jy sal opmerk dat as die woonwa se stutte nie gebruik is nie, haak die deur nie vas nie.  Jou probleem lê daarin dat jou stutte aan die linkerkant of aan die regterkant nie eweredig afgedraai is nie.  Probeer die volgende : kry die woonwa so naby aan waterpas as moontlik met behulp van die jockey-wiel en wiel blokke (daardie geel opry blokke) indien nodig.  Werk dan eerste met die stutte aan die linkerkant en dan aan die regterkant (of omgekeerd, afhangende watter kant moet effens gelig word). Gestel die tent-kant moet effens opgelig word, draai dan die stut links agter tot op die grond en van daar af tel dan die aantal volle draaie tot by die regte hoogte.  Draai dan die stut links voor tot op die grond en tel dan die aantal volle draaie dieselfde aantal omwentelings as links asgter. Beweeg dan na die regterkant van die woonwa en doen dan dieselfde regs agter en regs voor.

Hierdie prosedure voorkom dat die onderstel soos 'n koeksister knak wat tot gevolg het dat deure nie vrylik oop en toemaak nie. Die geheim is dat die linkerkant van die woonwa moet voor en agter in dieselfde waterpas-posisie gelig word  -  netso moet die regterkant voor en agter presies gelyk gelig word.  Pasop natuurlik dat die stutte eintlik nie bedoel is om die woonwa kwaai op te lig nie, maar om dit stewig te stut.

Len

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Dankie Len en Wilsur.

Len, my probleem is die deur raak die vloer wanneer die wa nie op die stutte rus nie.

Wilsur, ek gaan maak soos jy voorstel en dan maar dophou.

Groete.

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Reg so.

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 27 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Harry Du Randt
  • JC
  • Hancke
  • Anton le Roux
  • Lammie
  • geo
  • Big G
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan
  • WilSur
  • Berno Punt
  • JCKorf
  • Tjailatyd

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.