Bosal Sleepstang
Nuwe forum onderwerpe
Hierdie storie het twee dele maar kom ek probeer dit verkort.
Ons het gepak en gehak toe vertrek ons Hartenbos gtoe vir ons jaarlikse vakansie by die see. So het ek agtergekom daar is iets nie lekker tussen die Ford en die Classique nie, elke keer as ons gestop het het ek als nagegaan maar niks wat ek kon kry wat nie inplek was nie. Tot ons op 'n plek gestop het en ek merk dat die trapizium na agter to hang. By ons oornag plek in 3 Susters het ek kans gehad om mooi te kyk en besluit toe om die Trapizium in sy "lock" posisie te sit vir die res van die pad af Kaap toe.
Daar gekom het ek die foto's geneem en afgesit na die Ford handelaar, hulle kon niks vout kry nie. Ek het die handelaar in Centurion geskakel en is verwys na Supa Quick wat die "fitment centre" vir Bosal was.
Lang storie kort het hulle gesê die lewens lange waarborg wat op hulle produk verval aangesien die verkeerde sleepstang opgesit was. Bestel toe die regte een en hulle sit dit op.
Het die lyne warm gehad Pretoria toe. Ek bring toe die ou een terug en vat dit na die Ford handelaar. Na baie woorde en meet en vra ens. het hulle toe besluit om my geld vir my terug te bataal aangesien ek kort voor my vertrek eers die voertuig gekry het. Met die geld in my bank die einde van April kon ek verder gaan.
DANKIE Lazarus Ford in Centurion en ook Ford S.A.
Ek het Bosal gekontak en met so bietjie gesukkel 'n afspraak gemaak om die nuwe een vir hulle te gaan wys by die fabriek in Koedoespoort Pretoria want ek was nog steeds nie tevrede met die produk wat hulle laat opsit het in Mosselbaai nie.
Dinsdag middag het ek 'n e-pos gekry, ek moet Carlos by hulle R & D afdeling vanoggend gaan sien.
Daar aangekom is ek verwys na ontvangs so 500m langs die spoorlyn af was die Carlos in 'n vergadering (hoe het Ryno altyd gesê, my meter het na die rooi begin gaan want ek het 'n afspraak en van die werk af en hy is in 'n vergadering) Na 'n koppie boeretroos daag Carlos daarop, vra verskoning want hy het nie geweet hoelaat ek daar sal wees nie want die ou wat my soontoe gestuur het het nie vir hom tyd gegee nie.
Ek is toe terug kar toe om om die blok te ry tot by hulle R & D se hek. Carlos het my deurgewys tot in die werks winkel waar ek die Ford op fir "lift" gery het. Hy het gesê hy wil die hele storie inspekteer, "bumper" ens. afgehaal en gesien dat die plaat steeds oorhang, nie soveel soos die vorige een nie. Hy het verduidelik wat hulle gaan doen en die ou het aandie werk gespring. 10:30 was als klaar met 'n nuwe hak en 'n baie lekker en waardevolle geselsie met Carlos die TRG Development Manager.
Hoekom moet mens eers sukkel ??? Miskien voel die beloning dan net soveel groter ???
DANKIE
Lazarus Ford in Centurion en ook
Bosal in Koedoespoort
Nou is ek 'n tevrede klient
Willem,
Nee soos op die foto gesien kan word het hy net na agter oor gehang. Die oorspronklike was dalk 'n Vrydag of Maandag produk en omdat hy nooit gebruik was nie het niemand dit agter gekom nie.
Die fabrieks eienaar van die voertuig het nooit iets agter die Ford gehaak en gesleep nie, selfs die bal was nog splinternuut gewees sonder 'n merkie.
Hi Willem
Sal jy so gaaf wees om dalk meer inligting te gee oor wat hulle gedoen het, en of dit 'n algemene probleem is op die Territory ST. Die rede vir die vraag is ek het die selfe kombinasie en is nie gellukig met hoe dit sleep nie. Ek moet by se ek is nuut in die karrefaan sleep ding.
Baie dankie
Bly dis uitgesorteer Willem
Ek het sef 'n sleepstang gehad wat gesak het, en die vervaardiger het dit omgeruil sonder om vrae te vra. Hulle het selfs na my toe gekom om dit te doen!
JCKorf,
Eerstens BAIE welkom met jou eerste boodskap, sien jy het reeds in 2010 aangesluit.
Nee dit is nie 'n algemene probleem nie, Carlos by Bosal het gesê dit is die eerste keer wat hulle die probleem tee gekom het. Dit is die sleepstang wat na agter oor geleun het wat hulle reg gemaak het, nou is die plaat waar teen die bal bout haaks met die grond vlak.
Ek gaan van tyd-tot-tyd na ons fabriek in Springs dan kan ons dalk gesels of as jy deurkom Pretoria toe laat weet dan kan ons bymekaar kom. Jy is ook welkom om vir my 'n e-pos te stuur.
Beste Willem
Noudat jy gesien het hoe dit daar onder agterlangs lyk, is die vraag;
Is dit nodig om 'n Ford T se sleepstang periodiek te "torque" soos 'n bakkie, of is hy vas soos in permanent vas? Wil tog nie my Palma in die ry afhak nie.
Groete
Wessel Strydom
Hi Wessel,
Nee jong ek glo nie dit is nodig nie, volgens Carlos van Bosal is hy vas vir altyd. Glo my as die Exclisive gehak bly sal die Palma nit op sy eie rond loop nie.
Beste Willem
Dankie vir terugvoer, dit gee baie gemoedsrus. Het na groot "strip"werk gelyk om by hegpunte te kom.
Ek moes nogal heelwat kere oor die 13 jaar se sleep met Isuzu die sleepstang vastrek. Gewoonlik gedoen voordat ons die padvat Oos Londen se see water toe.
Groete
Lyk vir my dinge gebeur net as jy die deursettings vermoe het om te bly baklei, dit is in elk gaval jou geld wat hulle gevat het. Bly jy het reg gekom en dat jy veilig voel met jou kombinasie.
Wonder hoeveel ander is op die pad wat nie eens agterkom daar is fout nie. Of die boute weer vasgetrek moet word is maar uit gewoonte dat ek dit nagaan en seker maak dit is nog vas, met ons paaie is dit dalk nou meer nodig as voorheen.
Groete
Het dit al iemand oorgekom dat die sleepstang heeltemal afgebreek het van die motor?
Ek sleep 'n Fleetline met 'n Ford Focus en is elke keer op my senuwees as ek sleep
Die sleepstang is net met 4 klein boute vasgemaak
Ek het Desember die hak opgeskuif na die 2 boonste gate met die idee om gewig weg te neem van die hak, maar die karavaan se voorkant was baie gering hoer as die agterkant
Ek het geen probleme met die sleep gehad nie, maar het die hak weer afgeskuif
Ek het vir die eerste keer in my 8 jaar se sleep met 'n stabiliseerder gesleep
Ek dink tog dis 'n geringe verbetering op die stabiliteit al het ek al die jare daarmee verskil
Evert,
Maak seker dat net "High tensile bolts" gebruik is anders vervan hulle dadelik. met die regte dikte vir die gate ook.
Ek het nog nooit van dit gehoor of gesien nie.
toets
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Harry Du Randt
- Anton le Roux
- Lammie
- geo
- Hancke
- Big G
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan
- WilSur
- Berno Punt
- JCKorf
- Tjailatyd







Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
WilSur
Wat het toe gebeur met die eerste sleepstang. Het hy gebuig of het daar 'n probleem ontstaan waar hy aan die kar vasskroef?
Rondawel Gasteplaas. Karoo.