Swing "pale-kas"

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Ek sukkel altyd om goed in en uit my Swing se pale-kas te kry. Die deurtjie swaai na bo oop en mens het altyd iemand nodig om die verdomde ding oop te hou.

Gister stel 'n persoon toe voor dat ek die "stoppertjie" wat op die "aluminium-reling" sit los skroef en dit 'n bietjie verder met die reling langs moet skuif. Dan kan die deurtjie ook langs die reling af skuif ... amper soos 'n skuifdeur.

Slim plan, dit werk soos 'n bom ... probeer dit gerus, sal jou baie moeite en ongerief spaar!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Fototjie Footloose?

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Wat daarvan mens draai die deurtjie om dat die skarniere aan die onderkant is?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Die sogenaamde "pale-kas" is `n vermorsing van spasie en soos Footloose se, verdomp ongerieflik. Ek het na sorgvuldige oorweging die volgende gedoen. Die hangkassies weerskante van die bed is verleng tot op die vloer deur die "pale-kas" af te sper. Vervolgens het ek die neuskas deurgebreek sodat dit die middelste gedeelte van die "pale-kas" insluit. Die spaarwiel het `n sak gekry en le saam met die  pale (ook in `n sak) op die vloer. Nou is die gewig op die sleephaak aansienlik minder en daardie gewig is nou op die as. Daar is ook baie meer spasie in die groter neuskas vir ligter artikels soos bv. grondseile, kolesak, braaiers en verlengingkoorde.

Die neuskas se flap was ook ongerieflik aangesien dit ook boontoe oopmaak. Hierdie probleem was baie eenvoudig om te oorbrug. `n Hakkie aan die deur, `n hakkie bokant die venster en `n elastiese band en viola-geen meer flap probeer stut met jou agterkop nie. 

 

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Baie goeie idee Footloose.

Flip (Damara) doen dit met die venster van sy wa.  Hy swaai dan die tv deur die venster na buite as almal wil kom rugby kyk.

My Regal se deurtjie het 'n stut wat tussen die deur en die wa se binnekant kom om hom te stut.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Dankie vir die tip Footlose gaan dit probeer

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

WilleWillemien wrote:

Wat daarvan mens draai die deurtjie om dat die skarniere aan die onderkant is?

Presies ... wat daarvan?

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

"Presies ... wat daarvan?"

Nou hoe bedoel oom nou. Sal maar self na een gaan kyk, want ek verstaan nie mooi wat jy gedoen het om jou probleem op te los nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 13 gebruikers en 31 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Anton le Roux
  • geo
  • Big G
  • Lammie
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan
  • WilSur
  • Hancke
  • Berno Punt
  • JCKorf
  • Tjailatyd

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.