Spaarwiel installasie onder Wa

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Ek het bietjie hulp nodig met n installasie van n spaarwiel onder die wa.

 

nl. Idees.

 

Ek het n Aircon nou in die neuskas en die spaarwiel pas nie. So ek wil die spaarwiel onder "mount"

 

Wat is die beste manier?

 

 

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 559
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Ebenhaeser wrote:

 Ek het bietjie hulp nodig met n installasie van n spaarwiel onder die wa.

 

nl. Idees.

 

Ek het n Aircon nou in die neuskas en die spaarwiel pas nie. So ek wil die spaarwiel onder "mount"

 

Wat is die beste manier?

 

 hi Ebenheaszer

die regte ou omte kontak is deon joubert hy het syne onder die wa gesit ek dink ek het fotos gesien op die draad genaamd verbeterings aan jou wa of stuur hom n pm

die wiel het hy geplaas tussen die wiele en die a raam aan die voorkant sal ek se is die beste vir hom as jy hom sou agter sit sal hy dalk skuur as jy by n walletjie afgaan hoop jy kom reg

 

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Willem vWyk
Super sleper
Aangesluit: 09/01/2010
Inskrywings: 350
Gebruiker van lyn af.
Plek: phalaborwa

Ben my Classique se spaarwiel is agter, onder tussen die twee wiele n bietjie agter, en hy is al daar van 2007 en het geen probleme nie

AanhegselGrootte
spaarwiel_3.jpg 130.54 KB
spaarwiel.jpg 102.17 KB

 Altyd reg vir kamp

 

deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

DIE BOU wrote:

Ben my Classique se spaarwiel is agter, onder tussen die twee wiele n bietjie agter, en hy is al daar van 2007 en het geen probleme nie

Ek hou van jou manier. Het self 'n Classique. Gaan vanaand gou kyk wat ek kan doen. Waaraan/hoe het jy daardie bout vasgemaak wat die wiel op sy plek hou?

Deon

 

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Ek moet byse dat ek die Modulere chassis het.

 

Die chassis is gemaak vir die wa soos hy nou is, nie vir goed soos n spaarwiel onderaan nie. Dit is hoekom ek baie versigtig moet wees.

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Eben, dagsê. Ek het bracket gemaak wat aan onderstel vasbout en skuis agtertoe loop, en spaarwiel sit op wa se agterkant, vir my baie makliker om in stand te hou (pomp) en makliker om af te haal indien nodig, sien die magie is bietjie groot (volgens die pantoffelregering ook) en ek stem saam, doen so min moontlik onder die wa.

|ek het net nommerlaat en liggie geskuif, maar die oues gelos waar hulle was.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Willem vWyk
Super sleper
Aangesluit: 09/01/2010
Inskrywings: 350
Gebruiker van lyn af.
Plek: phalaborwa

Ek het die Classique nuut gekoop by Comet Karavane, hulle het my aircon in gesit en die spaarwiel ook onder gesit,Hulle het vir my gese hulle het al honderde gedoen, myne het nog nooit geskuur of eenige probleeme gegee nie

 Altyd reg vir kamp

 

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Die Bou

 

Het hulle jou n prys gegee op die installasie of was dit deel van die Aircon se prys? Ek sal hulle bietjie bel en sie wat hulle se. 

 

Hopelik is dit nie te duur nie.

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Frans Pretorius wrote:

Eben, dagsê. Ek het bracket gemaak wat aan onderstel vasbout en skuis agtertoe loop, en spaarwiel sit op wa se agterkant, vir my baie makliker om in stand te hou (pomp) en makliker om af te haal indien nodig, sien die magie is bietjie groot (volgens die pantoffelregering ook) en ek stem saam, doen so min moontlik onder die wa.

Stem saam dat my magie ook 'n probleem sal gee...

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek het dit ook destyds op die Classique laat doen by Comet en toe was die prys in die omgewing van R600 maar wat ek nie van gehou het nie is dat hulle aan die onderstel gesweis het maar as jy dit wil doen is hulle die eerste wat kla dat jy jou waarborg kan verbeur.  Ek weet nie wat doen hulle met die nuwe onderstelle nie.

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Oom Frans daai spaarwiel agter die wa is 'n bakgat idee!

Kamp Groete

Chris de Wet

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

 

Daar is nie lekker plek op die nuwe onderstel om 'n spaarwiel aan vas te maak nie. 'n mens moet maar 'n pikante lyfie hê, om sommer net so onder die karavaan in te glip, wat nog te sê 'n wiel daar uithaal. Ek het 'n box gemaak, waarin ek my spaarwiel rondry, binne my Fortuner. So nou pak ek alles net weer bo op die box en my wiel kan ek maklik sonder enige ongemak uithaal en die oue weer terug gooi.

 

Groetnis

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Tinus het vir my 'n sak gemaak met daai "slip free" materiaal onder en hy lê gemaklik in die karavaan uit die pad.

Cobus,

Ek het altyd gevrees as die karavaan 'n pap wiel gaan kry hoe kom jy dan onder die ding in ?  En as die karavaan op 'n domkrag staan langs die pad is dit ook nie die beste om onder hom in te kruip nie, dit is hoekom ek die laste ruk die Classique se spaar ook agter in die Kyron ge ry het.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hoop julle ou's wat die spaarwiele so onner die waens wil vasbout het lekker plat magies, soos ekke. Anders gaat jy sukkel.

Ek verkies ook om hom eerder binne die wa op die vloer, agter in die middel, op 'n mat of in 'n cover te plaas.

Baie vinniger en makliker om hom daar by te kom.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 559
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

ja willie

dit is ingeval minder moeite om hom uit te kry as hy onder die bed le en as  jy moeilikheid het  maar so gepraat van pap wiele kry somer n self repair kit saam met n 12v pompie en hou hom beiderhand dan hoef jy glad nie eens die wiel af te haal nie

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Behalwe as hy nie meer daar is nie.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Yes, Ben. Ja, die goed het ek altyd byderhand, maar wanneer mens mos 'n pap wiel op 'n woonwa kry is die kanse baie skraal dat die band nog heel gaan wees daarna. Gewoonlik is hy aan flarde en moet 'n ou maar die spaarwiel nader sleep.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

BOB
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Penta met 'n Land Rover Discovery 3 SE

Hallo Ebenhaeser

Hulle het my spaarwiel ook na onder die wa geskuif toe hulle vir my die aircon insit.

Die nice ding wat hulle gedoen het, is dat die wiel afsak soos die bakkie pully sisteem, maar jy access dit van binne die wa. Die pully sit onder die hoof bed en die bout net buite. So jy laat sak die wiel met n socket of spanner.

Ek hoef dit gelukkig nog nie te gebruik nie, maar dit is al so vir 3 jaar en die wiel is uit die pad en jy kan niks sien binne die wa nie. (kyk foto)

Dalk kan dit vir jou ook werk.

Groete

BOB

AanhegselGrootte
IMG-20120120-00167.jpg 123.18 KB
WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Bob,

Wie het dit vir jou gedoen ?

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

BOB wrote:

Hallo Ebenhaeser

Hulle het my spaarwiel ook na onder die wa geskuif toe hulle vir my die aircon insit.

Die nice ding wat hulle gedoen het, is dat die wiel afsak soos die bakkie pully sisteem, maar jy access dit van binne die wa. Die pully sit onder die hoof bed en die bout net buite. So jy laat sak die wiel met n socket of spanner.

Ek hoef dit gelukkig nog nie te gebruik nie, maar dit is al so vir 3 jaar en die wiel is uit die pad en jy kan niks sien binne die wa nie. (kyk foto)

Dalk kan dit vir jou ook werk.

Groete

BOB

Dit is nou 'n moerse goeie idee. Ek laaik baie !!!!!

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hou ook van Bob se storie. Miskien moet jy vir ons 'n foto of twee plaas?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Persoonlik dink ek 'n spaarwiel onder die wa is nie 'n goeie idee nie. Dit is glad nie lekker om op jou maag/rug op die warm teerpad te le om dit daar uit te kry nie. En dan is dit ook pap want mens vergeet om dit te pomp (out of sight, out of mind).

Cobus, ek hou van jou idee van 'n boks agter in die SUV. Het jy die boks so gemaak dat dit soort van 'n vals bodem in die ruim vorm. Mens kan dan heelwat daar in kry wat dan uit die vyand se sig is.

Groete

 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Sal die beste ding nie wees om 'n ordentlike raam een keer te bou wat agter die was uitkom nie. Dit kan aan die ondersten vasgemaak word en dan ook aan die agertkant van die wa(met versterking natuurlik). Dan kan jy spaarwiele, gasbottels, fietse of aircons daar aan monteer. Dit sal ook help om bietjie gewig agter die as te kry, dan is die hak gewig dalk minder van 'n probleem en jy kan ook dan meer in die neuskas laai sonder om te worry oor die gewig.

Kyk bietjie na bos sleepwaens en karavane, hoeveel goed word agter op vasgemaak.

kamp 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Spiderman, soos jy sou kon sien op #5 het ek raam gemaak wat vas is aan die onderstel, en spaarwiel agterop, vasgeketting met lang pypie vir maklike oppomp, maar al die goed wat jy van praat mag dalk op gewone wa die appelkar heeltemaal omgooi. Te veel gewig agter die as is die grootste oorsaak van swaai aanhelp. Self net twee fiets by gaan te veel wees, ek sou dit glad nie aanbeveel nie. Met  boswaens soos op jou handtekening is ander saak, dit is 'n kort afstand van die as af. Ek hoop jy verstaan wat ek probeer verduidelik.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Die optrek ding dink ek ook is n bakgat idee. Die eerste dinge wat ek ook aan my wa gedoen doen het was om die spaarwiel onder die wa te sit. Hier is n foto. Jy kan links bo die twee boute sien wat die braket vas hou. het niks geweld nie. Wil ook by julle hoor.  Hoe lank sleep julle al en hoeveel papbande het julle al in daai tyd vervang. Ek sleep al 8 jaar en het nog nie een pap band gehaad nie. So ek reken as ek een gaan kry daai paar minute wat ek gaan stoei om die wiel aftekry is nie die einde van die wereld nie.

Doe moere is die selfde size as die wielnuts. Gebruik dan die wiel spanner om hom aftehaal.

 

 Sien Julle by die boom !

BOB
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Penta met 'n Land Rover Discovery 3 SE

WilSur

LPM trading hier in Raslouw, Centurion het die aircon en die spaarwiel veranderings gedoen.

Hulle het ook my fietsrak wat agter my wa is gedoen.

Groete

Richard

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Kampklong

Ek het 'n boks so groot soos wat ek kon (grootte van tuner) en die hoogte van 'n wiel gemaak. Ek het ook dit met mat oorgetrek (kleur so na as moontik aan binne kant van tuner) So as jy die agter deur oopmaak, kan jy die spaarwiel onmiddelik uithaal, sonder om die goed bo op (in my geval, 'n 80L vrieskas) af te haal. Dit werk baie lekkr, en ek pak sommer al my kleinerige goed ook daar in. En wat dit lekkr maak ek kan tot my rekenaarsak ook daar inskuif, en niemand kan dit sien nie.

Groete.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Dankie Richard

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Dankie Cobus. Ek het vermoed dit is wat jy gedoen het. en dit is 'n blink idee.

En boonop het die versekering nie 'n "loophole" van "items not to be visible" nie. Altyd 'n probleem as daar agter uit 'n bakkie of SUV gesteel word.

Groete.

Francois Schutte
Ou hand
Aangesluit: 08/08/2011
Inskrywings: 160
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n BMW X5 3.0D

Ek het vir my Pa se Fleetline se wiel n towbar gemaak met n bracket na boontoe vir die spaarwiel, Die wiel is uit die pad uit en pla niemand nie. Ek het my Penta se Aircon ook agter op gesit, pla niks en die wiel op sy plek gelos, so die neuskas bly toe. Al wat slimmer is as dit is die aircon onder die vloer as dit gaan werk.

My Fleetline het n bracket onder die wa gehad, baie lekker tot jy hom nodig het. jy is vuil en nat gesweet as jy hom uit het, maar om die pap wiel terug te kry sonder die trollie jack is n K@K storie, dit was die laaste!!! die wiel het toe maar op die vloer gele

Bulle Bo !!!

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Cobus wrote:

Kampklong

Ek het 'n boks so groot soos wat ek kon (grootte van tuner) en die hoogte van 'n wiel gemaak. Ek het ook dit met mat oorgetrek (kleur so na as moontik aan binne kant van tuner) So as jy die agter deur oopmaak, kan jy die spaarwiel onmiddelik uithaal, sonder om die goed bo op (in my geval, 'n 80L vrieskas) af te haal. Dit werk baie lekkr, en ek pak sommer al my kleinerige goed ook daar in. En wat dit lekkr maak ek kan tot my rekenaarsak ook daar inskuif, en niemand kan dit sien nie.

Groete.

Cobus.

Ek het my "boks" vandag oorgetrek met afval mat wat ek gekoop het. Mens moet mooi by die venster inkyk om te sien dit is 'n vals bodem. My pak oppervlakte het sommer verdubbel.

Groete

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • EGO
  • geo
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan
  • Lammie
  • Big G
  • Anton le Roux
  • WilSur
  • Hancke
  • Berno Punt
  • JCKorf
  • Tjailatyd
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.