Recovery tow ball/hitch
Nuwe forum onderwerpe
Hi almal,
Verskoon die Engelse benaming, maar ek weet nie wat anders om die goed te noem nie.
Eerstens:
Ek wil graag die "sleep bal"-gedeelte van my sleepstang vervang met 'n "recovery tow ball/hitch" - sien die foto aangeheg.
Die goedkoopste wat ek kon kry, tot dusver, is by Outdoor Warehouse Silver Lakes (PTA) teen R529-00.
Weet iemand dalk war in PTA mens dit goedkoper sal kry, en/of het 'n PTA forumiet dalk een wat hy van wil ontslae raak?
Tweedens:
Ek wil 'n 6-gat "drop plate" opsit omdat die wa so effe neus in die lug loop. Het een by die einste Outdoor Warehouse gesien vir omtrent R180. Vreeslike dik stuk staal... Wat ek nou eintlik wil weet is watse boute gebruik mens, en is die "drop plate" sterk genoeg??? Eks bang vir probleme optel met die haak wat laer sit en dus meer krag op die haak uitoefen.
Ek hoor graag van almal!
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Ball_Pin_Tow_Hitch.jpg | 124.67 KB |
Is daar 'n spesifieke rede waarom jy dit wil doen Neill?
Daai soort bal lig die wa se neus meer en gevolglik, soos ek kan aflei, moet jy nou 'n langer dropplate aansit.
'K sal dit nie oorweeg nie hoor. Jy plaas te veel hefboomkrag op die sleepstang self.
Hi Neill,
Ek het 'n "recovery tow ball/hitch" wat ek nie meer gebruik nie. Hy was net op my bakkie vir sowat 'n jaar voordat ek my karavaan gekoop het.
Met die karavaan se koms het ek 'n EasyHitch (www.easyhitch.co.za) gepas en ek is nie meer gemaklik om te recover met die kombinasie nie.
Hy is in puik kondisie en sal opgewonde wees as ek so R400 kan kry.
Stuur my gerus 'n boodskap as jy sou belang stel.
Groete,
Jacques
Dankie Cheeta - sal nuts & bolts in Silverton probeer - wil nie kanse vat met verkeerde boute nie!
WW, daar's meer as een rede:
- ek moet in elkgeval 'n drop plate opsit omdat die wa neus in die lug loop
- As ek die huidige haak se swart rubber opsit skreeu die PDC onophoudelik!! Dink die rubber weerkaats die "sein", want sonder die rubber is als OK. Die blink haak lyk vreeslik lelik sonder die rubber, so ek wil nie sonder die rubber ry nie.
- Ek hou van die recovery tow ball se "look", dit pas by die rowwe growwe lyne van die Jeep, en ek hoef nie 'n rubber oor te sit nie.
- Die idee is om 4 van die drop plate se gate te laat ooreenstem met die van die haak (en al 4 boute in te sit), en dus die onderste 2 gate van die drop plate te gebruik vir die "ball". So ek weet nie of leverage nog 'n probleem kan wees nie...?
- Aan die boonste gate moet daar nog 'n fietsrak vaskom!
Jacques, ek sal jou 'n PM stuur.
Neill
Neil,
Versigtig vir daardie "high tenstile" boute. Ons het ondervind dat daardie boute nie skokke kan hanteer nie. Ons gebruik graad 8.8 boute wat ook sterk is en skokke kan hanteer.
Sterkte
Dankie Stoffel!
Stem met Stoffel. Pasop vir HT boute. So terloops, Het op die plaas dit altyd gebruik as "shear" veiligheids boute op die lusen baler se vlieg wiel. Hulle "snap" baie makliker as gewone staal boute.
Groete
Wat word deur Bosal en die manne aanbeveel?
Dankie julle,
Probleem is die manne by die tow bar plekke weet self nie wat daar aangaan nie. Julle weet, as jy deesdae nie jou eie navorsing/huiswerk doen nie sal jy nerens kom nie. Vandag se besighede (met die uitsondering van 'n handjie vol wat regtig passievol is oor wat hul doen) is absoluut net gefokus op verkope (lekker vet winste) en verder gee hulle nie 'n duit om wat met die produk/verbruiker gebeur die oomblik wat hy by die deur uitstap nie.
Nou-ja, klaar stoom afgeblaas oor die vlak van dienslewering in SA...
Dit wat ek weet van die tow ball wat ek soek is maar wat ek op forums gelees het. Selfs hierdie "recovery tow ball/hitch" is nie geskik vir "recovery" nie. Dit bly bitter gevaarlik om enige soort tow bar/ball/hitch daarvoor te gebruik.
Die regte manier, en dis nou wat ek tot dusver gelees het, is om die regte gegradeerde staal hakke aan die voertuig se onderstel te laat monteer (sweis/boute). Slegs dan sal dit geskik wees vir recovery en moet veiligheidskomberse steeds gebruik word indien iets sou afbreek/loskom.
En so kaap ek toe nou my eie draad...
Ek sleep net my wa met die haak en het dus nie regtig iets "heavy duty" nodig nie. Soos ek vroeer gese het hou ek maar net van die "recovery tow ball/hitch" se "look" saam met die Jeep.
Neill,
Ek stuur vir jou Carlos van Bosal se inligting hy is die TRG Development Manager.
O ja, en so gaan koop ek toe gister die "drop plate" teen 'n verskriklike R189-00 vir 'n plain plat stuk staal met 6 gate in...
Kry 'n grend fietsrak by my Neef, en gaan sit met 'n lekker koue Windhoekie (nr. 1) en buurman se spanners agter die kar en begin werkskaf...
Probleme ervaar:
- Drop plate se boonste 2 gate stem ooreen met die haak sin, die 2de ry gate nie... Skuif drop plate toe maar laer.
- Bout fietsrak se "back plate" vas aan die hak, heel netjies - fietsrak pas mooi.
- Bout "ball" aan onderste gate van drop plate vas, boute maak dit net-net, en ek voel nie 100% gemaklik daarmee nie, maar dog ek sal net langer boute koop.
- Windhoek nr. 2
- Boetie en sussie bring opgewonde hul fietse, buurman staar van 'n ent af weg, en ek sukkel... Nie een van die fietse se rame pas op die fietsrak nie!!! Dalk nuwe fietse - dis immers tyd - die goed is maar klein?
- Kom agter dat indien die fietse wel sou pas, sal dit in die pad wees wanneer die wa gehaak is. Besef toe die plan sal beslis nie vlieg nie en nuwe fietse sal verseker ook nie die probleem oplos nie, in teendeel...
- Windhoek nr. 3, ek praat harder, fietse gebere, buurman staan effens weg, mamma het gaan TV kyk in die kamer, kids slaap.
- Check of karavaan kan haak met die hele petalje aan... nee... Die karavan se hak kom nie oor die tow bar se bal nie want die fietsrak se plat is in die pad...
- Windhoek nr.3 (ja steeds nr 3 want dis nou nie meer snaaks nie, nr.3 het nou in elkgeval warm geword).
- Dit storm.
Buurman stap toe nader en beveel 'n haak vir die karavan aan met 'n Ventertjie vir als wat moet saamgaan, fietse inkluis... Hy het glo lanklaas 'n man so sien sukkel...
So, toe haal ek als af, nou is ons terug by die standaard haak en bal. Fietse gaan nie meer saam nie. Die wind het nr. 3 omgewaai.
PS. Wil iemand 'n 6 gat drop plate koop... Splinternuut!!!
Neill, ek het ook jare gelede (min of meer) dieselfde paadjie geloop as jy met fietse en wa en drop plate en alles. Die uiteinde was dat die fietse somtyds saam gegaan het met vakansie, maar uitmekaar gehaal op die voorste bed in die wa. Ek het ook nog die drop plate, wil jy nie dit by my koop nie?
Hahahaha! Klink my daars baie mense wat 'n drop plate het wat rondlê... Ons kan 'n recycling plant begin!
Kyk, al die goed wat in my kaste lê (wat splinternuut is) is omdat my plannetjies geflop het!!
Mens probeer geld spaar om dinge self te doen, maar die geld wat mens mors a.g.v. flops, kon mens maar netsowel na die pro's toe gegaan het en dit 1ste keer reg gehad het...!
Soos vroulief gistraand so deur die kombuisvenster vir my sê terwyl ek spartel en nr.3 op die paving uitloop: "Hoekom, vir eens in ons lewens, kan dinge nie maar net bietjie reg loop nie...?" Feite, ons sukkel alewig met als wat op DIY manier aangepak word (seker maar deels omdat ek nie naastenby die regte gereedskap het nie...).
Byt vas, na die naweek is daar 'n fietsrak ook te koop...
Kry n Thule sisteem vir die dak van jou kar. Fiets probleem sal opgelos wees en mooi uit die pad.
Pasop net, jy gan hoes om te betaal. Daardie Thule sisteem net vir die Loading Bars en voete sal R2000.00 kos. dan kyk jy na R1000.00 per fiets wat jy bo-op wil sit.
O, en daar's soveel goedjies wat ek graag aan die wa wil verander/verbeter (soos LED's vir al die ligte), permanente water koppeling ens, maar ek is net te bang vir 'n gemors (gesien in die lig van my DIY geskiedenis...).
Juis om hierdie rede kan ek nie genoeg lees en idees kry op hierdie forum nie!! Julle manne, en vroue, se bydraes is PUIK!
Genade Ebenhaeser, dis darem maar vrek duur!
Ek dink ek gaan maar weer soos in die ou dae die bicycles in duvets toedraai en binne-in die wa laat lê met gebedjies dat daar nie skade aan die wa se binnekant sal wees nie.
So gepraat; waar pak julle manne al die goed wat moet saamgaan?? Ek het gistraand die wa nou behoorlik gepak van "scratch" af en als mooi gebere in kratte, mooi gesorteer en soort by soort (jy weet, braaigoed by braaigoed, stoele by stoele, ligte, leads ens bymekaar), maar wat van die fietse, tafel, ekstra tent, loafa stoele, skottelscar, ens? Ek pak gewoonlik net die ysmasjien en die koeltebokse (een elektries en een 5-dag-koelboks) agter in die kar, die res gaan gewoonlik in die wa in... Ek wil ook nie die wa oorlaai nie, dis immers nie 'n trailer nie...
Wat is julle gevoel oor 'n ventertjie met al die pakgoed agter die wa gehaak?
Neil - ek stel voor jy kry 'n vriend wat handig is met meganiese goed, laat hy jou kom help.
Ek verseker jou dit is nie twee min. dan doen hy die werk en jy leer met jou oë, terwyl jy die koues aandra!
Dit klink net vir my die DIY kan jou nogals baie kos as jy eers begin gereedskap moet aankoop?!
Ek glo weer om soveel as moontlik in die sleepvoertuig te pak, om sodoende minder gewig in die wa te kry - dit voel ook vir my of die sleepvoertuig lekerder sleep as sy stert lekker swaar is?
Arie, ek stem.
Ek het hierdie keer my voet neergesit want daar is alewig tonne ekstra goed wat saamgevat word op elke kamp en NOOIT gebruik word nie (en ek is ook sondebok!).
Ek het die keer essentials en hier en daar 'n paar ekstras ingepak en alles het nou perfek mooi in die wa gepas. Niks swaar goed nie! Ek dink die swaarste item is die kids se tent, en dis dit!
Fietse bly egter 'n probleem, en Ebenhaeser se oplossing is ideaal indien nie perfek, maar ek sien nie kans om daai geld vir die fietse-saamvat uit te haal nie.
Ek sal maar die naweek terwyl ons kamp onder 'n boom gaan sit en d(r)ink oor die hele petalje.
Moet dalk maar haak op die wa lat sit, Pappa se ventertjie leen en een maal so sleep om te sien hoe dit gaan en dan 'n besluit maak darvolgens... Dit sal great wees as dit goed werk, maar ai, dis dan behoorlik 'n "road train", en eks bang vir die oomblik wat daai kombinasie begin wals...
.jpg)
.jpg)
.jpg)
Jy moet maar so bietjie versigtig wees om jou kop te stamp met die hakproses, of bloot net die fietse opsit wanneer jy klaar gehak het, maar die werk vir my nog altyd baie gemaklik. Hier is net een fiets op, maar die ander een ry ook maar altyd saam.
Pierre,
Dit lyk nes my set-up! Jy gee my nuwe moed!
Me Neef het my ook nounet gebel en gese die kleiner fietse pas nie op die rak nie, maar mens kan plan maak met daai bungee rekke.
Dink ek moet dit more oggend voor ons ry nog 'n probeerslag gee.
Dankie vir die foto's - dit maak dinge duideliker!
Kan ek net vra, siende dat jy nou n hak aan jou wa wil sit, hoekom sit jy nie die fietsrak aan die hak wat jy aan die karavaan wil sit nie. Ek verbeel my dalk, maar ek het al n hele paar ouens gesien wat dit gedoen het.
Ek sal natuurlik die heeltyd worry of die fiets nog daar is hahaha.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| universal_fitted.jpg | 23.15 KB |
Gaan kyk sommer hier ook
http://www.fiamma.co.za/carry%20bike.htm
en hier
http://www.parasolsa.co.za/product.php?id_product=127
en hier
Google is jou vriend hahaha
Jacques PE,
Ek het nogal die ding op 'n ander draad raakgesien, maar die ander forumiete meen SA waens is nie sterk genoeg gebou om die ding saam met die fietse se gewig te kan dra nie...
Ek het ook gedink aan die fietstak op die wa se haak, maar weet nie of die haak ver genoeg uitsteek sodat die fietsrak regop agter die wa kan staan nie. Die karavaan se gatkant kom mos maar redelik skuins agtertoe uit. En die probleem is steeds dat die klein fietsies nie in die fietsrak se "hakke" inpas nie - daarom die idee met die bungee koorde.
Maar ek stem, ek sal ook heeltyd worry of die fietse nog daar is!!!
Jacques PE,
Ek het nou gaan kyk na die Campworld een wat jy opgesit het en dit lyn baie nice!!!
Ek dink ek moet dit bietjie navors! Het jy enige idee wat dit kos?
Baie dankie vir die inligting!
Hi Neil,
Ongelukkig het ek geen idee wat die raam kos nie.
Hoop jy kom reg, groete
Jacques
As dit kom by DIY en gereedskap, is ek seker die grootste sucker. Ek redeneer altyd so: Ek moet 'n ander man Rx betaal om 'n ding te doen wat ek voor my heilige siel weet, ek self kan doen as ek die regte gereedskap het. Nou gaan koop ek daardie stuk gereedskap en ek doen die werk vir 'n fraksie van die prys wat ek die ander man sou betaal het, en ek het nogsteeds die stuk gereedskap wat ek voorentoe weer kan gebruik.
As jy goed self kan doen, is gereedskap 'n belegging. Ek wil bv vir my a aluminium kappie bou, maar ek het nie 'n aluminium sweismasjien nie. Die goed is vrek duur. Trek hier by 8-9k. Maar wat kos 'n aluminium kappie, en wat gaan hy my kos as die manne hom bou soos ek hom wil he. Heelwat meer as die standaard een. So, nou koop ek die sweismasjien en ek bou die kappie, soos ek hom wil he, maar ek het nogsteeds die sweismasjien wat ek dan ander goed mee kan bou of selfs ander manne kan help wat nie so gelukkig is nie.
Gereedskap is duur, veral goeie gereedskap, maar vir die DIY ou, gaan jy heelmoontlik eenkeer koop, en nooit weer nie.
My vrou het eenkeer, toe ek my kompressor gekoop het gevra. Het jy hom nodig? Gaan jy hom elke dag gebruik? Toe vra ek haar, gebruik jy elke dag jou omkap masjien of naaimasjien? Die gevolg is, daar staan 'n 150L kompressor in my motorhuis. Ek gebruik hom min, maar as ek hom nodig het, is hy daar en ek hoef nie iemand s'n te leen nie.
Hi Wynand,
Ek het ook my eie alu kappie gebou. Al die lengtes reg gesny en net die alu welding laat doen - was so R1500. Res kan mens maklik self doen.
Deure is aanmekaar gerivet en die hele spulletjie gepowdercoat voor ek slotte aangesit en gemount het.
Hele storie was so R7000. En ek het nie geinvesteer of gesukkel met sweiswerk nie. Mooi uitgekom ook en lyk niks "home-made" nie.

Groete,
Jacques
@ JarquesR
Dit lyk sommer puik !!!
Groete Harry
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- geo
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Lammie
- Benzan
- Big G
- Anton le Roux
- WilSur
- Hancke
- Berno Punt
- JCKorf
- Tjailatyd
- EGO
- Harry Du Randt




.jpg)







.jpg)




Gebruik 16mm (ek dink) High Tenstile Steel Boute, met spring washers en Nyloc Nuts.
Meet die lengte en koop so na as moontlik aan die regte lente dat hulle nie te lank is nie
2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)