Politoer vir veselglas voor en agter panele van woonwa

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 Dagse alle slepers.

Ek weet die draad is iewers al aangevoer, maar ek kan dit nou nie opspoor nie.Kan julle ouens my dalk se waarmee maak 'n ou die veselglas panele weer mooi blink.EK gebruik sommer rally politoer, maar na 'n dag of wat dan is dit maar weer van voor af dof.

Dink julle dis raadsaam om miskien 'n teflon coat of miskien 'n 2K clearcoat te laat oor spiut. 

Dankie by voorbaat.

 

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

BLACKIE, ek gebruik ook 'n vloeibare politoer, maar doen die joppie ook elke nou en dan oor.Mens kan die veselglas laat wit spuitverf. Gaan gesels net so 'n bietjie met jou lokale paneelklopper of motorverfverskaffer.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

zimpie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/02/2010
Inskrywings: 56
Gebruiker van lyn af.
Plek: VANDERBIJLPARK
Ek sleep 'n Gypsey Rhapsody met 'n Hyundai Santa Fe CRDi

Blackie,

ek het al "cobra" vloer politoer (die wit pasta een) gebruik om dowwe panele weer mooi te kry. My ou surfer het die blou hoek panele gehad, en die cobra het dit weer mooi laat lyk. Dit hou vir so paar weke dan polish jy dit ma weer. Hoop dit help.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Blackie.

Die beste raad gaan kom van die boot manne. Gaan na 'n boot handelaar en vra vir "Vertglas" of alternatief.

Toe ek nog my boot gehad het (baie jare terug) het ek maar elbow grease gebruik. Was die opprevlak deeglik om alle ou politier af te kry. As die oppervlak grof is gebruik 'n baie fyn rubbing compount om die oppervlak glad te kry. Politoer met 'n politoer wat was (wax) bevat.

Hoop dit help.

Jan Stander
Nuweling
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg Mpumalanga

Hallo Blackie,

 

Ek is 'n woonwa man asook 'n boot man. Gaan Na enige BALCO spuitverf handelaar. Hulle verkoop 'n veselglas politoer wat ons op ons bote gebruik en dit hou baie lank. Maak eers 'n klein minder opsigtelike deel van jou wa skoon met asetoon (dit vreet nie aan die ou verf of veselglas nie) dDit haal net al die ou politoer en vuilheid af. Dan smeer jy die politoer met 'n klam lap in sirkel bewegings aan. Jy sal voel die beweging word vinnig glad dan sal jy weet die deel is skoon geploeer. Wag dan net so 10 minute of wat dan kan jy maar begin afvryf. As jy hiermee tevrede is, begin dan met die hele wa.  Ek stel voor jy kry vir jou een van die 12 of 220 volt poleerders wat beskikbaar is in die mark. Dit werk baie meer gemaklik en vinnig. Dis nou vir die blinkmaak proses. Jou wa gaan soos 'n nuwe een lyk. Wees net versigtig, as hy so mooi blink, dan gaan iemand dit wil koop.

 

Sterkte en laat weet of jy reg gekom het. Sleep groete uit Middelburg.

 

Jan Stander

Jan Stander

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 448
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Jan,

Welkom en baie baie dankie vir hierdie nuttige wenk. Die ou Airbus het groot panele om blink te kry vir die volgende eienaar en Macguire's doen nie meer die ding nie!
 

Groete

Roy

You can't please everyone, so you gotta please yourself

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 More aan almal.

Baie dankie vir die raad en terugvoer sover, ek waardeer dit, ek het toe van die VERTGLAS gekry soos Kampklong aanbeveel het, ek het nog net so50/50cm stukkie daarmee gedoen, dit lyk sommer baie goed en jy kan 'n duidelike verskil sien tussen die gewone poltoer en die Vertglas. Ek sal hom nou,nou tackle en klaar maak. Ek het vir my swaer ook van die Vertglas vertel, hy homself het ook 'n boot en 'n karavaan wat hy moet blinkhou. 

Dankie manne.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

 Ietsie interesants. Ek het by 'n wildsplaas bestuurder gehoor hy politoer sy 4x4 voertuig met Mr Min meubelpolitoer, Lavender geur. dit voorkom tak krapmerke op sy voertuig 

John Cooper

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 36 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • geo
  • Benzan
  • Lammie
  • Big G
  • Anton le Roux
  • WilSur
  • Hancke
  • Berno Punt
  • JCKorf
  • Tjailatyd
  • EGO
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.