Onderhoud en opknapping
Nuwe forum onderwerpe
Goeie dag
Hoop dit gaan sommer baie goed met almal. Hier in die kaap is dit so warm die kraaie moenie eers probeer gaap nie want dan droog hulle uit.
Ek wil raad vra by julle kundiges asseblief. Ek het onlangs eers begin karavaan kamp. Die karavaan wat ek aangeskaf is maar 'n ou model, 1989 Jurgens Fleetline, maar dit is meer as genoeg vir my. Daar is wel 'n paar goedjies wat ek wil vervang en opknap en dis waar ek julle gesoute karavaan kenners se raad en hulp nodig het.
Daar is 'n paar plekke aan die karavaan waar die plastiek beskerming al verweer of afgegaan het. My vrae rakende dit is die volgende:
1) Kry mens nog die plastiek "covers" vir die ou medelle en indien wel, waar.
2) Op die foto onder sal julle 'n gaping sien waar van die plastiek weg is. Ek wil weet of ek met die vervanging daarvan ook sommer 'n seëllaar op die aluminium onder die plastiek "cover" kan in werk vir ekstra seël.
3) Kan ek een of ander iets wat seël en waterdig is aan die buite kant aan wend daar waar die rooi pyle dui. Amper soos mens jou bad se rand tussen die bad en die teel seël of gaan dit nie nodig wees nie.
.jpg)
4) Dan bo die vensters is daar hierdie (sien foto onder) stoppers (wat dit ook al genoem mag word). Ek wil dit ook vervang maar wil graag by oorspronklike parte hou. Die rooi pyl dui net van nog plastiek afwerking wat vervang moet word. Waar sal mens dit alles kry indien wel nog beskikbaar is.
.jpg)
5) Ook wil ek iets aan die onderkant van die karavaan sit vir beskerming en waterdigtheid. Ek het al op die forum gelees van goed maar dit word nie heeltemal droog nie, bly so taaierig. Ek het amper iets soos die rubber waarmee 'n bakkie se bak uitgespuit in gedagte gehad. Wat is daar wat ek sommer kan aan verf?
Baie dankie vir julle raad en wysheid. Ek weet die kanse is baie goed dat daar reeds van die vrae iewers op die forum gevra is, so vergewe maar.
Groete
Jan
More Ian en sal ek verder sê welkom Jan
Net vir 'n klein extra mbt die handskoene. Gaan kyk by enige apteek en kry vir jou van daardie surgical gloves. Hulle kry jy in pakke van 50 of 100 en prysgewys is dit vanaf +/- R40 en op.
Andersins, dit wat Ian noem sal defenitief werk!
Lekker dag
Pieter
Hi Ian
Rakende die herseël van 'n wa. Ek het kwotasies gekry en dit blyk so in die omgewing van R1500 - R4500 te wees afhangende van die werk wat gedoen word.
Sal jy voorstel dat ek dit professioneel laat doen of dit sommer self doen. Dit is meestal die wit seëllaar tussen die wa en die alluminium strook wat kraak en uitkom.
Ek het dit al mooi bekyk en gewonder of dit nie goedkoper sal wees as ek dit self doen soos jy in nommer 3 hierbo beskryf het nie....?
Ek kan nie dink wat anders die plekke gaan doen nie anders as om al die "beadings en fittings" af te haal en te herseël wanneer dit terug gesit word nie....? Dink jy dis beter vir die wa as ek dit laat doen en weet iemand dalk van 'n goedkoop en betroubare persoon wat dit in die JHB (Oos Rand) area kan doen.
Ek gee nie om om die wa iewers te vat nie maar sal verkies as hulle dit "on-site" vir my kan doen.
Enige terugvoer word verwelkom.
Groetnis!
Kobus
Kobus, as jy handvaardig genoeg is en kans sien vir die joppie, kan jy die takie self verrig. Jy moet net let op die nate wat bo-op die dak is rondom die opening van die opligdak. Haal maar die ou seëlaar daar ook uit en herseël soos ek hier bo verduidelik het.
Ek ken ongelukkig nie mense wat dit in jou omgewing doen nie. Ek weet Hans adverteer in Wegsleep en dat hy alles op jou perseel doen.
Dankie Ian
Sal weer kyk na al die nate en dan bietjie dink daaroor. Ek's seker ek sal dit self kan doen. Is net nie 100% seker oor die produk wat ek moet gebruik nie. Weet nie of 'n normale wit silikoon goed genoeg is nie.
Sal dalk ook bietjie kyk na die verskillende produkte wat beskikbaar is.
Groetnis!
Kobus
Kobus, jy moenie gewone silikon gebruik nie! Gewone silikon is nie UV bestand nie en gaan jou duur te staan kom.
Koop een van die produkte wat ek genoem het. Ek hou nie van die Tectane 2030 nie, want dit kom in 'n foelie buis binne-in die gewone silkon buis en is morsig om mee te werk. Daar is ook 'n Alcolin Costruction Sealant wat heelwat goedkoper as die ander produkte is. Ek verkies egter om die Sista Flextex FT 101 te gebruik. Hy het 'n rooi skroefdoppie wat die buis seël na gebruik.
Great, thanks Ian!
Nou weet ek sommer waarvoor ek gaan moet soek.

Ian ek wil darm net dankie sê vir die volledige antwoord. Ek waardeer.
Groete
Jan
Ek het dit goed gedink om julle ook in te lig.
Na my pos heel bo en na Ian se antwoord het ek gedink om bietjie voelers uit te steek om te kyk wat die manne se pryse is wat die werk doen.
Ek het vir vier mense gevra om te kwoteer waarvan slegs twee gereageer het. En terloops dis mense wie se besonderhede ek hier op die forum gekry het.
Een het kom kyk na die karavaan en vir my 'n belaglike kwotasie gestuur.
Ek gaan elke geval nie name noem nie, my doel is vriende soos julle te waarsku.
1) Vervang bree insert aan albei kante 22 R 12.00 R 264.00 R7 R154
2) Vervang dun insert 35 R 11.00 R 385.00 R6.5 R227.5
3) Vervang end caps 8 R 15.00 R 120.00 R4 R32
4) Seel hele karevaan vir waterdigtheid 1 R 1,100.00 R 1,100.00 R320 R320
5) Vervang all skroewe met stainless 1 R 850.00 R 850.00 R120 R120
tot R 2,719.00 tot R853.5
Die eerste getalle is hoeveelhede 22m, 35m, dan hoeveel hy per item/meter vra, dan sy totaal.
Dan is dit wat ek betaal het per meter/item bv R7, en wat die totaal was vir bv. 22m.
En die verskil is amper R2000.
Ek gaan elkegeval die werk self doen dan weet ek dit is reg gedoen, maar kan 'n mens 'n ander een so inloop. Dan wonder die mense hoekom hulle besighede ten gronde gaan. Wat het geword van eerlikheid en menslikheid.
Die ou was nie eers betyds vir ons afspraak nie. Toe ek 5 minute nadat ons moes ontmoed bel toe sit hy nog in sy kantoor by ander mense.
Die bybel, my ouers en die weermag het my dissipline geleer en ek is tot vandag nie spyt daaroor nie. Maar dinge vandag is nie meer soos dit was nie.
Groete vir julle.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- geo
- Benzan
- Lammie
- Big G
- Anton le Roux
- WilSur
- Hancke
- Berno Punt
- JCKorf
- Tjailatyd
- EGO
- Harry Du Randt






Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k
Welkom hier Jan.
Vra gerus nog vrae indien jy nog iets wil weet, hier is baie manne wat sal kan help.