Nuwe Jockey Wiel
Nuwe forum onderwerpe
Hallo diknek, die jockey wiel waarvan jy praat, vervang hy die ou bestaande wiel en is hy n verbetering op die ou wiel. Sal graag n foto ven hom wil sien.Wat sal die prys wees.
Hi Julle
@ Cheetah , ja dit was n redelike proses. Daar moes op skaalse planne opgetrek word en alles moes tegnies verduidelik geword het. Finasiel is dit ook redelik duur. Ma nou ja dis gedoen.
@ Adriaan , Die wiel vervang jy met jou ou jockey wiel. Al wat jy doen is jy vat n angle grinder en sny die pyp net bou jou bestaande weil af. Dit is so +- 6cm. Dit is so min en maak nie regtig n verskil op jou hoogte nie. Dan pas my niewe wiel soos n Deksel op n pot in die pyp in. Werk dan soos die 3 wiel storie op die groot karavaane. Die wiel is n oplaas trelliborg band wat baie sterks is en die wiel hoogte is 290mm en is baie breer. Jy kaan hom gerus biekie probeer op die gras of sand dan sal jy sien hoe lekker werk hy.

.jpg)
Hallo Deon
Waar bere jy die wiel as jy gehaak het en wil ry? Binne die karavaan of het jy n spesiale plek ontwerp?
Het jy al jou verkoops prys bepaal vir die nuwe wiel?
Groete
BOB
Deon, baie geluk man!!!
Ek glo jy het 'n wenresep daar, kan nie wag vir jou volgende uitvinding!!
Wonder nou net wat sal die prys wees van n versoolde band.
Grapie!!!!!! is dit n plaaslike wiel. met of sonder binne band.
Die wiel hak uit dan sit jy hom of in die karavaan se neuskas on agter in jou voertuig. Die wiel kom met n binne band. Die kompleet wiel kos R550.00. Daar sal ook los binne bande en bande ook biskikbaar wees. Sal hulle nog arm druk met daai pryse en dit dan deurgee vir julle.
Deon het die wiel bearings in of net n bush.
Deon,
Daai wiel werk soos 'n bom!!!!
@ Die Bou
Hy het twee wiel bearings in.
hy werk glo my
Wanneer kan ons begin bestel? Ek wil een hê, asb.
Freakin' satelliet-internet @#$!
Gooi ons met n prys a s b
Hi Julle Prys is R550.00 En julle kan enige tyd bestel.
Kan my gerus skakel op 0823313290
Sal jou bel Deon, maar as jy reeds een of twee in vooraad het kan jy laat weet, ek sal hom kom optel. Kan dan sommer sien wat jy toe gekies het tussen die 3 en dteq.
Groete
Gideon 0829254082
Daai wiel van Deon werk baie lekker! Koop 'n plastiekkrat waarin hy mooi pas en bêre hom daarin as jy ry
Groetnis
Anton
More Julle
Ek het nou n klompie wiele beskikbaar. Laat weet my wie nodig het dan maak ek n plan.
Baie dankie
.jpg)
N Beter foto.
Deon,
Wat is die hoogte van die band ? Wat se gewig kan die band vat ?
Middag Willem
Die wiel se diameter is 300mm. Gewig het ek nog self nie getoets nie, maar wat ek weet is dat n 6Ply band is en ek het myne 1.8 Bar gepomp. Het hom al n paar keer op ons wa gebruik en werk soos n droom. Ek dink vir die manne met movers gaan die wiel die lewe nog makliker maak.
Deon,
Dankie, ek het tand die 3 wiel maar het die naweek gesien die rubber begin los raak op die rim. Is die 300mm nie baie hoog om onder die raan deur te loop nie?
Willem
Nee, as die karavaan waterpas staan dan is daar nog spasie bo die wiel. sal n foto aanheg..jpg)
Hallo Deon
Hoe gemaak om een van die wiele in Centurion te kry?
More Julle
Was toe na Ci in Garankuwa om met die manne te praat oor my Jockey wiel. Praat toe met hulle Parts manager. Los ook n wiel daar om vir sy Direkteer te wys. Met die hoop dat hulle die wiel in al die Campworlds sal begin verkoop. Terug voering was dat die wiel te duur is. Hulle sal die wiel vir tussen R1200.00 en R1500.00 in die winkel moet verkoop om dit vir hulle winsgewend te maak. En in die selfde asem kan hulle ook soortgelyke produk van china af kry vir 9$ , se hy vir my. Nou vra ek julle as ek maar R100 wins maak op n wiel, dan maak CI R350 en Campworld R350.00. Toe begin ek te wonder hoeveel geld maak die manne dan nou eintlik uit ons kampers uit. Die is maar net een produk in hulle derduisende wat hulle op rak het. Ek oet bieg en se dat ek regtig baie teleurgesteld was in die terug voer wat ek gekry het.
Wat ek nou gaan doen is maar self na al die Campworlds toe ry en die produk vir hulle gaan wys. Die wat belangstel sal ek met graagte voorsien.
Ja Deon. Ek het juis die anderdag om die vuur gese die kampeer winkels ruk ons vir alles wat ons het. Alles daar is duur en die kwaliteit is nie altyd van die beste nie. Hier is die een an die ander van manne wat dinge teen drasties verminderde pryse elders gekry het.
Soos jy daar se, sal die beste wees om maar jou verspryding self te doen. Sterkte met die nuwe uitdaging.
Groetnes
Jaques
Vir almal daarbuite - daai Jockey van Deon werk. R550-00 is geld "well spend."
Ek hou visitekaartjies (het dit somaar self gemaak) in my karavaan en deel dit uit waar ek kampeer.
Stem saam, die winkels wat julle van praat is baie duur. Hulle dink seker as jy `n karavaan het, het jy noodwendig baie geld ook. As hulle maar net weet. Hulle boor ons.
Ek reken dat direkte bemarking die beste vir Deon sal uitwerk.
... Die wiel is n oplaas trelliborg band wat baie sterks is en die wiel hoogte is 290mm en is baie breer. ..

.jpg)
Deon,
Ek het gisteraand die hoogte van die A-raam gemeet waar hy in die garage staan. Die wa staan presies level en dit los my met ongeveer 250mm gaping tussen die raam en die vloer. Die probleem gaan wees dat ek nie die wa met die wiel sal kan level nie. Daar is ook nie plek vir 'n grootter wiel om in die A-raam in te gaan nie, die handrem is in die pad.
Hoe hoog is die A-raam van die Exclusive, en ander manne wat die wiel gekoop het se waens, vn die grond af?
More Jacques
Die manne wat al gekoop het het n verskeidenheid van karavaane. Daar is Gypsey (Shark) Jurgens is daar al n paar manne ( Footloose, Oom Pieter, Louis) om maar n paar te noem. Hulle almal gebruik die wiel en nie een van hulle het na my terug gekom en gese die wiel wil nie werk nie. Jy moet onthou dat as jy gaan kamp jy die wiel moet uithaal, jy gebruik mos net die jockey voor om te level en dan sak jy jou steadies. Jacques, beste ding om te doen is kry een van die wiele, gaan toets hom. As jy nie volkome gelukkig is nie gee ek jou geld tenvolle terug vir jou.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- deonhitchcock
- Chris M
- Cheetah
- WilSur
- Noddy
- Janwillem
- Christo de Wit
- Rinus Lisse
- Alias
- MarkP
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Spiderman



.jpg)



.jpg)








Baie Geluk Deon!
Was dit 'n moeilike proses om die nommer te kry?
2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)