Nagliggie
Nuwe forum onderwerpe
Middag aan al die mede kampeerders.
As jy of jou gade nie daarvan hou om in die pikdonker te slaap nie probeer gerus die volgende.
Ons het onlangs by 'n plek gestaan waar dit absoluut pikdonker binne ons Camp Lite se tent was. My vrou kon nie slaap nie en het gevra of ek nie 'n lig wou aanlos nie. Ek kan nou weer glad nie slaap met 'n lig aan.
Ek het so 'n ou Nokia by my gehad wat altyd in my bakkie is vir noodgeval. Dis die soort wat mens nou nog by Pep kan kry vir R99. Dis die een met ingeboude flits.
Ek Dog toe by myself ek sal maar die foon se liggie aansit sodat my vrou kon slaap en ek natuurlik ook. Tot my verbasing het hy die volgende oggend nog gebrand en vir die volgende twee nagte ook. Wat 'n wonderlike herlaaibare nagliggie.
kamp groete
Lammie
Lammie,
Is dit die flash light van die kamera wat jy gebruik as 'n flits?
Herman
Nee Herman die foon wat ek van praat is die absolute "bottom line" Nokia.
Hy is net foon en flits. Niks anders. Myne is baie oud maar ek sien hulle verkoop hulle nog by Pep en Ackermans teen so om en by R99.
Hierdie sal ook 'n oulike nagliggie vir kinders wees.
Ek het die liggie getoets met 'n vol battery. Ek het hom vir 36 ure aaneen aangelos voordat hy begin flou raak het.
Kampgroete
Lammie
Lammie
Ek het sommer een van daai blou LED ligies wat ek twee draatjies aan gesoldeer het en dan aan 'n AAA baterytie gekoppel het, sommer so met insolation tape aan die battery vasgemaak, dit gee die heel nag lig in die tent en dit is ook genoeg lig vir wanneer ek of die vrou wil opstaan in die nag, jy het nie nodig om 'n ander lig aan te sit en sodoende die ander persoon daarmee wakker te maak nie. Ek plak dit sommer met wonder gom(prestik) aan die binnekant van die yskas vent vas en laat net die liggie buite uitsteek. ek dink dit dien ook as afskrik middel vir kwaad doeners, miskien dink hulle die ou het 'n alarm of so iets in die karevaan. Die batterytjie hou sommer vir die hele vakansie en sommer nog lank daar na ook.
Ons het so klien liggie gekoop, het 1 LED binne as ook '"dag/nag" sensor. Dit is op die kragprop op die vloer van my bussie in gedruk. Dit maak net mooi gegoeg lig op die vloer as iemand dalk in die aand wil opstaan. Ons bed is redelik hoog en jy wil nie jou nek breek as dalk moet opstaan nie. Die liggie pla nie want hy is laag en skyn net liggies.
Groet Harry
Hi,
Oulike idees. Ek gebruik ook my Nokia se flitslig, maar dis die nuwerige Nokia E5. Die flitslig is die LED flash van die kamera, en glo my, hy skyn baie lekker. Ons hou natuurlik ook ons skud-flitsies byderhand. Hulle is/was onder 'n R100 vir 2. Hulle is deursigtig, so as jy hom aansit en ophang (in die dome tent) of neersit (binne in die karavaan) skyn hy deur sy lyf ook.
Nog iets wat lekker werk is die herlaaibare 12V kamplampe met hulle afstandbeheer. Kan die lig lekker aan en afsit van die knusheid van mens se bed! Ons s'n staan gewoonlik op die karavaan se vloer sodat die afstandbeheer nog werk, maar sonder dat die lamp in almal se oe te skyn.
Groete,
Harry waar het jy daardie liggie gekoop en hoeveel het jy betaal?
Kaas Kop
Ek kan nou wragtig nie onthou nie. Dit was so 2 jaar terug, sal by die vrou hoor. -------------- Het by haar gehoor, sy kan ook nie onthou nie. Net vir my gesê waar dit nie was nie. Nie by Macro / Buildersware House nie. Ek sal deur my strokies gaan en kyk en dan vir jou laat weet. "Sorry" (Game lui 'n klokkie)
Dalk weet iemand anders as hulle na die foto kyk.
Groete Harry
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- Chris M
- Cheetah
- WilSur
- Noddy
- Janwillem
- Christo de Wit
- Rinus Lisse
- Alias
- MarkP
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Spiderman










Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
dagse lammie
ek het self so nokia foon het ge upgrade na n berry maar die een ding wat ek die meeste mis is daardie liggie kom baie handig te pas
kampgroete
ben
HIER GAAN ONS ALWEER
le