n lekker braai lig
Nuwe forum onderwerpe
Ben,
Try hierdie een - http://www.wegsleep.co.za/wenke/n-bak-plan-vir-n-braailig
Sorry, selfde as JacquesR s'n
dankie aan die jacques "s
ek het na die lig gekyk by wenke ek wonder gebruik een van jul so lig ek wil graag led ligte gebruik maar weet nie of hy sterk genoeg sal wees nie en dan net n staander maak enige ander idees wat jul van weet ek sien daai straatlig sal lekker werk maar lyk so bietjie groot
kampgroete
ben
Ek het vir my ook een gemaak, Ben. Met so 'n veranderingkie hier en daar, om praktiese gebruiksredes. Blaai gerus deur die draad.
Led het 'n werkers lig wat baie sterk lig maak. Ek het een gekoop. Bietjie duur maar tog die moeite werd. Die lig is glad nie swaar nie, so jy kan hom op 'n gewone aluminium paal monteer.
led ligte
Die goed is absoluut die antwoord.
Kry dalk 'n LED bar liggie soos die een:
http://www.4x4direct.co.za/shop/index.php?main_page=product_info&cPath=15&products_id=101
Dan kan jy hom 'n hakie gee om aan 'n tak te hang naby die braai of mens kry 'n 3-poot staander (telescopic tipe by Makro of Campworld) vir 'n lig wat hy ook aan kan haak en maak staan.
Groete,
Jacques
@ BenA
Ek het vir my ene gemaak wat bietjie anders is as die skets hierbo.
Ek het n ou Tent paal gevat, hoogte is toe gesny na my behoeftes. Toe kry ek n Tent Paal Steady, dit is een van daardie stutte wat jy in die grond druk om te verhoed dat jou tent pale rondskuif.
Laastens kry ek by Builders Warehouse vir my n buite lig wat waterdig is, met ripcord vir die elektriese draad.
Kostes +/-:
- Ou tent paal by Camp World = R30.00
- Tent Paal Stut = R20.00
- Buite Lig = R30.00
- Rip Cord = Verniet, sekerlik het jy iets wat by die huis rond le
- 3 punt prop.
Ek het die nodige gepoprivit om dit vas te kry.
Hier is die lig langs my braai, jy kan hom vastrap en dan met n grond seil tent pen "secure''

Hier is my probeersalg. Hy is so 99% klaar.
Hierdie foto is nie baie goed nie, maar dit gee daem 'n idee
Die lig split in 2 dele om maklik op te vou, en daar is 'n cover wat die lig self beskerm as ht weggepak word
Hier is die cover af en kan al die dele mooi gesien word
Ek moet nog sy "Voetstuk maak wat in die grond druk. Wat ek daar gaan doen is om 'n stukkie ysterpyp wat gemaklik aan binne in die PVC pyp pas, 'n pen in die middel vas te sweis en hom so in te slaan en dan pas die lig bo oor.
Hoop dit maak sin
Ek het ook vir my een gemaak lyk baie na Ebenhaeser sinvir minder as R60-00 daar is altyd n tak naby genog om hom aan te hang
Net so 'n bietjie advies oor die kleur van die gloeilampie... sit 'n geele in. Dan pla geen goggo jou nie en jy kan nog steeds heel goed om jou sien.
@ Willie,
Ek kan net nie n liefde vir daardie geel ligte ontwikkel nie. Dit laat my braaivleis siek lyk. Ek verkies maar die gewone Wit lig, en dan my lieflike Pers Zapper vir die gogo's !!!
Ebies, so by the way, kry mens geel LED's.
Ek lig daai braaivleis se kleur reg met die torts as ek die vleis omdraai, maar ek het geen goggo van enige aard wat gedurig in my dop in duik nie. Jy sal verbaas wees hoe vinnig daai tjoppe na normale kleur verander as jy hulle met so 'n wit ligstraaltjie skrikmaak, so nou en dan.
Baie dankie
Aan al die maters ek het nou n goeie idee by almal gekry ek gebruik tans n lig soos eben sen so ek het n geel lig maar een probleem as hy dalk omval is hy stukkend ek sal maar n plan maak en dan plaas ek fotos as ek klaar is as iemand nog n plan het plaas hom dan sien ons hoe lyk hy ok. Baie dankie
Kampgroete
Ben
Ek het 'n paar van daai plastiek buiteligte wat in my pad is.
Was by my vorige huis op wat ek afgehaal het om bewegingsensor ligte op te sit. So hulle kondisie is nie splinternuut nie.
Gratis aan enigeen wat belang stel - stuur my 'n persoonlike boodskap.
Groete,
Jacques

dagse maters
baie dankie vir almal se inligting hier is my lig wat ek gemaak dit is n led lig van fox and sons hy werk met 12v sy koort is so 20m lank met n pen wat jy in die grond trap of kap hy werk ook van n 12v alarm battery hy skyn lekker skerp reg vir visvang en braai

dagse maters
baie dankie vir almal se inligting hier is my lig wat ek gemaak dit is n led lig van fox and sons hy werk met 12v sy koort is so 20m lank met n pen wat jy in die grond trap of kap hy werk ook van n 12v alarm battery hy skyn lekker skerp reg vir visvang en braai
Jacques, praat jy van die reghoekige bulkheads soos op die eerste lig heel bo?
Ek het n reghoekige plastiek bulkhead gevat en twee van daai ysterhakkies (gemaak van dun veerstaal waarmee mens harke besems ens . in jou garage ophang) agteraan geskroef. Het die hele ding aanmekaar gesit in tien minute. Die hakkies is net die regte grootte en clip lekker om n tentpaal. Ek kap n ou tentpaal in die grond naby die braai en sit gewoonlik die lig daaraan vas. As die grond hard is maak ek sommer die besem erens staan en hak hom daaraan. Dis leker veeldoelig want 'n mens kan hom enige plek aan 'n paal vas clip as jy erens ekstra lig nodig het.
Jacques, praat jy van die reghoekige bulkheads soos op die eerste lig heel bo?
Presies hulle Willie - die wat ek weggee het waarskynlik 'n heenkome so gou ek terug by die huis is.
Groete,
Jacques
Kookwater Ben!
Gee ons asb 'n nader skoot van die lig "fitting"?
Het hy net 'n LED gloeilamp wat binne pas of is dit 'n geseelde eenheid?
Groete,
Jacques
Naandse jacquesr
Die lig was nogal duur R460 so sonder die paal en die yster aan die onderkant as ek hom so van nader bekyk sal ek se dit n geseelde lig met 3 skerp led in. Ek wil hom nie oopmaak nie want netnou beskadig iets ek sal n naderskoot van die lig neem en dit plaas hy het we'll n skakelaar op vir die aan en af sit daar is een lig wat groter is hy is in die vorm van n halogen spotlig met 6 leds in maar hy is so R790 dit is so bietjie erg daar is ook power supplys beskikbaar sodat hy van 220v af kan werk die die kos ongeveer nog n R400 ekstra maar die lig vir braai dink ek gaan net reg wees
Kampgroete
Ben
dagse jacquesr
hier is die foto van die lig van naby ek sien hy het wel 2 skroefies wat jy hom kan oopmaak hy het ook n skakelaar vir aan en af sit die foto is van vooraf geneem

die lig van bo kant af met die skakelaar

die lig van die kant af

hy het ok 2 skroewe wat jy kan stel hoe jy wil he moet hy skyn hoop die iformasie is so bietjie beter en kan jul help
kampgroete
ben
Baie dankie vir die fotos Ben - dit lyk baie goed!
HET GESIEN DIE HENGELAARS BY TUGELAMOND POPRVIT N SKERP ALUMINIUM PUNT VAS AAN DIE PLASTIEKGEDEELTE VIR N VISSTOK HOUER IN DIIE SAND WERK NOGAL GOED IN DIE SAND MET DIE GOLWE
GROETNIS UIT DIE NOORDE
Ben, daai LED lig lyk baie goed (hou net nie van sy prys nie!) Kan glo hy maak lekker lig daar waar jy graag wil kyk,
Hier is ons braailig en die Skipper se "kombuis lig" Die Braailig is 'n plastiek bal Lig met 'm ES gloeilamp,die staander is twee seksies van die groen plastiek pyp wat vir die tuinsproeiers gebruik so ek kan die paal intwee deel (ek het 'n derde seksie ook as ek die lig hoog wil plaas.daar is 'n skakelaar onder die lig wat maklik bekombaar is
Die kombuislig is 'n gewone reghoek "bulkhead fitting" met twee plastiek knippe waarmee hy teen die tentpaal vasknip, ek het ook 'n klein neon liggir rn 'n trekskakelaar ingesit, die neon liggie gloei maar dof as die krag aan is maar dan kan jy maklik in die donker die ligskakelaar sien om die lig aan te sit!
Ek sal later fotos van die twee lampe hier bysit maar die volgende fotos behoort julle 'n idee te gee
Groete
dagse danie
jou lig lyk goed ek ken daardie ligte hul werk lekker maar jy sien ek het so 3 jarige woelwater wat als uittoets en wil pa altegraag help met als wat ek doen ek het ok so lig gehad maar die vierkantige een soos jacques sin met die op en af slanery het mnrtjie hom in die hande gekry en laat val ek het ok al n paar globes vervang met die op en afslaan so ek het iets gesoek wat bietjie child proof was ek hoop ek het hom nou gevind want jy kan mos nie led vervang volgens my kennis nie
wel een ding het ek gou geleer van kamp haal maar daai ekstra rande uit en jy het iets vir n lang tyd dit help nie alteid om goedkoop te gaan nie hoe het die oumense gese goedkoop is duurkoop maar weereens ons omstandighede verskil jou kinders is seker groot so jy het nie n behoefte dalk nou vir so lig nie wie weet
kampgroete
ben
Ek het ook een van die LED werkers ligte en was nog nie een dag spyt dat ek dit gekoop het nie. Hulle prys is bietjie hoog maar wel die moeite werd. Ons het al ons ligte vir die boswa met LED's vervang. Juis omdat die ligte baie kompak is en baie min spasie opneem.
Ben,
Ek stem saam met so jong en hulpvaardige knaapdoen mens die beste wat jy kan en ek stem saam daai led behoort jou (en die knapie) jarelange diens te gee
Omdat ons laat begin kamp het en op die stadium ooknog nie gereelde kampers is nie, gaan ek maar met seker goed die "Kanarrie" roete ("cheap, cheap!)
Dit wil voorkom of ons dalk nou meer gereeld gaan begin kamp en dan gaan ek beslis ook begin om na die "led" ligte te kyk, ek hou soveel meer van die kleur en helderheid van hulle lig so ek sal maar begin spaar vir hulle
Ja, ons het net die een seun en hy is darem nou ampers 25 en ook lief vir kamp (pas getroud, huis gekoop en nou is hulle broke maar wat hulle droom darem en begin maar so hier en daar goedjies bymekaar maak
Ben ek lei af dat jy die lig van 'n klein 12 volt battery af werk, wat sou jy sê hoe lank brand hy met 'n volgelaaide battery voor jy weer die battery laai? Dit kan in die Skipper handig wees want daar is nie plek vir deep cycle batterye nie en dit kan lekker wees as jy in die aand aankom om bietjie lig te kry tot tyd en wyl die ander ligte uitgepak is en drade opgekoppel is en al die dinge
Gert,
Ek is nogal nuuskierig om te sien hoe lyk die LED werkers lig waarvan jy praat
Groete en mooi bly almal
Ek het die een al voorheen gedeel - lekker idee:
http://www.4x4direct.co.za/build-your-own-LED-worklight/index.php
Dan het Pieter nog 2 tipes "Worklights" wat lyk of hulle kan gooi:
http://www.4x4direct.co.za/shop/index.php?main_page=index&cPath=16
Groete,
Jacques
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilSur
- evert
- Noddy
- Chris M
- Janwillem
- Christo de Wit
- Rinus Lisse
- Alias
- MarkP
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Cheetah
- Spiderman



.jpg)


.jpg)







.jpg)
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Hi Ben,
Die een het 'n ruk gelede in die tydskrif verskyn, maar hy vou dalk nie so klein op nie.
Sien http://www.wegsleep.co.za/wenke/n-bak-plan-vir-n-braailig
Groete,
Jacques