My tuisgemaakte solar geyser
Nuwe forum onderwerpe
Ek het so 4 maande terug my eie solar geyser gebou en vertel julle nou eers daarvan aangesien ek eers wou kyk of ek regtig geld gaan spaar en ja, ek spaar sowat R200 per maand aan elektrisiteit.
Ek het vir my 'n 100M rol swart plastiek pyp gekoop en dit opgerol soos wat mens wors oprol vir die braai en dit toe op die dak gesit. Die pyp het ek toe aan die inlaat kant van die bestaande geyser gekoppel en die koue water het nou net 'n langer pad voordat dit by die geyser uitkom.
Instede dat yskoue water nou in die geyser inloop, loop die son verwarmde warm water uit die pyp eerste in en die geyser hoef nie meer so hard te werk nie en gebruik dus minder krag.
Die hele lot het my R187 gekos by die Kooperasie.
Net een probleem, daar is nie 'n Eskom rebat op hierdie installasie nie!
Groete
Piet
Ek gebruik dit al jare vir my swembad vir winter maande, werk mooi, hier by ons brand die son die pype vrot hou net so 2 jaar.
Goed om jou weer op die forum te sien Piet. Ek oorweeg dit al lank vir my swembad maar kom maar net nie daarby uit nie(Te besig rond te ry met die Intruder!!!)
Obie,
Jy moet net onthou om so nou en dan te gaan werk ook hoor! EK MIS DIE INTRUDER BIG TIME!
Ek is weer terug, maar sal my maar skaars hou want ek is nog steeds moeg vir computers na 30+ jaar in die bedryf. Gaan so binne 'n week of so die wa haak en toer vir so 3 maande en dan sal ek seker meermale op die forum wees om die tyd om te kry. Jy weet so 'n toer kan maar boring wees.
Groete
Piet
Piet, nou maak jy my lekker jaloers. Ek en werk het erge stry gekry maar wil Millie niks daarvan weet dat ek op pensioen gaan en sy moet nog werk nie. My idee is dat ek ook gaan toer en sy net dan en wan so n ou geldjie aanstuur. Nie mooi van haar nie ne!!!
Piet lekker toer en geniet dit BAIE!!!
Piet - lekker om weer 'n slag van jou te hoor!
Daai pype werk soos 'n bom, ek het van hulle om die swembad direk onder die plaveisel gele - hulle hou dan vir ewig en maak ook 'n groot verskil aan die swembad temp.
Julle moet julle toer voluit geniet - ons tyd is naby!
Piet,
Ons water gebruik is soos volg:
Ons kom laat middag tuis van die werk af, dan word Willem gebad (so 18h00). Daarna word kosgemaak waarvoor hoofsaaklik koue water gebruik word.
05h00 more oggend stort ek en 'n rukkie later sal Christa gaan stort, en dan is ons uit die huis uit.
Ons Wasmasjien gebruik net koue water, en ons skotelgoed wasser maak sy eie water warm.
Dink jy ek gaan 'n noemenswaardige besparing hê?
Jaco, Piet askies as ek draad kaap!!! As jy jy geiser goed ge-isoleer het,
ek het swart asbliksakke gevat en die tuiningenieur het pienk aerolite in blokke gesny wat in die sakke pas, en toegeplak met verpakkings tape, en aanmekaar vas getape., en toe om geiser, wat buite is, gedraa, en daarna met ou karavaan grondseil toegemaak.)
kan jy nog meer spaar deur jou geiser af te skakel, en net saans aan te skakel so vanm 18:00 tpot 21:00.
Ons doen dit al vir 4 jaar, en my gemiddelde kragverbruik met omtrent 300 eenhede per maand verminder. Die feit dat julle in die oggend stort gaan dalk nie voordeel trek uit die water in die swart pype nie, want hy gaan afgekoel wees op daarddie stadium.
Piet se idee werk, maar elke huishouding se gebruik en tyd verskil. Jy kan ook baie spaar deur daardie stortkop te vervang met SpeedHeat eenheid, seker so R600.00, en jy prop hom in 220v en hy maak net die water warm wat deurvloei. Jy kan selfs vir die kleine man se badwater van die SpeedHeat af kry met bietjie vernuf, en heel waaarskynlik jou geiser glad nie gebruik nie.
Daai goed se meganiesew termostate is vreslik onakkuraat, en maak die water tot 15 na 20 grade warmer as wat jy hom stel, en dit vreet krag.
Hierdie afskakel storie werk, ek va elke dag my kraglesing, en het dit bewys vir ander bure, wat ook so maak. Die feit dat julle net stort maakk baie deure oop vir alternatiewe, en ek sou dit beproef, daai SpeedHeat is maklik om in te sit, en as jy my PB stuur, al ek vir jou inligting laat kry.
Piet, jammer vir die draad se kaap!!!
Altyd egte kampgroete.
Frans
NS: Ek het geen verbinteins met SpeedHeat nie, gebruik dit net vir baie jare!!
Frans,
Ek plan om binnekort 'n tydskakelaar op my geyser te koppel. In een van ons vorige huise het ons pre paid krag gebruik en kon ek maklik boekhou van die krag. Daai geyser afskakel ding werk. Ons doen dit as ons vir die naweek weggaan.
My een groot kopseer is dat ons gemiddeld elke tweede tot derde maand 'n geskatte rekening van die stadsraad kry. Dit maak die uiters moeilik om te bepaal of jy meer of minder eenhede gebruik het en hoe effektief jou besparings inisiatiewe is. Daarom oorweeg ek dit baie sterk om nog 'n kragmeter te laat installeer dat ek makliker die kraglesing kan meet. Die een van die stadsraad se perpex paneel van die meterkas is al so verbleik dat jy nie die meter behoorlik kan sien, sonder om die kas oop te sluit nie en ek het nie 'n sleutel vir die kas nie
Jaco,
Hier by ons is die toestande min of meer dieselfde (behalwe die baba!) ons is ook net twee wat stort en die wasmasjien gebruik ook koue water.
Ek skakel die geyser net af as ons weggaan vir meer as so 5 dae, anders bly dit aan.
Jy weet, destyds toe die Carlton Centre gebou is (ek was betrokke daar) is daar beskuit om geen skakelaars te installeer vir die ligte in die gebou nie, elke vloer het slegs 'n hoofskakelaar gehad. Die slimkoppe het uitgewerk dat dit goedkoper sou wees om die ligte 24/7/365 te laat brand as om skakelaars en al die ekstra bedrading en arbeid in te sit. Die berekening was gedoen vir 'n tydperk van 20 jaar wat hulle gereken het die gebou lewensvatbaar sal wees.
Ek glo dat die geyser meer krag gebruik met die aan en afsit as wat dit heeltyd aan is.
Dis maar net my opinie.
Groete
Piet
piet.
baie goeie plan daardie. het jy gekyk wat die klas pyp is wat jy ingesit het? onthou dat die waterdruk van jou huis groter is as die druk wat jou sprinkler system moet hanteer. die swart pyp word ook aan hoe uv strale blootgestel wat die pyp kan laat bars. ek weet nie hoe lyk die winter temprature daar by jou nie, maar sodra die pyp vries (wat hy vinnig bo-op jou dak gaan doen) gaan die pyp bars. dit kan nogal 'n gemors afgee. sit vir jou 'n bypass roete in wat jy manually met 2 ball valves kan beheer, asook 'n dreiberings pyp sodat jy die water uit die pyp kan laat loop. dan kan dit maar koud raak.
ek het dieselfde met koper pype vir my swembad gedoen.
Piet, Ek hou nou van hierdie draad. Ek is al 'n hele ruk besig om die saak te ondersoek om my eie sonverwarmer te bou. Wat jy kan doen om die warm water deur die nag te behou is om 'n tenk tussen die son pype en jou geyser te hê. Jy kan 'n groot gasbottel vat en hom isoleer op 'n manier soos Frans hierbo gedoen het. Of jy kan 'n ander gebruikte geyser (wat nie lek nie) daarvoor gebruik. Dan bly die water wat in die dag warm gemaak word ook warm vir die nag. Ek beplan om 'n kas te bou met koperpype wat horisontaal van onder tot bo vleg. Jy verf die pype swart ( mat black) en sit 'n deurskynende perspex oor die kas. Dit keer dat die wind in die winter die pype afkoel. Jy sit iets wat reflekteer onder die pype in die kas. Selfs aluminium foelie sal werk. Om dit nog beter te maak sit jy 'n stelsel in wat die water deur die sonpanele en eerste tenk sirkuleer sodat jy nie net warm water in kry wanneer jy water in die huis gebruik nie.Die water in die eerste tenk sal omtrent kook in die somer. Om dit te laat sirkuleer moet die tenk hoër as die sonpaneel wees. Die sirkulasie gebeur dan omdat warmer water op gaan en kouer water afsak. Dit is ook hoekom die pype in die tenk van bo na onder moet gaan. In die nag kry jy koue water in as jy water gebruik maar dit verkoel net die water in die eerste tenk effens. Nog baie warm water na die geyser.
johan.
jou manier is 100% ek hou van daai 2de tank idee.
piet.
baie goeie plan daardie. het jy gekyk wat die klas pyp is wat jy ingesit het? onthou dat die waterdruk van jou huis groter is as die druk wat jou sprinkler system moet hanteer. die swart pyp word ook aan hoe uv strale blootgestel wat die pyp kan laat bars. ek weet nie hoe lyk die winter temprature daar by jou nie, maar sodra die pyp vries (wat hy vinnig bo-op jou dak gaan doen) gaan die pyp bars. dit kan nogal 'n gemors afgee. sit vir jou 'n bypass roete in wat jy manually met 2 ball valves kan beheer, asook 'n dreiberings pyp sodat jy die water uit die pyp kan laat loop. dan kan dit maar koud raak.
ek het dieselfde met koper pype vir my swembad gedoen.
Plakker,
Pype wat vries? Nee wat hier by ons gebeur nie sulke dinge nie! Ons sal verk hier in Port Elizabeth as die kwik net naby aan vriespunt kom dit word mos nie koud hier nie!
Johan Coetzee,
Ek hou van jou plan, maar dit klink vir my al te veel na baie werk en siende dat ek nou 'n pensionaris is, is ek nie meer baie bekommerd daaroor nie, ek sal maar die karavaanparke se warm water so veel as moontlik gebruik.
Groete
Piet
Hi Johan, stuur vir my n pm. ek kan jou help met jou planne. Ek sal so n bietjie van my laaste paar jaar se ondervinding met manne op die kamp deel. Doen nie self solar instalasies nie , maar moet daagliks ander mense se probleme help uitsorteer.
Groete
Hendrik
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- WilSur
- Chris M
- Janwillem
- Christo de Wit
- Rinus Lisse
- Alias
- MarkP
- Noddy
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Cheetah
- Spiderman






.jpg)




Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
die is n blink plan
my vriend het presies dieselfde gedoen met sy swembad en n klein pompie ingesit om water te surkileer hy het ses rolle pyp gebruik sy swembad water is so 28 grade het nooit gedink dit sal vir n geyser ok werk nie
goedgaan
ben
HIER GAAN ONS ALWEER
le