Muskietweer - wieletjie (COIL) Staandertjie

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Dagsê, kampmaats, tyd vir 'n nuwe wenk. Ons weet almal wat se gesukkel dit is om daardie wieletjie op so 'n klein ou blik staandertjie te maak staan, en as hy uiteindelik staan, en hy brand, foeter hy weer af nes jy wegloop. eerstens wil ek noem dat ek dit gebruik vir baie jare, en heel doeltrefend vind.

Ek wys my staandertjie eers om te vergelyk met die produk wat jy saamkry.

Ek het so 'n paar planthouer waterbakkies (drip trays) , omtrent 15cm deursnit geneem, en dan 65mm spykers, punt plat en skerp geslaan met hammer, sodat die wieletjie net styf kan oorpas, en dan sommer enige stukke plastiek of dun plankie, 40m  x 70mm en gaatjies deurgeboor asook deur die waterbakkies, en dan spyker deur gaatjie in middel gesteek, en sommer met silikoon vasgeplak, soos die foto wys.

Volgende stap is sommer ou aluminium bordjie wat netjies oorpas, aan die onderkant omgevou

en so lyk dit aan die onderkant.

So lyk die kêrel as jy hom  opsit. Jy kan vir veiligheid 'n groter bord neem en vol sand maak, en hierdie een binne/bo-op neersit, dit mag dalk veiliger staan in sterk wind.

Ek bêre ook die wieletjies in ou 1kg botterbakkie. Ek haal dit "uitmekaar" by die huis, want soms op 'n kamp raak mens haastig (om dalk 'n dop te gaan gooi), en dan breek die wieltjies maklik en is onbruikbaar, Jy kry omtrent twee pakkies (20) wieletjies in so 'n houer.

Die hele boksemdaais word in seephouer gebêre. Ek het so vier of vyf staandertjies, maar gebruik net drie op 'n keer as ons kamp. Ek plaas een voor naby die disselboom, meer tent se kant toe, onder die wa, en ander een aan agterkant seker so 'n halwe meter van die tent af, en die derde een in die middel voor by die stoeptent.

Toegeblik en gedeksel, veilig weggebêre.

Aan die brand.

Soos wat hy brand val sy assies op die bordjie, en as jy die ander bord onder het, kan jy leegmaak in asblik wanneer dit huistoegaan tyd is, geen gemorsery.

Hier is wieletjie gedaan gebrand!!! En al die assies netjies bymekaar.

Ek het met die neem van die fotos toevallig opgemerk dat die botterbakkie 'n vervaldatum toon van 11/2001, so hierdie patent van my is nou in sy elfde jaar, en werk nog net so goed!!!

Ek hoop dat dit die kamplewe vir iemand dalk "makliker" kan maak, en glo my, ek het baie keer by kampplekke die halfgebrande of gebreekte wieletjies gekry, en in my mou gelag!! My plan werk!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

 

 

 

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

 More Oom Frans,

Ek dink dis 'n uitstekende plan.

Hoekom dop jy die groen bakkie om en bou dan daai spyker in.

Kan mens nie van die begin af die groen bakkie andersom gebruik dan vang hy sommer die as op nie en jy spaar daai melktertbakkie vir iets anders.

Ek wonder dus of daar 'n rede is vir die onderstebo drup bakkie.

Rateltjie 

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Daai is n bakgat plan Oom.

 Sien Julle by die boom !

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Ratel, as jy die bakkie omdop gaan die foelie storie nie werk nie, dit is daar om die hitte te absorbeer van die as wat afval, en met die bakkie soos hy is, vee jy net af en hy is skoon, Omgedop gaan jou as vassit aan die foelie, die kablestroppe, die silikoon en wat nog alles. (Ek het my eerste een so gemaak!!! en die genoemde probleme opgetel, en onmiddelik die ding omgedraai) Daai melktert bakkies kos mos niks!!! dit is hoekom jy dit nooit weggooi nie, sien, ek het in "groen" tyd grootgeword!!!!! JY GOOI NIKS WEG NIE!!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1872
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Sit slim kind.

Groete

HPJV RENSBURG

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

more more

blink plan die hou daarvan

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Vanoggend was weer die moeite werd om die Forum oop te maak en iets te leer

Dankie, hierdie plan gaan vir my ook werk

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Kan werk as jy genoeg pakplek het, ek gebruik sommer n ou furk wat ek in die grond in druk,ek sit die coil se punt tussen die furk se tande en steek hom in die middel aan sodat hy van binne na buite brand

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2650
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Slim plan - gaan dadelik vir my 'n paar maak!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Tommie, niks fout met jou plan nie, ek hou net nie daarvan om die as ek stukkies onuitgebrande stukkies te laat rondlê nie, en verkies om skoon te los waar ek dit gebrand het. As jy kamp vir naweek is dit 6 na agt wieletjies se as per plek, en dit lyk eintlik swak om die goed so te los, OK, ek gee toe, jy kan dit in die gras inskop?, maar ek verkies om die as weg te gooi en nie, soos ander ouens se sigretstompes wat die wêreld vol lê, te los nie.

Dit is maar elke mens se eie reg om dinge op sy manier te doen, en ekm het probeer deel wat my gebruik is.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 786
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Goeie plan.

My plaatjies (wat saam met coils kom) raak atyd weg of hulle word uitgegooi met die skoonmaak. Nooit gedink aan die spyker idee nie.

Groete

Harry

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Hi Frans

Ek maak seker day daar niks rondle nie dis mos waarvoor daar asblikke is, die ou bietie as wat die coil maak kan nou nie vergelyk word met die vorige aand se braai as nie. Ek het net n probleem met die verpakking  van jou plan. n Mens koop die goed in n pakkie van 150 @150@30mm

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

RATEL
Groentjie
Aangesluit: 01/02/2012
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng
Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek

Frans Pretorius wrote:

Ratel, as jy die bakkie omdop gaan die foelie storie nie werk nie, dit is daar om die hitte te absorbeer van die as wat afval, en met die bakkie soos hy is, vee jy net af en hy is skoon, Omgedop gaan jou as vassit aan die foelie, die kablestroppe, die silikoon en wat nog alles. 

Baie dankie Oom Frans,

Uitstekende verduideliking en goeie rede hoekom jy dit so doen.

Aanvanklik nie lekker sin gemaak toe ek gelees het nie.

Altyd lekker om by iemand anders te leer en anders as op sommige ander forums word mens nie hier aangeval of as stupid uitgemaak nie.

Hoop mens kan nog baie leer by julle.

Rateltjie 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Tommy, ja, elke ou soen maar sy vrou/meisie op sy eie manier

Jy kan jou verpakking toe hou as jy wou, en dit oopmaak as jy by kampplek aankom, en dalk so 'n par breek!!!! en weggooi. Al ekstra spasie wat jy sou benodig is die drie staandertjies se pakplek. Ek het gevind dat as ek die "coils" rustig by die huis losmaak, en so los bêre, ek in  seker 10 jaar nog nie een gebreek het nie, en die ou seephouer, dis so 280x180x180mm, en wat vir my lekker is, dit is net waar ek dit bêre, nie elke keer 'n gesoek nie. Ek ook so 'n paar plastiek tassies waar ons drukkers kasette inkry, waar ek spesifieke geredskap in bêre, een vir die boor met bykomstighede, een vir silikoon en ander gomme, een vir pypkonneksies ens, en die tassies is buit op gemerk, ek soek na niks, ek weet waar elke ding is. My wa se spaarwiel is agterop 'n raamwerk/staander, en ek het die neuskas toegerus met al my los goed, en, vir my werk dit uitstekend.

Hierdie hele draad was oorspronklik begim om my eie idee oor te dra aan wie ookal daarin belang sou stel, en nie om vergelykings te tref nie.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Hi Frans

Ek maak geen vergelykings nie,die feit dat jy jou idee op die forum geplaas het, het jy jou self blootgestel aan kritiek {goed of sleg}  Almal hoef nie saam te stem nie

NS: EN al breek my coil in hoeveel stukke kan ek dit nogsteeds in die furk se tande druk en gebruik

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 823
Gebruiker is aanlyn
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

My plan is beter as julle altwee sin we la kapela. Ek drink genoeg brandewyn dan kom geen muskiet naby my nie en ek hoef nie coils te koop, bakkies te maak, as weg te dra nie of pakplek vir diie hele tuti te soek nie.

kamp 

 

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Dankie Spiderman jy het sopas die oplossing gegee!!

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

Servaas
Groentjie
Aangesluit: 26/01/2012
Inskrywings: 23
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hermanus
Ek sleep 'n 1995 Gypsey Romany met 'n 2005 Mazda 2.5 TD DC SLE

Oom Frans, ek wens ek was so georganiseerd soos jy. Ek hou van jou plan en ek gaan dit presies kopie.

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Spiderman wrote:

My plan is beter as julle altwee sin we la kapela. Ek drink genoeg brandewyn dan kom geen muskiet naby my nie en ek hoef nie coils te koop, bakkies te maak, as weg te dra nie of pakplek vir diie hele tuti te soek nie.

En die bottels (vol en leeg)? 

 

Danie Pretorius

Jacques PE
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Ek het nou die dag by Outdoorwarehouse hierdie nifty blikkie gekoop vir next to nothing, spesifiek geontwerp om die coils te hou.  Wat lekker is van die een is dat mens dit sommer op kan hang ook, en die beste is as die kinders op die blikkie trap, brand hulle voete nie.

 

2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Jacques, dit lyk baie oulik, het jy  dit al probeer ? Ek sou graag wou weet, as die coil platlê, of hy aanhou brand? Normaalweg as hy op iets lê dan smoor hy. Ja, daar is altyd iets nuuts, en hierdie een gaan ook die verbrande assies mooi bymekaar hou. Ek sê nog dit raak sommer morsig as jy die goed net so in die gras inskop. Ek sit my staanders reeds onder die wa in om nie raakgloop te word nie, maar kry baie goeie verspreiding van die rokies van onder die wa uit, die wind dwing nie alles in 'n ander rigrting nie, en die voorste een by die tentpaal plaas ek gewoonlik 'n skinkbordtafeltjie strategies regoor die brandende voorwerp.

 

Altyd egte kampgroete.

Frans

NS: Aan almal wat dit kan gebruik, doen gerus so, ek het oorspronklik gereken as daar net EEN mens is wat ek kan bereik met van my idees elke keer, is dit vir  my genoegsame rede om wel van die idees te plaas.

 

 

 

 

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Kwaai Plan Oom Frans

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Jacques PE
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Hallo Oom Frans, ja hy terk lekker as hy le of hang, altwee kandet van die blikke is bedel met fibreglas mesh.  Die onderste een is n bietjie van die "as opvang blikkie" om te verseker dit trek lekker. So na coil gebrand is maak mens net die blikkie skoon sit n nuwe coil in en skroef hom toe - baie neeeetjies

2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Dagse oom frans
Die plan werk regtig lekker het n paar gemaak en is spyt ek het nie nog gemaak nie waneer kom die volgende blink planne
Kampgroete
Ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Wie's aanlyn

Daar is tans 16 gebruikers en 58 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Chris M
  • WilSur
  • Janwillem
  • Christo de Wit
  • Rinus Lisse
  • Alias
  • MarkP
  • Noddy
  • evert
  • Anton le Roux
  • Benzan
  • Gyfie
  • jacquez haywood
  • WilleWillemien
  • Cheetah
  • Spiderman

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.