Karavaan Aircon
Nuwe forum onderwerpe
More Willem
Man iemand op die forum het vir my laas jaar gese ek moet dit so doen. Ek kan nie nou weer daai draad kry nie
. Ek het mos laas jaar daai pype aan my aircon gesit. Dit werk lekker maar ek wil kyk of ek nie die unit uitmekaar kan maak en net die kompressor in die neuskas sit nie. Die radiator gedeelte onder die wa. Het gekyk daar is baie plek.
As iemand dit gedoen het sou dit net vir my makliker maak. Maar ek gaan dit die naweek aanpak. Gaan ook my 9000 btu met n freaken 18 000 btu vervang.
Groete
Deon,
As ek dit reg onthou is dit ek wat dit voorgestel het. Neem foto's en gee vir ons terugvoering, ek stuur die vir Gert (Airbus) sodat hy vir sy broer kan vra vir inligting.
@ Deon, die ventalasie in die neuskas is alreeds swak, so dit behoort goed te werk onder die wa.
Albert wou dit probeer het met n ou aircon om te sien of dit moontlik is, maar ek dink nie hy het al kans gekry om dit te probeer nie.
Eben
Ja ek stem. EK gaan een die naweek uitmekaar maak. Die pype storie werk maar soos jy ge se het die PT om dit in en uit tehaal, en dan het die ou nog die een 3/8 " pyp se flare nie mooi gedoen nie toe bars die fkn pyp. Daar kyk die hele kamp vir my of ek my vrou geskiet het. Soos n regte aap gevoel. My gat gewip en gese ek gaan die hele modifikasie nou verander. EK dink dit gaan baie beter werk. Sal fotos neem soos ons aan gaan.
@ Deon,
Het die pyp by Sondela gebars ??????
Flip, ek wil nou nie lelik wees nie, maar ek wens ek was daar, dit was seker kak snaaks.
Jammerte oor die verlore gas, dit maak die beursie seer. Sterkte met die conversion, jy sal dit definitief reg kry, jy is definiteif nie n ou wat bang is om iets aantevat nie.
Eben
Ja , moer ek het my gat afgeskrik. Dog mense skiet om ons of n gasbottel het ontplof. Dit was kak snaaks want my vrou lag nou nog vir my as ek praat van die aircon. Maar nou ja.
EK gaan beslis die naweek aan daai modifikasie begin werk.
Eben
Ja , moer ek het my gat afgeskrik. Dog mense skiet om ons of n gasbottel het ontplof. Dit was kak snaaks want my vrou lag nou nog vir my as ek praat van die aircon. Maar nou ja.
EK gaan beslis die naweek aan daai modifikasie begin werk.
dagse deon
as hul op jou skiet dan moet jy maar nie weer soentoe gaan nie of bulletproofs saamvat
he he he he
klink darem of niemand seer gekry het nie sterkte met jou modifikasie
kampgroete
ben
Hi Deon
Ek sou dit gelaaik het om dit te kon beleef het, jy kan dit doen soos wat jy van praat, die belangrikste is net dat die kompressor moet regop staan, ek wou dit ook nog gedoen het maar die ou wat my sou voorsien het van die ou outdoor unit het my gedrop en ek gaan nie n nuwe een so op dnnr nie.
More More Julle
Wel het begin met die Aircon conversion. Die indoor unit is in en die kompressor unit is uitmekaar. Het die radiator reguit gebuig en onder die wa vasgesit. Mens kan nie glo hoe klein die kompressor eintlik is as hy uit die helse kas uit is nie. Die naweek moet ek nou net die bedrading klaar maak en dan moet ek iemand kry om die pype en gas te kom doen.
Ou indoor unit 9000 btu.

Niewe indoor unit 18 000 btu. Het hom so biekie laar gesit. Die ouens sit die aircons te hoog bo teen die dak. Dit keer dat jou aircon baie lug kan insuig bo.

Die radiator onder die wa. Die radiator is een kant vas aan die onderstel. Die radiator le op die oranje bande. Daar is nie n "bracket" aan die radiatoe om vas te bout aan die wa. So ek het hom laat hang op die bande. Sal die voorste pype wat jy kan sien mooi toemaak met n stukkie cromodek.

Die kompressor in die neuskas.

Sal al die pype mooi toemaak as klaar is en 100% werk.
Deon
Dis 'n baie interessante projekkie wat jy aangepak het.
Net 'n paar vrae :-
- Het jou vorige 9000 BTU eenheid nie voldoende koue lug vir die Exclusive se binneruim verskaf nie want ek sien jy het dit nou met 'n 12000BTU vervang ?
- Hoe het jy die binne-eenheid teen die muur vasgesit - is daar 'n sterk genoeg hout-paneel aan die binnekant van die muur om dit daaraan vas te skroef ?
- Hoekom het jy die kompressor in die middel van die neuskas geplaas - sou dit nie beter gewees het om dit uit die pad, in die hoek van die neuskas te plaas nie ?
- Die belde waarop die "radiator" rus : is dit net 'n tydelike maatreel want gaan dit nie baie skud met skade aan die pyp-lasse wanneer jy sleep nie ?
- Presies waar het jy die "radiator" geposisioneer (en watter model Exclusive het jy, want die onderstelle van later modelle verskil mos) ?
Len
More Len
Man die 9000 btu het oraair gewerk. Maar die 18 000 btu is vir my beter. Meskien biekie overkill maar nou ja dis seker maar watse mens ek is. Die idee met die groot aircon is dat ek die groot venster kan oop maak en die duer dan sal die aircon die tent ook so biekie kan afkoel as n mens daar sit en kuier. Bederf ek weet ek weer. My vrou se ook so. Maar as jy erns kamp waar dit 35- 40 graade is en jy kan nerns sit en n koue bier drink sonder om dood te gaan van die hitte nie is ook nie meer lekker nie.
Die binne eenhied kom met n helse klomp skroewe vas, ek dink jy sal verbaas wees om te voel hoe lig die eenheid eintlik is.
Die kompressor in die middel is maar net om makliker aan hom te werk, en om die gewig in die middel te hou. EK het dit oorweeg om hom heel in die hoek in te skyf, sal nog daar na gaan kyk.
Die radiator is aan die een kant vas aan die onderstel. Die belde is permanent daar. Jou radiator moet biekie kan beweeg. Die vibrasie wat die kompressor veroorsaak moet gedemper word. Sodra jy al die pype begin vas bout of trek met cable ties gaan jy erns n pyp laat afwibreer. Die radiotor is verbasend goed vas. Daar is nie baie vibrasie nie.
Die radiator is net voor die wa se as. Dit was die beste plek wat ek kon kry. Hy pas presies tussen die onderstel in.
Die is n 2008 model. Net voor die niewe onderstelle.
@ Deon, is daar nie n manier wat die Radiator en Kompressor altwee onder die wa pas nie?
Hi Deon
Dit lyk baie goed.
Ek het sommer ook nou die idee om so iets te doen met my bussie, want my spasie is baie beperk. Agter onder my bussie is sy spaarwiel, daar is heelwat plek daar. Ek het gesien in Duitsland maak hulle 'n 'bracket" wat vasbout op jou agter deur skaniere, waar jy dan jou spaarwiel kan sit.(sparewheel carrier) Spaarwiel swaai dan saam met een van die agter deure oop. As ek so iets kan bou (invoer sal mal prys wees) dan het ek die spasie oop vir die radiator, dan moet ek net plan maak met kompressor. Bussie het 'n "boot" agter onder die bed met plek vir al my losgoed, dalk sal hy daar pas.
As die spaarwiel agter opsit is dit ook makliker om sy druk dop te hou. Gewoonlik moet ek onder in kryp om dit te doen, my groot pens maak dit al moeiliker hoe ouer ek word.
Groete
Harry
Eben,
Die kompressor moet regop staan, en is te hoog om onder die wa regop te staan. Eben die kompressor is regtig baie klein. Het nou baie meer plek in die neuskas. Kan nie dink hoekom ek dit nie die eerste keer so gedoen het nie.
Harry,
Ja jy moet maar kyk, ek dink die kompressor is so 400mm hoog. Ek weet nie of dit n goeie idee is om dit regonder jou bed te sit nie. As jy dalk n biekie wil gaan le kan die kompressor jou dalk pla.
Mooi Deon,
Die probleem wat ek met die eenheid binne het is dat hy nie die hele wa afkoel nie. Selfs op die Classique het hy net die kamer gedeelte afgekoel en nou met die Exclusive die selfde. Ek reken die beste plek vir die binne eenheid sal wees teen die badkamer se muur (waar jou TV is) want dan blaas hy na die kamer gedeelte.
As die kompressor onder die nuwe onderstel regop kan staan sal dit perfek werk.
Willem
Ja, daai muur is die idiaale plek. Maar die my tv is daar vas en die 18 000 btu is te lank vir daai muur. Ek het ook so gevoel oor die klein 9000 btu aircon, maar die 18 000 se fan is aansienlik beter so ek reken hy kan dalk van die wa n koelkamer maak. Ek het mooi gekyk maar die kompressor is te hoog vir onder die wa. Sal nog gaan kyk maar dit sal nie werk nie, boonop moet jy die koneksie van die kompressor waterdig maak. So ek glo nie dit gaan werk nie.
Deon, ek en my Pa praat nou oor hierdie skuif van jou. Die radiator, blaas of suig die waaier? As hy suig, hoe raak jy van die hitte aan die bo-kant van die radiator ontslae?
Volgens Deon se foto moet die waaier bo die "radiator" wees. By my huis-eenheid suig die waaier warm lug na buite. Dit is dus 'n goeie vraag, as die waaier tussen die "radiator" en die vloer is, waar ontsnap die warm lug wat die waaier suig ?
Len
Len, dit was my afleiding ook maar wou net seker maak.
Gaan die waaie dan nog nodig wees? Die hele unit is mos dan nie meer in 'n kas wat die lugvloei kan belemmer nie.
Deon,
Is jy nie bang dat die radiator onder die wa gaan seerkry met al die gemors wat deesdae op ons paaie lê nie?
@ Deon,
Korek my as ek verkeerd is: Die kompressor benodig mos nie ventilasie nie ? Dus, hier is n klein voorstel.
Bou n klein omhulsul met n voetstuk. Jy monteer die kompressor op n voetstuk met die omhulsul wat dan vasklamp op die voetstuk vir wanneer jy op die kompressor wil werk. N omhulsul sal dit mooi afrond en die indien daar enige klank is dit ook dus verminder.
Jy is definitief op die regte sppor en jou werk lyk uitstekend.
dagse deon
mooi man hou van jou idee lyk baie netjies
kampgroete ben
Deon
Waar is die waaier wat op die unit was, is hy tussen die vloer en die kondensor of is hy glad nie in nie. Ek sal jou maar aan raai om hom in te sit anders gaan die kondensor overheat dan help daai 1800btu jou niks, net nog n groot waaier.
Deon,
Hier is die terugvoering.
Hi Willem
Dit werk nie.Ek het vir Gert (Airbus) verduidelik wat als verkeerd gegaan het met Ken se Aircon.
Dankie/Thanks
Andre
AXG Airconditioning
Rutgers weg 32
073 0234570 / 084 2089506
Deon
Die pype wat op die kompressor moet kom van die indoor unit af, maak seker dat daar waar hulle vas kom op die kompressor kant dat daai fittings waar hulle op vas maak stewig is anders gaan jy met vibrasie daai dun pypies dalk afbreek.
Ek kom die naweek weer Boksburg toe as jy wil he ek moet die unit kom refil en vacuum trek op die sisteem, laat weet maar net. Is die pype te kort?
More Julle
Het julle lekker aan die gons ne. Manne oor die fan. Ek het n 12v motor radiator Fan wat ek tussen die radiator en die vloer gaan sit. Die 12v fan se rigting kan n mens omswaai. So ek sal hom maar eers toets in een rigting ( lug suig) en dan in n ander om te kyk wat werk die beste. Hoekom ek nie sy oorspronklike fan genbruik het nie was omdat dit te laag gaan hang as hy onder die radiator vas is. Die motor radiator fan is mos baie plat en het twee snelhede waarop hy kan werk. Ek sal op die bestaande krag drade wat die fan moet krag gee n dubbel pool relay opsit. Die unit besluit mos self wanneer die fan stadig of vinnig moet draai. Dan maak die relay oop en gee die fan 12v krag wat ek van die battery af gaan kry.
Daar is baie spasie tussen die radiator en die vloer van die wa. Sal meer as genoeg vloeie he vir die afkoel van die radiator. Julle sal nie glo hoe groot daai radiator is as hy reguit gebyg is nie. EK dink n mens gaan amper sonder n fan klaar kom, sal maar sien.
Eben,
Jy is reg. Maar n mens wil nie jou kompressor te toe maak nie. Hy het n duk ondervelt omhulsul wat om hom kom. Ek sal n mooi kassie bou soos jy se om als mooi toe te maak.
Willem
EK hoop regtig dat die een sal werk. Anders het ek n 18 000 btu aircon opgeneuk. Maar ek kan nie sien hoekom hy nie sal werk nie.
Albert
Ek het nog nie die pype gedoen nie. Ek nodig iemand wat my daar mee kan help. Ek iemand gekry maar hy is kwaai besig. My oom bly in witbank en het n groot verkoelings berdyf so ek oorweeg dit dalk om die wa na hom toe te vat om my te help met die pypwerk. Dit is my grootste kopseer op die stadium.
@ Deon,
Bel hierdie ou:
Milo (soos die Jack Russel......lol)
078 688 7276
Hy werk vir n maatskappy wat Aircon installasies doen, maar doen Privaat werk na ure. Hy is spot goedkoop. Jy se vir hom basies wat jy wil betaal. So kyk na die werk wat gedoen moet word, soos pype le, sweis etc. etc. Sit n prys op wat jy graag wil betaal en wat regverdig is vir albei partye en kry hierdie ou om die werk te doen.
Ek het my Aircon self ingesit, maar het vasgebrand met die pype, want ek kon hulle nie mooi gebuig kry sonder dat hulle knak nie. Toe kry ek hierdie maatskappy uit, en Milo was die werker wat hulle uitgestuur het. Noudat ek sy kontak besonderhede het, sal ek hom in die toekoms direk bel.
Hy kan ook die gas opvul, you name it.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Christo de Wit
- Rinus Lisse
- Alias
- MarkP
- WilSur
- Noddy
- Chris M
- evert
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Janwillem
- Cheetah
- Spiderman
- Andries Pretorius



.jpg)



.jpg)






Deon,
Het jy dit iewers gesien ?
Surette se suster se man se broer het 'n lugversorger besigheid in Brits en sy vorige baas het dit glo gedoen maar het dit ook nog nie gesien nie.