Herbou begin - Sprite Swift
Nuwe forum onderwerpe
Uiteindlik het ek hom terug na 10jaar.
Buite lyk nog goed - dak is laas jaar oorgedoen. Ek het besluit om alles binne uit te ruk en oortedoen.
Oorlede pa het destyds die yskas vervang met n gewone 220v yskas.
Stap een:
Haal alle kaste en bedens uit. Gaan dit vervang met 8mm marine ply en pine 22 x 38 battens. Beddens word fixed gemaak met opslaan blad met skokbrekers sodat mamma kan onder die bedens pak.
Ek sal probeer stap vir stap opsit.
Ek moes natuurlik dit jaag omrede ek volgende naweek kamp maar my vriend leun my sy karavaan so nou kan ek my tyd vat en mooi doen. Gaan nogsteeds my gat moet roer want ek kan Paasnaweek kamp.
Hier is so paar foto's sover
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Mfuleni-20120124-00181.jpg | 119.44 KB |
| Mfuleni-20120124-00179.jpg | 132.4 KB |
| IMG-20120125-00183.jpg | 120.99 KB |
| IMG-20120125-00184.jpg | 129.9 KB |
Baie sterkte met die projek. Ek gaan hom dophou!!
Ah - lyk na 'n lekker projekkie.
Ek hou dop met belangstelling.
Geniet dit!
Jacques
Ditto hier ![]()
Hi Ciske,
Sterkte met jou projek! Ek hou dit met belangstelling dop. Het jy 'n uitleg plan van hoe jy die uitleg binne gaan verander?
Groete,
Net n voorstel van my kant af. Ek het dieselfde as jy gedoen met my Swift, maar aangesien dit net ek en ma is het ek die middelste kassie voor net bietjie hoer gemaak met twee deurtjies voor. Ek het toe n raam gemaak met wieletjies waarop die porta pottie pas. Die hele kontrapsie pas nou mooi in die kassie, gedurende die dag staan hy binne en saans rol ons hom uit. Dit werk pragtig en ek en ma ry te lekker op ons "porselein scooter". !
Soos ek gese het net n idee. Geniet die projek
Groete
Ciske,
Voorspoed met die veranderinge en herstel van jou karavaan! Daar is seker niks so LEKKER om te kyk na 'n ou se finale eind produk as 'n man klaar is nie.
Geniet dit
Groete
Pieter Kuyper
sal die draad volg gooi die fodies
Sterkte en ek volg jou vordering op hierdie draad.....![]()
Sal graag wil sien hoe gaan dit lyk sal die draad volg. Plaas gereeld fotos
Ciske
Sterkte vir jou. Dit is lekker as jy alles self doen, dan ken jy die wa van voor tot agter. My bussie het so 14 maand geneem, maar ek ken elke ding nou op hom . As iets nie werk nie weet jy pressies waar om te gaan soek vir die fout.
Moet net nie moed verloor as jy sukkel nie, op die einde is alles die moeite werd.

Groete
Harry
Thanks Julle,
ek sal verseker vir julle op hoogte hou ! Ek gaan heel waarskynlik hom volgende week stuur sodat die pro's gou vir my die crossbeam waaraan die opslaan dak vas maak te vervang - sien nie kans vir daai een nie. Hulle vra R 2300 vir die excersize.
Ai man maar dit is lekker om so projek aan te pak, baie sterkte en ek kan nie wag vir die vorderings verslae/fotos nie!
Ek hou afwagtend dop, klink interessant en kan nie wag om die eind resultaat te sien nie.
Ai man maar dit is lekker om so projek aan te pak, baie sterkte en ek kan nie wag vir die vorderings verslae/fotos nie!
Moenie idees kry nie oom Arie - daai Penta is spik splinternuut!!! 
Sterkte met die projek - dit lyk asof dit 'n lekker uitdaging gaan wees. Ek gaan beslis ook die draad dophou met baie belanstelling.
Onthou net om gereeld en baie fotos te plaas
Lekker Ciske![]()
Bou hom, ek hou jou ook dop.
Geniet elke oomblik daarvan, dan doen jy dit met liefde en gevoel.
More Julle,
het nie juis gevorder die naweek nie - ons het bietjie met die 4x4 gaan speel die naweek ek sit sommer n paar foto's by
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| DSC_0539.JPG | 91.79 KB |
| DSC_0574.JPG | 132.95 KB |
| DSC_0572.JPG | 137.96 KB |
| DSC_0595.JPG | 131.43 KB |
| DSC_0540.JPG | 119.26 KB |
Lekker!!
Dis nou al 'n paar dae later ons wag vir terugvoering.
Ciske,
Lekker projek en voorspoed, moet net nie moeg raak en opgee nie!
Ek wil nou nie 'n spanner in die works gooi nie, maar is jy seker jy wil sulke dik ply gebruik en sulke dik battens? Die karavaan gaan baie swaarder wees met dit. Gebruik eerder die standaard 3mm ply en 22 X 22 Pine vir die raamwerk. Onthou ook om die hele base van die bed waar die matras oplê vol gate (25mm) te boor om te verhoed dat die matras sweet.
Na omrent 20+ karavane se oordoen, glo ek jy kan maar my raad ernstig opneem.
Groete
Piet
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Christo de Wit
- Alias
- MarkP
- WilSur
- Noddy
- Chris M
- Rinus Lisse
- evert
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Janwillem
- Cheetah
- Spiderman
- Andries Pretorius
- Villa Wahnsinn
















.jpg)





Ek sleep 'n 1989 Sprite Swift met 'n Toyota Hilux d/cab 4.0 V6
hoop julle kan die fotos sien eerste keer wat ek fotos laai