Gat in Penta se Plafon
Nuwe forum onderwerpe
Dagse
Ek het 'n effense probleem, tydens ons Desember maand se terugtog van die see het ek die Penta se dak laat sak onder om te sien dat ma se haarsprei botteltjie nog op die kas staan.
Die bottel het mooi 'n 30 mm ronde gat in die plafon gedruk, met die ronde skyfie nog aan die binnekant van die plafon. Hoe nou gemaak dat die herstel werk darem nie 'n seeroog bly, en sonder om die hele dak te vervang?
Gustav
Gustav, môre. Jong ,dit kan bietjie moeilik wees, maar is heeltemal doenbaar. Ek sou 'n stukkie plywood of enige dunnerige plankie (soos bv 'n tamatiekas plankie) geneem het en hom gesny het soos volg:
Lengte- so 60mm
Breedte- so 25mm ( sodat hy deur die 30mm gat kan pas)
Neem nou die plankie en druk hom deur die gat en gom/epoxy hom vas aan die binnekant van die plafon, reg oor die gat. Jy sal nou 'n 2.5mm gaping hê albei kante van die plankie in die plafon. Gebruik 'n draadjie en plaas hom om die plankie (wat nou reeds in die plafon is), en hang 'n gewiggie aan die draadjie net om druk te plaas op die vasgegomde plankie. Los hom om te droog.
Wanneer bogenoemde droog is, kry jy 'n 30mm gatsaag (holesaw) en sny 'n ronde skyfie uit 'n stuk plywood (probeer dieselfde kleur plywood kry as die wa se plafon), en gom dan die ronde skyfie vas aan die binnekant van die gat in die plafon. ( die plankie wat jy vroeer ingegom het sal keer dat die ronde skyfie regdeur die plafon druk). Wanneer die gom/epoxy droog is, vul dan die gaping rondom die skyfie asook die gaatjie in die middel van die ronde skyfie in met 'n bietjie houtvuller (woodfiller) van dieselfde kleur, of met 'n bietjie verfbare silikoon. Onthou net as jy silikoon gebruik, om die oortollige af te vee. Jy kan dan 'n bietjie verf laat meng en die plafon 'optouch" waar jy gewerk het.
Sterkte met die werk, en laat weet hoe dit afgeloop het.
Groete.
Gustaf, daai ongelukkie is nou letterlik en figuurlik 'n gatslag. Joe se opsie is goedkoper as Ben s'n. Ek sal eers Joe se raad volg voor ek die die duurder pad loop om die hele dakpaneel te vervang. As jy nie tevrede met die resultaat is na jy die gat herstel het nie, kan jy Ben se raad volg.
sterkte met die werk.
Sit vir jou n downlight in , jy het nou klaar die gat . Of sit n dummy down light in
Chris. Jy dink uit die boks. Ek hou van.
Gustav, so 'n paar "stickers" of in Afrikaans "plakkers" nou nie wat gaan plak op 'n ander ou se plaas nie!!!! met blommetjies of so en een wat sê " Ma se gat!" met apologie aan Ma!!! Ek kon dit nou nie weerstaan nie, maar dit is nou 'n "classic" !!!
Ja-nee, klink my jy sal so bietjie moet aan verskillende opsies dink, maar ek sou nie panele vervang nie, eerder die ronde insetsel of "downlight" of selfs net netjies stukkie plastiek wat net oor die spasie gaan, en aan teenoorgestelde kant ook een, net om uit te balanseer.
Jy moet maar die "voor en na" fotos vir ons plaas.
Sterkte met die operasie.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Of 'n ronde "Air Vent"
Ek sal nou nie weet wat dit in Afrikaans is nie
Ek hou die meeste van Frans se idees, maar mens moet weet natuurlik hoe Mev gaan reageer met die konstante herinnering van daai vergete blikkie haarsproei nie. Ben en Joe s'n is natuurlik om dit die naaste aan normaal te laat lyk en ek is seker as mens dit volg gaan dit baie goed lyk. Mens kan miskien dit aan albei kante doen soos Frans voorstel om dit uit te balanseer.
Gustav sit asb 'before and after' fotos op, laat ons kan sien watse skade 'n vergete blikkie haarsproei kan doen aan 'n oplig dak se plafon...
Ek as die dakintrekker, sal persoonlik in die vervolg beter kyk en voel wat is op Josephine se vanity kassie voordat die dak ingetrek word...
Ek sou ook Chris se raad gevolg het. Een of ander "dummy"-ding daar geinstalleer het.
Dagse
Dankie, ek en Ma het lekker gegiggel oor die "wyshede".
Maar die gedagtes was geprikkel en die "modus operandi"gaan wees om een van die gasvents wat onder die stoof in die kas is te koop en daar in te sit. sal foto's stuur.
Sal eers oor twee weke daarby uitkom.
Dankie
Gustav
Gustav.
Ek is bly jy en Ma het vrede gemaak. Ek kan raai wat is op julle "checklist" wanneer julle kamp afbreek.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- WilSur
- Noddy
- Chris M
- Rinus Lisse
- Alias
- evert
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Janwillem
- Cheetah
- Spiderman
- Andries Pretorius
- Villa Wahnsinn
- Obie
- Kampklong










.jpg)
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
Dagse
Ek het 'n effense probleem, tydens ons Desember maand se terugtog van die see het ek die Penta se dak laat sak onder om te sien dat ma se haarsprei botteltjie nog op die kas staan.
Die bottel het mooi 'n 30 mm ronde gat in die plafon gedruk, met die ronde skyfie nog aan die binnekant van die plafon. Hoe nou gemaak dat die herstel werk darem nie 'n seeroog bly, en sonder om die hele dak te vervang?
Gustav
Dagse gustaf
Al raad wat ek aan kan dink is jy moet maar die een paneel binne vervang maar dit gaan n duur skoolfonsie wees wat jy dan moet betaal hul sal die paneel dan moet bestel as hul nie vooraad het. Ek weet by die karevaan plekke het jy n plakpapier gekry wat die selfde as jou wa se panele is dan kan jy dit bo oor plak die papier kan jy bestel by n karavaan handelaar of andersins kan jy my pm dan gee ek jou n ou se nr wat jou kan help hy het dalk vir jou n stukie off cut wat jy kan gebruik
Hoop jy kom reg
Kampgroete
Ben
HIER GAAN ONS ALWEER
le