Fietsrak - wat is die beste opsies
Nuwe forum onderwerpe
Ek is nou redelik moeg om al die fietse binne my karavaan te sit, groot ge-sukkel, veral as die kinders besluit hulle gaan deur elke modderpoel ry.
Ek oorweeg die volgende opsies :
Fietsrak op die karavaan tussen die hak en die neuskas (ek het een van die "removable" trekstange so een op die trekstang gaan nie werk nie).
'n Thule dra-rak agter op my voertuig
Ek wil graag 4 fietse kan laai. Kan julle my bietjie raad gee ?
Groete,
Jaco
Hierdie item is lank terug deeglik bespreek
Kyk of jy dit onder die soekfunksie kry
Gaan 4 fietse nie te veel gewig op die neuskas he nie (soos metode genoem)
Bly maar 'n tammeletjie, maar as jy R 5 000 wil spandeer behoort daai Thule rak op die motor se dak seker die beste te wees
Gaan vir die Fietse op die Dak opsie met n Thule Roof Rack.
Dit bly maar die beste opsie, en ook die duurste opsie.
Bly maar 'n tammeletjie, maar as jy R 5 000 wil spandeer behoort daai Thule rak op die motor se dak seker die beste te wees
Ek was by Thule en het 'n ligte hard aanval gegry toe die man my die prys gee vir die rak op die dak. Die rak op die dak is R2 800 en as jy die vancy bar will he waarin al die goed net inskuif nog R800. Dan die fiets houers begin by so R900 tot en met R2 000 elk.
Ek moet nou maar ander plan maak.
Groetnis
Jaques
Het gou gaan loer na vorige kommentaar (en ook Jaques se prys).
Het iemand ondervinding van die Thule rak (die hoë een) wat agter die kar kom ? Ek het 'n LR Discovery.
Dankie.
Jaco
Jaco,
Ek is ook op soek (dringend) en die prys het amper my vakansie bederf. Ek het op die ander draad ook gesê dat ek vir trapezium gevra het maar hulle sal seker eers in Februarie weer vooraad kry van die fabriek want hulle het 'n klein verandering aan gebring.
Het ook gedink die dak opsie is die beste, gaan net sukkel om die fietse daar bo te kry.
Was by Thule vanmiddag, die soort wat agter die voertuig kom is nie beskikbaar vir 'n Discovery nie, blykbaar geen hakplek aand die onderkant nie.
Is regtig nie lus vir sukkel op die dak nie, maar lyk my dis die einigste opsie as ek nie vir een agter die karavaan wil gaan nie.
Jaco,
Het jy nie een gesien wat op die karavaan se "A" raam pas nie?
Hi Willem,
As ek die vorige kommentare reg verstaan het sal die tipe nie goed werk op my Penta nie (2009 model).
Ek is ook maar skrikkerig vir die gewig ens. Voordeel van aan/op die motor sit is dit ek dit dan ook kan gebruik wanner ons nie gaan kamp nie.
Het jy reggekom ?
Ek het die Thule dakrak roete gegaan. Die rede daarvoor is dat Echo nie die montering van n 4-fiets rak agter op die karavaan of voor op die A-raam wou goedkeur nie. Verder sou dit my draai sirket belemmer as ek dit voor op sou gesit het. Om die 4 fietse agter die voertuig te monteer met n karavaan gehak sou ook nie te slim gewees het nie. Wel, ek het toe maar R5300 vir die volledige Thule stelsel uitgehaal en ek moet se dit was goeie geld gespandeer.
Ek het nie vir die duurse dakrak of die duurste fiets monterings gegaan nie. Dit wat ek het dien hul doel. Ek was eers bekommerd oor om fietse amper 2 m in die lug op te tel en dan vas te maak sonder om die kar te krap. Dit is eintlik baie maklik met die Pathfinder. Ek vat die fiets met een hand, die dakrak met die ander, sit my voet in die speek van die wiel en lig dan die fiets op to bo die voertuig. Dan klim ek to bo op die wiel, plaas die fiets op die rak en monteer hom. Maklik sonder veel moeite. En ek het nie iemand nodig om te help nie. As ons die rak nie gebruik nie, haal ek hom, met al sy goodies, af en bere hom in die motorhuis. Sal hom seker volgende week moet terug sit voor ons Klein Paradys toe gaan.
Die ding wat my die meeste pla is waneer gaan ek vergeet dat ek nou fietse het wat amper n meter bo die voertuig uitstaan. Wel, ek het gaan navorsing doen en vir minder as R500 kan ek n PDC (Park Distance Control) sisteem gebruik om my te waarsku. Dis nou daai goedjies wat in jou voertuig se buffer monteer en jou waarsku as jy te naby iets kom. So, ek plaas 1 tot 4 van die sensors bo op die fietse en die beheer boksie in die voertuig. As ek dan iets nader wat laer is as die fietse, sal n alarm afgaan in die voertuig enigiets van 15 -30m voor ek by dit is. Ek moet nog een gaan koop en kyk hoe werk dit, maar die teorie lyk goed.



Dankie Martin,
Lyk my dit gaan my opsie wees, ek dink daai rak van jou kos nou heelwat duurder !
Lyk my Midstream is nou al so groot dat dit moeilik is om nie iemand iewers raak te loop wat nie daar bly nie !
Jaco
Dankie Martin,
Lyk my dit gaan my opsie wees, ek dink daai rak van jou kos nou heelwat duurder !
Lyk my Midstream is nou al so groot dat dit moeilik is om nie iemand iewers raak te loop wat nie daar bly nie !
Jaco
Doen jouself n guns en hoor by plekke soos Cajees ens wat hulle daarvoor vra. Ek het n beter prys by Cajees Cycle Corner gekry, maar was toe bang die installasie is te moeilik. As ek toe geweet het wat ek nou weet het ek die DIY roete gegaan.
Vir n bier sal ek jou kom help om hom aanmekaar te sit.
Ek het myne sommer by Thule self gekoop in Centurion (agter die BMW motorfiets handelaar). Hulle het dit sommer in 'n japtrap ook vir my opgesit en gepas - sonder enige kostes. Ek moet noem dat hulle so 'n bietjie goedkoper was as Cajees. Ek het die Desember afgery Hartenbos toe en al probleem wat ek gekry het was dat die wind die een wiel so bietjie skeef gedraai het. Ek het toe maar die wiele aan die arm wat die fietse vashou, vasgemaak. Toe ons teruggekom het, het ek die fietse se handvatsels losgemaak en dit parallell met die rame gehou - geen probleme.
Ek moet waarsku: Laat vroulief maar eerder uitklim by motorhawes ens om seker te maak die fietse haak nie die dak nie - by Klerksdorp was dit 'n probleem maar by 3-susters nie.
Dis ook maklik om die goed op die dak te kry as jy eers weet hoe. Oefen maar of sukkel soos ek toe ek dit die eerse keer gedoen het - in gietende reen, 2 uur in die oggend....nie snaaks nie.
Groete
Johan
Ek het ook dieselfde roete as Lord Voorkwart gevolg.
Het myself ook des dinges beskrik toe ek hoor wat die goed kos. Ons het 5 fietse wat ons moes saamry Swadini toe en was ook moeg vir die fietse in die wa. Ons opset is 2 fietse op die kar se dak en drie op die haak met 'n bike caddy. Ek het ook die moontlikheid oorweeg om 'n haak agter aan die wa te laat vassit maar is afgeraai op hierdie forum. Dit gesê, het ek tog baie ouens gesien met die fietsrak agter-aan die wa. 'n Mens moet maar net die hoogte in gedagte hou wanneer jy brandstof ingooi of naby jou kampplek kop vir bome en takke.
Dis duur maar ek dink tog die geld werd. Ek is nie spyt oor ons keuse nie.
Deon
Ek sal ook hierdie roete volg. Dankie vir die inligting.
Vraagie? Kan mens die voorwiele uithaal om die fietse laer te monteer? Maak die dakrak voorsiening daarvoor?
Daar is so n monterings-opsie van Thule. Die hoekom ek dit nie gedoen het nie is dat ek bang is ek verloor beheer van die fiets bo op die dak en dan gaan daai vurk n lelike merk los.
Ek soek nou al vir 'n hele paar weke na die beste / goedkoopste oplossing en die beste wat ek kan kry is so net oor die R4,000. Dit is ook die waar ek nie nodig het om die voor wiel uit te haal nie want dan is dit nog weer iets wat ek iewers moet pak terwyl die fietse reeds op hulle plek is. Ek moet voor die einde van die week myne gaan laat opsit want Vrydag middag moet ek klaar gepak wees.
Dit is ook die waar ek nie nodig het om die voor wiel uit te haal nie want dan is dit nog weer iets wat ek iewers moet pak terwyl die fietse reeds op hulle plek is.
Thule Wheel Carrier 545-2. Pas ook op die dakrak
Ja Willem,
Maar dit is nog 'n maar rand ekstra.
Willem. Ek sien op 'n ander draad jy het toe 'n rak op die Terri se dak laat sit. Sal jy so gaaf wees om hier meer besonderhede te gee en miskien 'n foto of twee?
Baie dankie
Jaques
Hi Jaques,
Ek het baie rond gesoek en by elke Thule Fitment het ek 'n ander prys gekry tot so hoog as R4,700. Tot ek by een ou in Boksburg die prys gekry het, ek het toe vir Centurion dit ook so sonder naam deur gegee en later die ou geskakel, sy andwoord was: Ja ek het als in voorraad en ek kan dit vir daai prys ook doen, dit nadat hulle prys die hoogste was.
Ek het nog nie 'n foto geneem nie maar jy behoort die meeste op hulle (Thule) web te kry. Indien daar nog iets is vra net.
Item Description Qty Rate (Excl. VAT) Total
TR753 Thule Footpack Rapid Fixpoint 1 1,184.21 1,184.21
TR761 Thule SquareBar 2 Pack 1200mm 1 482.46 482.46
TK3077 Thule Kit Ford Territory 4dr SUV 04- 1 525.44 525.44
TBC532000 Thule FreeRide Bike Carrier 2 832.456 1,664.91
Sub 3,857.02
Discount Cash/EFT -10.00% -385.70 S
Subtotal R3,471.32
VAT Total 14% R485.99
Total R3,957.31
Dankie Willem. Ek soek ook nog, moet 3 fietse saam ry. Dis net die hoogte wat my pla.
Geoetnis
Jaques
Met die 1080mm dra rak kan jy 3 opsit dan gaan dit jou net nog so 950 kos. Ja mens moet dit maar gewoond raak, gelukkig gaan ek meeste met die karavaan en dan is ek altyd versigtig waar ek in gaan.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Alias
- Chris M
- WilSur
- evert
- Noddy
- Rinus Lisse
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Janwillem
- Leon Botha
- MarkP
- Cheetah
- Spiderman
- Andries Pretorius
- Villa Wahnsinn
- Obie
- Kampklong
- Hendrik Craukamp
- ClaytonKleynhans







.jpg)


.jpg)

Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Jaco, tussen die haak en die neuskas is 'n goeie plek. Anders, op die kar se dak.
Rondawel Gasteplaas. Karoo.