Caravan Mover
Nuwe forum onderwerpe
Hi Almal
Ek het die kommentaar gelees oor die verskillende Karavaan " movers" en navorsing gedoen oor die pryse. Ek het nou al n paar "Caravan Movers" wat deur Erik van Durban verskaf word vir verskeie mense geinstalleer. Die "Caravan Movers" se prys is redelik en almal waarvoor ek dit geinstalleer het, is baie tevrede met die mover. Ek woon in Centurion en kan mense in die ongewing help met die installering van die "mover". Soos n vriend van my gese het, as jy dink die "Caravan Movers" is duur kyk wat kos n knieg of heup vervanging. Dit maak die lewe net soveel makliker.
Kontak my gerus op sel: 082 782 9132 vir raad of bystand.
Willie1
Sal graag wil weet na watter caravan mover tipe jy verwys jy kan installeer?
Dit is die sort wat n motor op elke wiel het ( nie die Jockey wiel nie.) In die Caravaan & Outdoor van September op Bl 102 en in Comet Caravans se advertensie opbl106 kan meer gesien word. Die Caravaan & Outdoor van Maart 2010 is daar n behoorlik artiekel oor die mover.
Hallo Willie welkom
Thanks FR
Hi Willie
Ek het n 2007 Palma, sal jy so n mover vir my kan instaleer ? Moet ek n grooter battery insit of kan ek my huidige battery gebruik.
Hi Almal
Soos n vriend van my gese het, as jy dink die "Caravan Movers" is duur kyk wat kos n knieg of heup vervanging. Dit maak die lewe net soveel makliker.
Kontak my gerus op sel: 082 782 9132 vir raad of bystand.
Knie of heup vervanging kos my niks nie -mediese fonds beataal daarvoor!
Sal by hulle uitvind of hulle vir 'n "mover" sal betaal - kan dalk net koste spaar vir hulle?
Heup - knie - skouer vervanging, dit kom glad nie in my gedagtes voor nie, al wat ek kan sê ! Dit is bleddie lekker om met 'n knoppie daar die wa rond te jaag sonder om aan hom te vat.
Dag Pensso
Ja ek ek vir jou n mover insit, gee proebleem. As jy meer as n 100AH battery in het is als reg. gewoonlik het die Palma n mooi groot battery in.
Net n vraag. Hoekom is dit net Willie1 wat sy pryse op die forum bekend maak? Is die ander verskaffers skaam vir hulle pryse? Ek weet ingevoerde produkte is nogal duur.
Dag Pensso
Geluk met jou besluit, hoopjy geniet die nuwe speelding
Manne
Ek sien dat julle hier sê dat dit net Willie is wat pryse op die forum meld, ek het ni geweet of ek mag pryse opsit nie, so ek gaan maar die kans vat.
Die Prys op die Powrtouch Mover beloop so R16400-00 vir die volle installasie, dit sluit dan die battery, battery box, charger en die mover in.
Daar is ook nie n prys veskil tussen die dubbel as en enkel as waens nie, al wat verskil is die Control unit en die rollers.
Die Powrtouch mover is Fully automated, parte is geen probleem om te kry nie en is dadelik beskikbaar en daar is n 5 jaar waarborg op die mover. Die mover het actuators op wat die rollers met behulp van die remote na die wiele toe druk.
Glo my hierdie is een van die stillste movers wat daar is.
Hi Pensso
Ek het jou tel nommer verloor, kan jy my skakel asseblief.
Dankie
Willie
Hallo Willie
Ek het n 2002 Palma. Die wa staan in Rustenburg!!!
Soos ek verstaan doen julle die instaleering sommer daar waar hy staan.
Sal jy gewillig wees om die Rustenburg to te ry?
Dankie
R16 000 vir n motortjie en n paar ratjies om die wa rond te skuif was vir my bietjie te duur gewees.
Met n begroting van R1000 het ek vir my een gebou wat heel goed werk.
Hier is n video clip wat ek gemaak het van die oukie.
http://www.youtube.com/watch?v=IUPSb_egc4I
Hy bestaan uit n klein 600W 220volt boortjie, 2 quad bike wiele en n ou ratkas wat uit n industriele vleis meultjie kom. Dan is daar n lekker dik kettang en 2 industriele ratte. (een groot en een klein om die ratkas nog stadiger te laat draai.)
Ek het die kontroles van die boor af gehaal en dit verplaas na die hefboom. Sodoende kan ek die 'variable speed controller' gebruik asook vorentoe en agtertoe.
My oprit was redelik skuins, (1:
en die 2 wiele het goed greep gehad en die boor het genoeg wringkrag ontwikkel deur die ratkas.
Alles tesame was omtrent R1200 gewees.
Die ander lekkerte is dat ek die karavaan se 'inverter' kon gebruik het as ek wou om die boor aan te dryf in plaas van om n krag draad iewers hoef in te prop.
Wow JD - dis nou 'n plan!!!!

Kan ons maar bestel by jou? 
@ JD, as Deon Joubert hierdie draad raaklees dan bou hy definietief ene !!!!!!!
Dag Dirk
Ja man Rustenburg is nie so ver nie, ons maak gou n draai. Skakel my by 082 782 9132 dan maak ons n plan
JD, ek wonder sommer hoe ver mens sal kom met 'n sterk DC battery boor?
Gehoor hulle lewer beter torque teen lae revolusies...
Dis nice DJ net n paar vrae;
1. Hoe sien jy langs die karavaan en agter hom as jy ry?
2. Hoeveel kos die 600W 220volt boortjie?
3. Hoeveel kos die quad bike wiele ?
4. Hoeveel kos die ratkas ?
5. Hoeveel kos die dik kettang en 2 industriele ratte?
6. Waar sal mens al die goed kan koop?
Ek stem saam met JacquesR n DC motor is baie sterker as n AC boor.
Net nog n vraag, wat doen jy met jou mover as jy gaan kamp? Ek sukkel klaar om plek te kry vir die spaarwiel wat altyd in die pad is.
Ek is bly om te sien daar is nog mense wat hulle eie planne kan maak.
1. Ek het gelukkig nie nodig gehad om agter die wa hoef te geloer het nie. My probleem was dat ek die wa by die hek moes in stoot en dan onmiddelik 90 grade swaai om hom op die grasperk voor die huis te kry. My Ford Ranger kon nie so skerp draai nie. Terwyl ek die wa in stoot was dit wel maklik om langs die wa te sien wat aangaan. Net nie agter nie.
2. Die boor was een van daai wat n mens by Builders Warehouse koop vir R80. Hulle verkoop sulke goedkoop bore elke nou en dan.
3. Ek het R100 betaal vir die twee wiele. Ek het van motorfiets winkel tot motorfiets winkel gery op soek na een wat n stukkende quad het en bereid was om van die wiele te verkoop.
4. Die ratkas het ek gekoop by die scrap mettals plek vir R15. Ek moes hom bietjie skoon maak en n roller binne in vervang, maar sy ratverhouding was voldoende gewees.
5. Die ratte en kettangs was die duurste gewees. Ek dink dit het by die R400 gedraai vir die parte.
Die 'mover' hoef gelukkig nie saam te gaan as ek kamp nie. Ek het hom net nodig gehad as ek hom in en uit die werf wil kry.
Dankie dit klink goed maar ek kan nie meer die wa rond stoot nie, so ek moet iets permanent he sodat die wa ooral kon rondry. Die mover (R11 400 ge-instaleer) wat Willie hulle insit werk goed vir my veral om hom op die regte plek te kry by die kampplek. Te lekker.
Willie,
Ek het ook die een van Erik laat insit, na 'n klomp (bekly) is die probleme uit gesorteer of so het ek gedink. By Hartenbos moes ek hom gebruik want die neus staan see toe en hy het goed gewerk, 3 weke later (laas Vrydag) na ons op gepak het en die karavaan terugstoot en draai het die "dam" ding my weer in die steek gelaat die een kant het weer net opgehou om te werk. soos die noodlot werk is die verdomde "fuse box" onder die banke geplaas en jy moet als eers afpak om daar uit te kom. Gelukkig kon ek die Ford in kry en die res met hom doen.
Die aand by Karoo N/Park het ons als van die bed afgepak om by die "fuse box" uit te kom, die linker een wat nie meer wou werk nie se "fuse" het warm geword en begin smelt maar nie geblaas nie. Ek het nie 'n spaar 30amp gehad nie en net die twee om geruil en daar werk dit weer.
Nou moet ek die karavaan weer al die pad Comet toe sleep sodat hulle na die probleem kan kyk ??? Dit is mos nie ek wat die probleem veroorsaak het nie, hoekom kan hulle nie na my toe kom nie ?
Dit is die soort goed wat volgens my die produk 'n swak naam gee.
Willem,
As ek jy was het ek die spulletjie Comet toe gevat, laat hulle afhaal en jou geld teruggee.
Jy dink jy het 'n mover, dan laat hy jou keer-op-keer in die steek. Ek weet ek het nie een nie en ek het ook nie geld uitgehaal vir dit nie.
Groete,
Jacques
Jacques,
Ek voel ook so, Jurgen van Comet het my reeds gebel nadat ek 'n e-pos aan Erik gestuur het en hom ge "Cc..." het (2x)
Nou moet ek weer als uitpak en op my onkoste en tyd die karavaan Boksburg toe sleep, dit is wat my ook dwars in die krop steek. Ek sal weer vanaand andwoord op my e-pos wat ek vir hulle gestuur het, ek hou nie van bel nie want dan het ek nie bewys nie en Comet hou nie van e-pos nie, wonder hoekom ?
Ek het dit nou eers hier geplaas nadat die draad weer lewe gekry het en dit Willie se draad is het ek gehoop hy lees dit want hy installeer dit vir Erik.
Willem,
Stem saam met JacquesR, ek sal aandring op my geld.
Ja ek stem saam.
Williem ja as ek die mover geinstalleer het sou ek na jou toe gekom het want dit is deel van die diens wat ek lewer, deur om die installasie by jou huis te doen.
As jy die Ford neem vir n diens en jy is nie teverde nie, dan neem jy hom terug, hulle kom nie na jou toe nie, of hoe?
Ek het jou laas sonder kostes uitgehelp toe ek hom vir jou hestel het. Ek het dit uit die liefde vir kamp maats gedoen. (Hieroor het jy geen kommentaar gelewer nie).
Ek stem saam n produk is dikwels net so goed soos die vakmanskap wat dit installeer.
Lekker dag
Laat ek maar eerder geen kommentaar oor Comet Boksburg op hierdie forum lewer nie....!
Mag dalk net in die moeilikheid kom. 
Willem, dring aan op beter diens! Voel 'n veer vir wat hulle van hou en nie hou nie.
Willie,
Jy sê jy stem saam ? met wat ?
Ek was onder die indruk dat Erik die koste sou dra want dit is sy produk en hy het vir my per e-pos gesê hy stuur jou, ek het toe vir hom gesê dat ek jou reeds gekontak het en dat en sy (Erik) se inligting verwysing by jou gekry het. Ek het wel genoem dat jy uitgekom het, gaan kyk na pos #70 by http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/raad-en-wenke/wat-s%C3%AA-die-vervaardigers-en-die-oorde/2011-jurgens-exclusive?page=2
Ek het nie 'n probleem met jou diens gehad nie en as jy die e-pos gehou het gaan kyk weer wat het ek gesê.
Om 'n voertuig terug te vat na aflewering omdat iets nie reg is nie is aanvaarbaar maar om dit na amper elke kamp te doen is nie vir my aanvaarbaar nie. Ek het soortgelyke probleem met Fors en hulle moet elke keer vir my 'n leen voertuig gee want ek kan nie heeltyd heen-en-weer ry nie. Sou die voertuig my in Hartenbos gestrand gelaat het het ek hulle van daar geskakel om die probleem op te los, moes ek dan vir Erik geskakel het omdat ek nie my karavaan kon uit kry nie, wel ek het maar self probeer plan maak. Hoekom is die probleem nie na die 2de keer uitgesorteer nie ?
Vra maar net as dit nie die eerste keer gedoen kon word nie.
Ek stem saam gaan terug Comet toe laat hulle afhaal en jou geld teruggee.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilSur
- evert
- Alias
- Chris M
- Noddy
- Rinus Lisse
- Anton le Roux
- Benzan
- Gyfie
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Janwillem
- Leon Botha
- MarkP
- Cheetah
- Spiderman
- Andries Pretorius
- Villa Wahnsinn
- Obie
- Kampklong
- Hendrik Craukamp
- ClaytonKleynhans






.jpg)







Ek sleep 'n 1999 Gypsey Rapier met 'n 2010 Hyundai ix35 R2.0 CRDi AWD A/T
Willie,
Welkom by die bakste forum.
Groetnis Dieter & Hannetjie Buitendag