Camper kappie/karavaantjie bou

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Ek het al voorheen op Ian se draad genoem dat ek werk aan die beplanning van 'n Camper kappie. Ek weet julle sleepmanne sal baie te sê hê maar daar is plekke waar sleepgoed nie toegelaat word nie.

Hier is my vordering. Die kappie gaan van die bakkie afgehaal kan word en dan sit jy tente aan hom soos aan 'n klein karavaantjie. Die bed is in die oorhang bo-op die kajuit en daar is plek vir kaste, yskas en 'n kombuis binne in. Die kombuis is ook van buite bereikbaar soos met 'n boswa. Daar is 'n 180l watertenk onder die vloer.

Weet iemand dalk waar ek die "jacks" kan kry wat die draai hansdvatsel aan die kant het?

Jammer ek sit die prentjies as aanhangsels maar ek kry dit glad nie reg om dit anders te laai nie. My rekenaar vries net as ek op die beeld byvoeg bo kliek.

 

 

AanhegselGrootte
Camper_op_Kingcab.jpg60.03 KB
Tents_pitched.jpg26.25 KB
Steel_drawing.jpg46.11 KB

Aanhegsels

AanhegselGrootte
Camper_op_Kingcab.jpg60.03 KB
Tents_pitched.jpg26.25 KB
Steel_drawing.jpg46.11 KB
Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1926
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Dit lyk baie goed jy moet maar die foto's opsit van die vordering

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Ski, Dit kan nog 'n tyd vat voor ek begin. Ek werk op die oomblik in Angola en eers as ek weer in SA werk sal ek begin. Weet nie wanneer dit sal wees nie. Is al 5 jaar so in Afrika. Eers in Mosambiek en nou Angola. Ek dink ek sal wag tot daar nie meer 'n regering in SA is wat my belastinggeld mors nie. Ha. Ha. Of as ek aftree oor so 12 jaar.

Riet Rot
Super sleper
Aangesluit: 08/03/2011
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Luanda
met 'n Soek nog

Hallo Johan.

Welkom hier, sien nou eers jy het hier ook aangesluit. Waar is die plekke wat mens nie mag sleep nie? Ek het bv. gesien toe ek onlangs oor die swartberg pas is, dat karavane en waens nie toegelaat word nie, maar ek weet van manne wat tog tot in die Hel met hulle waens is. So nou wonder ek, is dit 'n afskrik middel of polisieer hulle dit.

In elkeval, Jy sal fris jacks moet kry om daardie ding te lig en hom teveilig te laat staan, veral as julle in hom gaan slaap.

Ek het nou die dag 'n camper gesien wat soos 'n ambulans se bed agter op die bakkie inskuif. Sy bene is solied en dit lyk vir my na 'n baie goeie idee. Sal bietjie soek en laat weet.  Dan kan jy kyk of dit nie dalk beter sal werk nie.

 

Groete uit Angola

Wynand

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Wynand,

Ek weet van Sani pas wat jy ook nie mag nie en dan dink ek die Namibiese kus waar die manne op die strand ry en oor duine mag jy ook nie. Ek het op iemand se draad gelees van plekke in Botswana waar jy ook nie mag nie. Dit sal meer die woeste 4x4 plekke wees of waar baie sand is. Ek sal nie graag iets na Ponta Malongane of na Ponta de Oura wil sleep nie maar daar is tog manne met bote wat daar uitkom. Ek het gesien hoe 'n 4x4 karavaan met wenaste uit die sand daar uitgesleep moes word. Die probleem is as jy 'n steil optraande kry en jy het nie spoed om oor te gaan nie sit jy met jou broek op jou knieë as jy sleep. Dit is die hoofrede hoekom ek na 'n Camper wil oorskakel. Ook die gemoedrus om nie die hele tyd te sit en bekommerd wees of die wa hier agter jou nog reg is nie. Is die koëlaars nog reg? Is die bande nog reg?  Veral op paaie met slaggate soos baie van SA se paaie nou is nie. 'n Karavaan wat se band bars op 100km/h is nogal 'n skrikwekkende ervaring. Dit het 2 keer met my gebeur voordat ek na 14 duim bande verander het. Ook het ek eenkeer 'n steil lang bult afgegaan. Op pad na Durban van Pietermaritrzburg. My karavaan het insleep remme maar dit het gevoel of die karavaan die bakkie begin stoot. Die hele spul wou net begin swaai. Ek het dit reg gekry deur effens spoed op te tel en die karavaan regguit te trek. Gelukkig was ek toe onder en het die karavaan ophou stoot. Nee, kyk, sleep is nie vir sissies nie.

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 786
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Johan

Nog een is die Naude's nek pas net buite Rhodes in die ooskaap, mag jy ook nie met woonwa ry nie (so ver ek kan onthou)

Groet

Harry

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Johan,

Dit lyk sommer na 'n lekker plan. Jy moet net versigtig werk - sien jou beplanning is op 'n Hilux - gaan jy die Isuzu swaai?  

Ek het ook self my Hilux se volle Aluminium canopy gebou - tipies iets soos 'n Alu-Cab en ek is baie tevrede met my eindproduk en die koste was sowat halfprys.

Jou idee lyk baie naby aan die "Klipspringer". Kyk biki na hulle werf en veral die video hier: www.roro.co.za

'n Bakkie laat mens darem met soveel moontlikhede - wie wil nou 'n SUV hê?  

Geniet die projek en hou ons op hoogte!

 

Groete,
Jacques

 


 

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Jaques,

Ek sal uiteindelik die Isuzu verkoop. Hty staan al hier by die 300 000km. Of dalk hom moet weggee. Eintlik is dit 'n Forduzu. Het 'n Ford 3l V6 in laat sit toe die diesel opblaas en die manne wat hom herbou het, hom die 6de keer moes uithaal omdat die topgasket aanhou blaas het. Hy ry nou nogal lekker, baie stiller maar is maar lekker dors. Die Toyota wat ek die kappie op gesit het is 'n Dubaise weergawe wat ek hier in Angola as 'n werksbakkie het. Ek sal graag, as ek weer voltyds in SA is, 'n Nissan Patrol wil kry om die Camper op te sit. Tyd sal maar leer.

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 786
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

JacquesR

Wys bietjie 'n foto van jou Al. canopy wat jy gebou het.

Goete

Harry

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Dagse johan
Welkom op die forum as ek mag vrae waarvoor wil jy die jaks gebruik? Wil jy jou bakkie opjack of wil jy jou kappie opjack om af te haal?
Kampgroete
Ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Ben

Ek wil die jacks gebruik om die kappie op te lig en die bakkie onder uit te trek. Dan laat sak jy die kappie en sit tente aan. Dan is dit soos 'n klein karavaantjie. Die jacks gaan nogal stewig moet wees want ek dink die gedoente gaan dalk so 700kg weeg as hy gelaai is.

Riet Rot
Super sleper
Aangesluit: 08/03/2011
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Luanda
met 'n Soek nog

Johan Coetsee wrote:

Jaques,

Ek sal uiteindelik die Isuzu verkoop. Hty staan al hier by die 300 000km. Of dalk hom moet weggee. Eintlik is dit 'n Forduzu. Het 'n Ford 3l V6 in laat sit toe die diesel opblaas en die manne wat hom herbou het, hom die 6de keer moes uithaal omdat die topgasket aanhou blaas het. Hy ry nou nogal lekker, baie stiller maar is maar lekker dors. Die Toyota wat ek die kappie op gesit het is 'n Dubaise weergawe wat ek hier in Angola as 'n werksbakkie het. Ek sal graag, as ek weer voltyds in SA is, 'n Nissan Patrol wil kry om die Camper op te sit. Tyd sal maar leer.

Daardie Massey Fergussen enjins wat hulle lank terug in die Isuzu's gehad het kon die dode wakermaak met hulle gekletter.

Johan. Net 'n idee (Nie myne nie) Ek het ' ruk gelede  'n landcruiser gesien wat die ou die bak van afgehaal het. Hy het dit vervang met 'n plat bak. Toe bou hy vir hom 'n camper wat op die plat bak pas (Soortgelyk aan wat jy beplan. Die camper het bene gehad wat kon afslaan. Hy het vir die cruiser lugsakke agter geinstalleer.

As jy dan die camper wil afhaal, slaan jy die bene af en sluit hulle in posisie. maak dia camper los van die bak, laat die lug uit die lugsakke, die bakkie se gat sak en jy ry onder die camper uit. Met 'n plat bak hoef jy dan ooknie jou camper te beperk tot  wat die bakkie se bak jou toelaat nie.

Ek sal bietjie kyk of ek die ding kan opspoor en prentjies pos.

Groete uit Angola

Wynand

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Dagse johan
Iets waaraan jy kan dalk dink om te doen is om jou boonste raamwerk van jou kappie van stewige staal te maak wat jy dan kan doen gebruik 2 verskilende grote staal se bv 32mm en se 38 mm laat die een yster in die ander in kan gly dan maak jou raam van die groot een en die dunner een gly deur dan sit jy 3 sulke strats in. Wat jy dan kan doen sny 3 stukke wat deur die kappie kan gly sit n kettang aan hom en gebruik n blok en takel om hom op te tel. Jy kan dan n raamwerk maak om jou kapie op neer te sit as jy wil kan jy my pm dan kan ek jou nog idees gee
Hoop jy kom reg
Kampgroete
Ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Maans Kotze
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/10/2010
Inskrywings: 112
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mosselbaai
Ek sleep 'n Kamptoerusting met 'n Isuzu KB300 D/C 4x4

Dagse almal,

Daar is tog paaie waar jy niks mag sleep nie, so byvoorbeeld was ons ondervinding vanaf Mabibi na Kosibaai met die kuspad. Ons vriend moes sy boswa halfpad afgehak het, sleep was verder verbode,   ons het tot by Blackrock gery en weer omgedraai en die ompad geneem. Albei het maar voor en nadele. Die nadeel van 'n camper is weer as hy te hoog staan kan jy ook nie orals ry as gevolg van die hoogte. Ek dink maar weer aan Mosambiek, die pad deur die Maputo Olifantreservaat is weer so toegegroei dat ek by sommige plekke net-net deurgekom het  met my roofcarrier. In Swaziland by Hlane Nas. Park was weer oorsese toeriste met 'n  groot camper, hulle kon nie die paaie in die park gery het nie as gevolg van sy hoogte en die baie laaghangende bome in die park.

Dit is een van die redes hoekom ek kamp, jy is meer mobile.

 

 

Johan Coetsee
Groentjie
Aangesluit: 30/12/2011
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni
Ek sleep 'n Camppride met 'n Isuzu KB 280DT

Dankie manne vir al die raad.

Maans, Ek het sover as ek kan die hoogte in gedagte gehou. Die kappie sal so 500mm hoër wees as'die bakkie. So omtrend so hoog soos 'n dakrak met ammo kiste op. My eerste ontwerp was hoër maar ek het dit verander. Maar jy sal moet versigtig wees en aan hoogte dink as jy ry. Laat my dink aan die storie van ou Mike waar die verkeersman hom kry waarhy met 'n beitel en hamer aan die onderkant van 'n bruggie beitel. Die verkeersman vra vir Mike wat dink hy doen hy? Nee meneer jy sien my donkies loop elke dag hier deur en die brug is te laag nou skuur hulle ore deur. Maar hoekom grawe jy nie die sand weg onder nie? Meneer moet nou nie dof wees nie, dit is hulle ore wat skuur nie hulle bene wat te lank is nie. As my bakkie te hoog is sal ek maar die sand onder weggrawe.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Johan Coetsee wrote:

Ek sal uiteindelik die Isuzu verkoop. Hty staan al hier by die 300 000km. Of dalk hom moet weggee. Eintlik is dit 'n Forduzu. Het 'n Ford 3l V6 in laat sit toe die diesel opblaas en die manne wat hom herbou het, hom die 6de keer moes uithaal omdat die topgasket aanhou blaas het. Hy ry nou nogal lekker, baie stiller maar is maar lekker dors.

Mooi man - ek het sommer gegrap oor die Toyota!  

Moet asb net nie dat Arie hoor hoe mooi die Ford in die Isuzu loop nie - ons sal nie die einde daarvan hoor nie...  

 

Groete,
Jacques


 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Harry Du Randt wrote:

Wys bietjie 'n foto van jou Al. canopy wat jy gebou het.

Ek maak so Harry - ek soek net biki deur die fotos.

 

Groete,
Jacques

 


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2650
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

JacquesR]</p> <p>[quote=Johan Coetsee wrote:

Moet asb net nie dat Arie hoor hoe mooi die Ford in die Isuzu loop nie - ons sal nie die einde daarvan hoor nie...  

 

Groete,
Jacques

Jacques - jy is te laat mater - laankal gehoor/gelees, niks gese nie want ons almal weet mos nou al dat enige ryding baie beter loop met 'n FORD enjin as met sy oorspronklike motor??!

Terloops ek hoor volgende jaar se FORDS gaan uitkom met die Tumbler/Hilux motor ------- om die reen veers aan te dryf!

Nog so terloopsie - ek besit op die oomblik GEEN FORD meer nie, nou net die ou Pajerotjie, mense kan julle vertel dit is nie maklik om so af te skaal nie - my vroutjie reken ek moet 'n merc koop - maar wragtag ek het darem nog te veel self respek om in daai ding gesien te word - dan liewer 'n Land Rover, kan dan  minste maak of ek deel is van 'n kult!

Hier kaap ons alweer die man se draad!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Arie wrote:

Jacques - jy is te laat mater - laankal gehoor/gelees, niks gese nie want ons almal weet mos nou al dat enige ryding baie beter loop met 'n FORD enjin as met sy oorspronklike motor??!

...dan liewer 'n Land Rover, kan dan  minste maak of ek deel is van 'n kult!

Land Rover....    O hel oom Arie - dis nou "issues". Ons moet praat - DRINGEND!!!

Klaar gekaap.

 

Groete,
Jacques

 


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2650
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Jacques - LOL!!!!!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Kamp Groete

Chris de Wet

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 60 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Chris M
  • evert
  • Noddy
  • Rinus Lisse
  • Anton le Roux
  • WilSur
  • Benzan
  • Gyfie
  • jacquez haywood
  • WilleWillemien
  • Janwillem
  • Leon Botha
  • MarkP
  • Alias
  • Cheetah
  • Spiderman
  • Andries Pretorius
  • Villa Wahnsinn
  • Obie
  • Kampklong
  • Hendrik Craukamp
  • ClaytonKleynhans

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.