Boswa Projek
Nuwe forum onderwerpe
Vir meer as 'n jaar beplan ek al om vir my 'n boswa te bou en dit het uiteindelik realiteit geword hierdie jaar. Ek deel dit graag met julle. Die wa is klaar gebou so kommentaar en voorstelle gaan op dowe ore val, ongelukkig.
Die eerste paar foto's wys die bouproses deur Nico.

.jpg)
Die raam en onderstel klaar gebou en gegalvaniseer. Reg vir my werk om te begin.
.jpg)
wat het dit sover gekos??
Dit lyk baie goed. Nou moet jy begin![]()
My eerste stap was om die onderste gedeeltes waar ek 'n groot laai gaan insit, te bou. Ook die boks vir die batterye met die versterkings vir my kaste wat boontoe gebou gaan word. Het ook die kas gebou waar ek my waterkanne (of ander goed) sal stoor.
Edward, die basiese wa het my so 23k gekos. Dit sluit die registrasie, galvanisering en die ekstra spaarwiel in. Dit is vir 'n 1,6t rubax as met inloop remme.


.jpg)
.jpg)
Dit lyk baie netjies. Is daar nog foto's?
Oscar,
Sommer baie mooi, en dit lyk na 'n kamperige ding, en dis al wat saak maak.
Met my volgende stap het ek begin om van die buitepanele op te sit met die ligte. Ook sommer die ligte se bedrading gedoen. Het ook begin met die inbou van die kombuis en klere kaste.


Dit lyk sommer al kookwater!! ![]()
Ek volg verder met belangstelling.
Groete,
Jacques
Kaste aan die kobuiskant ingebou en "slides" vir laaie ingesit.



Dit lyk goed...moet ons net nie so laank laat wag tussen foto's sos Bos Toe se projek nie.
Groete
Benji
Kookwater werkstuk daai van jou, ons wag in spanning om te sien hoe lyk die eind produk!!
Eks klaar jaloers!!!
Die kombuis kaste vorder en redelik klaar. My stoof kan ek wegstoot as ek dit nie gebruik nie en sodoende meer werkspasie hê. Aan die linkerkant onder sal die yskas om "slides" loop.



Die slaapkamer kant. Elkeen in die familie kry twee van die kratte om sy klere in te pak. Dan is daar darem nog pakplek bo. Onderste foto wys waar al die elektrisiteit van beheer gaan word (insluitende die 12V sisteem). Die kas aan die regterkant is ʼn hangkas.




Nou ja toe, kyk vir so `n Kapenaar!
Pieter, in die Kaap het ons tyd om sulke goed te doen! 
Dit lyk goed...moet ons net nie so laank laat wag tussen foto's sos Bos Toe se projek nie.
Groete
Benji
Ek regtig jammer Benji
Die wa lyk goed. Dit maak my skoon groen as jy so kan vorder en ek nie
Baie mooi, ek is jaloers!!
Oscar
Heel van die onderwerp af maar waar is julle hoe mure en hekke om julle huise?Duidelik bly julle nie soos ons in tronke hierbo in die Transvaal nie,ek sien daar is darem diefwering voor die vensters,of is dit net om die kinders binne te hou?LMGA 
Terug by jou wa dit lyk heel windgat,ek sien die ketel is darem al in gelaai vir n lekker koppie koffie.
Baie netjies. Hou baie daarvan.
Groete
Ons bly in 'n sekuriteits kompleks. Die dat daar nie mure voor is nie. Maar oor die algemeen het baie minder mense in die Kaap hoë mure voor hulle huise. In die Kaap is daar ook 'n beperking van hoe hoog daardie muur mag wees (maks 1,8m) en dan mag hy ook nie solied wees nie (aan die straat se kant).
Die tent is op! Ook die groot laai onder ingesit. Hierdie laai kan vier ammo bokse vat en dan is daar nog pakplek oor. Ook die laai vir die yskas ingesit.


Bakgat ek se jou!!!
Ja, gaan vanaf die 1ste Jan Knysna en Wildernis (Ebb en Flow) staan. Ons het die naweek wat verby is vir die eerste keer gekamp (teen die Breede Rivier) en hom getoets.
Deure is aan. My klap deure het ek in twee dele gemaak. Die opening is 700mm en dis bietjie te veel vir my vrou wat kort is. Ek wou ook nie die slotte op die flap wat afslaan gehad het nie want dis net in jou pad. Dus maak ek eers die onderste flap toe en die boonste klein flap vang die onderste flap en ek sluit alles (hoop dit maak sin). Die boonste flappie is op 'n "gas lift" en maak lekker oop tot die regte posisie. Onder die flap het ek LED's ingesit. Nou skyn my ligte lekker af op my werksoppervlakte sonder dat dit in jou oë skyn. Sal later 'n foto daarvan plaas.
KRAG: Alhoewel ek 220V het wat inkom na 'n DB, hardloop alles in die waentje op 12V. Deep Cyle batterye is in wat hardloop na 'n sentrale skakelaar en dan na 'n "fusebox". Hiervandaan hardloop al die bedrading na al die llgte in die waentjie assok die yskas. Elke opening in die waentjie het ligte en is op sy eie skakelaar.


Foto's van die ligte. Op die derde foto kan die skakelaars gesien word wat lekker laag sit sodat die kinders dit kan bykom.





![]()
Wow!! ![]()
@Oscar dit lyk baie goed sover....ek weet nie of jy paie 4x4 gaan doen nie...maar gaan jou onderste laai nie water in kry as jy dalk deur 'n dieperige Water krysing gaan nie?
Groete
Benji
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Rinus Lisse
- Chris M
- Anton le Roux
- Noddy
- WilSur
- Benzan
- Gyfie
- evert
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Janwillem
- Leon Botha
- MarkP
- Alias
- Cheetah
- Spiderman
- Andries Pretorius
- Villa Wahnsinn
- Kampklong
- Obie
- Hendrik Craukamp
- ClaytonKleynhans












.jpg)


Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4
ek wou se "baie netjies". maar aangesien jy jou nie daaraan gaan steur nie sal ek maar stilbly.
groete
edward