Vervanging van batery - Garmin 710 series
Nuwe forum onderwerpe
Hi Kobus
Garmin SA (Voorheen Avnic) kon my nie help nie. Ek het begin Maart 'n battery bestel by:
http://www.batteryship.com/htmlos/htmlos.cgi/batteryship/catalog.html?vendor=Garmin
Prys was ongeveer $19.
Ons is sedert 10 April in Scottburgh Woonwapark. Die battery het intussen gekom en wag vir my in Nelspruit. Ons behoort so 15 Julie weer tuis te wees dan sal ons sien hoe maklik die vervanging gaan wees. Ek het al riller stories gehoor oor die probleme om die ding oop te maak
Daar is 'n video beskikbaar by :
www.youtube.com/watch?v=nPxTomvmzyI
wat wys hoe dit gedoen word.
Groete
Kobus,
Ek het gou weer geloer. Die nuvi 710 battery moet bestel word by:
http://www.batteryship.com/htmlos/htmlos.cgi/batteryship/catalog.html?item=361-00019-11&model=Nuvi+710
Nie by die adres wat ek voorheen vermeld het nie. Jammer.
Middag Oom Chris,
Gewonner wanner die pers bosluis die aas gaan vat.
Na ons gesprek daar op Scotties het ek die propellerkoppe hier by DENEL gevra maar nie een van hulle moes al batterye vervang nie en kon nie help nie.
Geniet die laaste paar dae en ons gesels hier oor die naweek voor julle terugsleep Mbombela toe.
Andre
Dagse JC / Chris
Dankie vir die waardevolle inligting. Ek sal dadelik werk maak daarvan en een bestel. Dis nogal n geneukery sonder n GPS as jy die ding eers gewoond is.
Groete
Kobus
Werk hy nie van die sigaretaansteker in die kar ook af nie?
Goeie vraag, Willem.
Ek het sowat 'n jaar gelede die geval gehad waar my Nuvi 710 morsdood was. Naderhand het ek hom vir 'n paar uur op sy laaier (Nie die een wat deur die rekenaar werk nie) gelaai en van toe af gebruik ek hom nog in die bakkie. Die battery hou omtrent vir 2-3 minute as jy hom op sy eie krag probeer gebruik.
Klink soos myne. Sy battery is lankal moeg. Kan hom net in die kar of die aparte laaier gebruik
Klink my die Nuvi710 het almal battery probleme gehad?
Soos voorheen vermeld, ek het 'n battery bestel by http://www.batteryship.com/htmlos/htmlos.cgi/batteryship/catalog.html?item=361-00019-11&model=Nuvi+710
Die koste was $21 plus R42 Aksyns belasating.
Die vervanging was heel maklik met die gereedskap wat saam met die nuwe battery verskaf word. Dit het ongeveer 10 minute geneem en my sig is nie vd beste nie.
Wees net geduldig en versigtig. Ek dink die oefeningkie was 'n reuse sukses.
Verskaffer: Newpower99.com
PO Box 180956
Dallas TX 75218-0956
USA
Hi Chris
Eweneens, ook bly om die pers bosluis weer te sien. Ook bly julle is veilig terug in Nelspruit.
Ons arm-gatte koop maar eerder TOMTOMs, hulle benodig nie batterye om ingevoer te word nie ! Vir die prys van 'n ingevoerde Garmin battery koop ek amper 'n nuwe TOMTOM !
Mooi dag
Len
Hi Len,
Wag maar tot jy 'n nuwe "piston" of iets dergeliks vir daardie TomTom se stoomenjintjie moet koop, dan sal jy sien wat kos dit (As jy die spaarpartjie kan kry).
Groetnis
Die koste was $21 plus R42 Aksyns belasating.
Hallo Chris,
Dankie vir die terugvoer, het jy posgeld betaal op jou bestelling? As ek wil bestel dan daar nog $27.95 US by vir posgeld
Groete
Hi Danie,
Nee, die $21 het die posgeld ingesluit wat deur die verskaffer betaal is.
Het jy die adres probeer wat ek verskaf het?
Groetnis
Hallo Chris,
Ek het jou addres hierbo net so ge paste in explorer, die posgeld is gratis in Amerika maar internasionaal moet jy USPS se diens gebruik teen $27-95 US
R350-00 is darem seker nog beter as om 'n nuwe Nuvi te koop en ek dink nog steeds die 710 is tops vir my gebruik
Groete
Kyk gerus ook na die link
http://www.batteryupgrade.com/shopBrowser_search.php?searchphrase=Garmin...
Posgeld in die prys ingesluit ...
Hallo Keith,
Dankie vir jou inigting, ek het daar gekyk en dit werk goedkoper uit, hulle het net nie die gereedskap stelletjie by nie maar dis nie 'n probleem vir my nie. Ek het 'n battery bestel so nou wag ek maar om te kyk wat kom die kant uit, ek sal hier terugvoer gee as die battery gekom het
Dankie Almal en lekker dag
Hi Danie,
Jammer, my verskaffer is blykbaar nie baie konsekwent nie. Miskien het hy nie geweet dat Suid Afrika nie binne die VSA sit nie
.
Laat asb weet wanneer die battery hier aankom.
Groetnis
Hallo Chris,
Ek vermoed die verskaffer wat jy gebruik het het van tyd tot tyd dalk speesiale aanbiedings waar hulle dan die goed kosteloos pos, ook na die buiteland
Ek hou maar asem op vir my bestelling want ek sien hulle gebruik Hong Kong posdiens! Netnou 'n e-pos van die verskaffer gekry dat my pakkie gereed is en vandag aan die posdiens oorhandig word vir versending en aflewering
Hoe lyk die batery krag nou op Nuvi, kan hy darem weer langer as ses minute op die battery werk voor hy begin kerm die battery krag is laag?
Ek sal terugvoer gee hier sodra ek die battery gekry het en hy geinstaleer is
Dankie en groete
Danie,
Tot my skande het ek nog nie sover gekom om die nuwe battery lewe te toets nie. Sal laat weet sodra ek dit gedoen het. Wat ek wel sien is dat hy nou sowat 5 minute aan is en nog nie beweeg het vd vol merk nie. Vorige een het minder as 'n minuut in totaal gehou.
Kyk solank na:
www.youtube.com/watch?v=nPxTomvmzyI
Groetnis
Hi Danie
Het Hong Kong se posdiens al iets opgelewer?
Hallo Keith,
Ek dink ons bietjie haastig, hulle praat van normaalweg sowat 'n week na Europa so ons gaan dalk bietjie langer wag. Ek gaan netnou ry dan sal ek sommer by die posbusse stop en kyk. dit sal interessant wees om te sien wanneer hy hier aankom. Ek sal julle op hoogte hou
Groete
NS: Hy gaan natuurlik nog 'n entjie saam met SAPO ry ook! Ek het eenkeer 'n storieboek van Jefferiesbaai af bestel. Dit was nogal interessant om elke dag op SAPO se Track & Trace die ou boekie te volg tot in Nelspruit?? toe na Vanderbijlpark via Johannesburg en van Vanderbijlpark na Vaalpark (al ons Vaalpark pos gaan deur Vanderbijlpark)
Hallo Keith,
Groot verrassing in die posbus vandag! EK het die battery die 20 Julie bestel en betaal, vanmiddag (3 Augustus) toe is die koevertjie met die nuwe battery in my posbus. My totale koop prys was R 221-37 en daar was nie invoerbelasting by nie. Ek het nog 'n pasella plakker bygekry wat ek op die Garmin se skerm kan plak om die raakskerm te beskerm en nog 'n balpunt pen ook
Ek dink 14 dae is heel puik diens so ek kan die ouens ook aanbeveel
Baie dankie vir die "link" en dankie aan Tyro ook vir sy inligting
Groete en bly op koers
Hi Danie
Ek is net bly dat jy die battery ontvang het en gelukkig is daarmee. 14 dae klink heel billik aangesien dit party keer net so lank vat in SA.
Hallo Julle,
Tyro, ek het die Nuvi se battery volgelaai en toe aangeskakel, sommer 'n bestemming gekies sodat hy moet probeer navigeer en hom toe gelos op battery krag Na 1 uur en 40 minute was nog een van die vier balkies groen en die "Battery Low" boodskap het aangekom Aansienlik beter as die 10 minute wat ek deesdae uit die ou battery gekry het!
Groete
Dankie vir die inligting, Danie. Ek is bly jy het maklik reg gekom. Het jy enige probleme ondervinf om die GPS oop te kry vir die vervanging?
Groetnis
Hallo Tyro,
EK moet sê die deksel sit nogal stewig en ek het maar met my knipmes se bree plat skroewedraaier lem so heen en weer gewerk van die middel af, Die kant waar die twee skroefies sit. As jy by die haakies kom dan werk jy hom maar so bietjie en verder haal jy maar diep en stadig asem en hoop vir die beste! Ek dink as jy van hierdie plastiek kafee messe en die lem naby die steel afsny behoort jy ook lekker te kan inkom om die deksel te lig
Die battery is vasgeplak aan die deksel en jy moet hom ook maar baie versigtig met 'n bree plat voorwerp skei van die deksel sonder om 'n gat deur die deksel te druk
Ek het vir my 'n stelletjie skroewedraaiers gekoop wat 'n #5 Torx bit insluit om die skroefies los te maak
Dit was so bietjie moeite maar ek is bly ek het dit gedoen
Groete
Hallo Julle,
Interessante probleem met my Nuvi 710, Ek het op gegradeer na die nuutste streetmaps 2011rev 2. Die Nuvi raak traag om sy kaarte te laai (soms tot 15 minute voor jy hom kan gebruik)
Maandag aand skakel hom aan in The Reeds (Rooihuiskraal) en skakel hom na bietjie meer as twee ure later hier by die huis af en al wat heeltyd op die skerm was is die Garmin logo en loading maps.....
Skakel gister vir Garmin en Jacques sê toe ek moet die geheeu kaart uithaal en weer probeer, sonie moet ek die eenheid intsuur vir herstel.
Ek het die kaart verwyder en nou is hy binne 'n minuut of minder gereed vir gebruik! Hoop dit kan dalk help as iemand vorentoe die probleem kry
Groete
Hallo mede Nuvi 710 vriende,
Dis lekker om 'n plek te hê waar goeie raad te kry is.
Ek het ook vreeslik gesukkel om inligting te kry van Cape Union Mart en Outdoor Warehouse.(hier in PE) Beide wou hê ek moet die ou masjientjie instuur om battery te vervang, maar kon nie vooraf sê wat die koste sou wees. Een vra self 'n minimum hanteringsfooi van R200 + koste van onderdeel. Ek oorweeg nou eers of ek gaan vervang want ek weet nie of die kool die sous werd is nie.
Groete
Hallo Danie,
Ek het ook die probleem met die stadige laai van die kaarte alhoewel ek nog nie kaarte opgegradeer het nie. As ek die geheue kaart uithaal dan kry ek "unable to read maps" boodskap. Watter raad is daar vir dit, want ek sal ook graag 'n groter geheuekaart wil insit.
Groete
Swannie
Hallo Swannie,
Welkom hier op die forum, hoop jy gaan nog sommer lekker kuier! Ek vermoed jou Nuvi lees sy kaart direk vandie geheeu kaart af, daar is 'n metode om die kaart oor te plaas na die Nuvi se geheeu en dan kan jy die kaart uithaal
Ek wil voorstel dat jy Garmap bel by 0861 427 627 dan sal hulle vir jou stap vir stap verduidelik hoe om die kaart oor te laai
Die ander opsie is om 'n groter geheeu kaart te koop en die bestaande kaart se inligting via jou rekenaar oor te laai na die nuwe kaart toe. As jy die nuwe kaart nou insit sal hy hom weer lees maar dalk gaan die spoed nog die selfde bly
Hoe oud is jou 710 en watter weergawe kaart het jy op hom?
Groete en laat weet watter weg jy gaan volg
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- Benzan
- jacquez haywood
- WilleWillemien
- Rinus Lisse
- Chris M
- Janwillem
- Leon Botha
- MarkP
- Noddy
- Alias
- Cheetah
- Spiderman
- WilSur
- Gyfie
- Andries Pretorius
- Villa Wahnsinn
- Obie
- Kampklong
- Hendrik Craukamp
- ClaytonKleynhans








.jpg)


Kontak Avnic by 011 251 9800. Hulle is die nasionale agente van Garmin