TomTom spoedbeperkings

Wessie79
Groentjie
Aangesluit: 04/05/2011
Inskrywings: 16
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n My Tent met 'n Chevrolet Optra

Hello julle

Ek het die Tomtom 630 GPS gekoop en is dood gelukkig met hom. Die enigste nadraai is die feit ek moet self orals die paaie se spoed opstel. Weet iemand dalk waar ek n fix of iets kan aflaai om dit eenmalig reg te stel?

Hou koers - Leuse van alle Voortrekkers

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Wessie, eerstens baie welkom op die forum, hier gaan ons nog baie lekker kuier! Ek het ook 'n TT gehad en op die web, ek dink TTHome, aangesluit, hulle het , ek dink een keer per maand 'n tipe van nuusbrief na my ge-epos oor al die nuutste nuus ens. van TT. Gaan google bietjie en kyk wat jy kan raakloop daar. Ek het egter nooit enige moelikheid gehad met spoedbeperkings ens nie.

Ek is nou nie 'n boffin met die nuwe goed nie, pobeer net help.

Lekker sleep en Groete.

BEER!

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 782
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Wessie

Ek gebruik al vir 'n geruime tyd 'n TomTom en is baie in my skik met sy funksionaliteit.  Jy moet egter die "traffic information" jaarliks koop waarna jy dit bloot via jou rekenaar en TomTom Home webblad op jou GPS aflaai.  Jy kan dan weekliks jou "traffic information" op datum bring deur jou GPS aan jou rekenaar te koppel en in te skakel by TomTom Home. Jy moet jaarliks jou subskripsie hernu.

Len

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Wessie,

Ek het 'n TomTom Go 1000 Lve gekoop in Desember is baie gelukkig met hom. 

Ek het nie nodig gehad om enige data te laai nie.  Wat ek wel gesien het is dat daar van die minder bekende paaie se spoed nie gelaai is nie.  Hulle stel voor dat jy die TomTom aan jou rekenaar koppel en die nuutste kaarte, ens aflaai.  Jy kan dit soveel keer doen as jy wil vir die eerste 3 maande.

Ek is nie seker of jou TomTom TTHome gebruik of MyTomTom nie.  Indien dit MyTomTom is, word die data opdedateer direk van die MyTomTom webwerf af.

Dit is dalk 'n goeie idee om na Cape Union Mart toe te gaan en hulle te vra om te sien of die kaarte en data op jou TomTom op datum is.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Wessie79
Groentjie
Aangesluit: 04/05/2011
Inskrywings: 16
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n My Tent met 'n Chevrolet Optra

Baie Dankie Beer. Ek glo ons sal so doen ja. Dankie ek sal google so bietjie nader om meer uit te vind. Ek weet die TT start het alles klaar ingebou, maar die groter modelle sukkel so bietjie.

Hou koers - Leuse van alle Voortrekkers

Wessie79
Groentjie
Aangesluit: 04/05/2011
Inskrywings: 16
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n My Tent met 'n Chevrolet Optra

Dankie Len ek sal so maak.

Hou koers - Leuse van alle Voortrekkers

Wessie79
Groentjie
Aangesluit: 04/05/2011
Inskrywings: 16
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n My Tent met 'n Chevrolet Optra

Jacques ek gebruik Tom Tom Home vir my updates. Ek weet my kaart is so 'n jaar agter, maar dit kan tog seker nie die staande data beinvloed t.o.v die spoed lesings nie? Ons het wel ook intussen die TT 650 Live gekoop met die nuutste kaarte en hy het dieselfde probleem op egter.

Ek beplan egter om in Augustus my stelsel op te dateer met die nuutste kaarte en hopenlik is dinge dan reg.

Hou koers - Leuse van alle Voortrekkers

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 53 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • evert
  • WilSur
  • Noddy
  • Chris M
  • Rinus Lisse
  • WilleWillemien
  • jacquez haywood
  • Spiderman
  • Gyfie
  • Andries Pretorius
  • Villa Wahnsinn
  • MarkP
  • Obie
  • Kampklong
  • Cheetah
  • Hendrik Craukamp
  • ClaytonKleynhans
  • Alias
  • Gert Venter

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.