Raad met GPS

Cheetahs
Ou hand
Aangesluit: 07/02/2010
Inskrywings: 200
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Echo 1 met 'n 2004 Toyota Hilux 2.7i

Forumiete, ek soek weer raad.

As 'n mens jou GPS se kaarte wil opgradeer, is daar ander opsies behalwe die Cape Union Marts en Outdoor Warehouses van die lewe?  Dalk aflaai van die inernet af?

Ek luister graag.

 


It's mush in the bush!

Eddie Laing
Ou hand
Aangesluit: 11/01/2010
Inskrywings: 257
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone Botswana
Ek sleep 'n Jurgens Explorer met 'n Mitchubishi Pajero 3.0L SWB

Cheetahs

By die selfde Outdoor Warehouse of Union Mart sal jy die nuutste sagteware CD kan koop vir omtrent omenby +/- R20-00. Jy sal dan die CD laai op jou rekenaar en ook dan op die internet waar jy sal moet u un-lock code kry om die sagte ware wat op die CD te un-lock. Wie weet, dalk kwalifiseer jy vir u gratis update anders gaan daai kreditkaart hoes vir daai eerste update. Moet nie kyk vir hoeveel dit jou uit die sak gaan jaag nie maar wat jy alles met mapsours kan doen.

Die internet roete sonder die CD gaan jou nogal baie tyd vat en as jy u vinnige internet het gaan dit nogal vinnig. As ek jy is gaan ek eerder na die CD soek. Dit spaar jou eindelose fristasie as om dit oor die internet te doen.

eddie

Cheetahs
Ou hand
Aangesluit: 07/02/2010
Inskrywings: 200
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Echo 1 met 'n 2004 Toyota Hilux 2.7i

Dankie Eddie!  Groot waardering vir die raad.


It's mush in the bush!

Tobie d w
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/06/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda

Eddie,

 'n Mens die CD koop en op die rekenaar laai. Die kode op die internet kry om die sagte ware wat op die CD te un-lock, kan 'n mens die sagte ware op meer as een GPS laai.

Tobie

 

JurieV
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 23/06/2010
Inskrywings: 104
Gebruiker van lyn af.
Plek: Birchleigh; Kempton Park
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Mazda BT-50 3.0 CRDI Double Cab SLE

 Tobie

Vir elke GPS moet jy 'n unlock code kry.  Jy hoef egter net die sagteware eenkeer op jou PC te laai.  Daarna kan jy dit Transfer na die GPS nadat jy 'n unlock code gekry/gekoop het.

 

 

Jurie

Tobie d w
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/06/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda

Jurie,

Dankie vir die inligting.

Die volgnde vraag - as ek die cd in die buiteland koop, kan ek dit steeds un-lock vir my GPS. Watter ander risikos is daaraan verbonde om n cd vanaf die buiteland te bestel.

Tobie 

Eddie Laing
Ou hand
Aangesluit: 11/01/2010
Inskrywings: 257
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone Botswana
Ek sleep 'n Jurgens Explorer met 'n Mitchubishi Pajero 3.0L SWB

Tobie

Ja jy kan dit doen. Maak net seker dat die sagteware geseport word in SA. As dit u garmin produk is gaan daar nie probleeme wees on die sagteware te un-lock.Ek was gelukkig dat myne gepre-loaded was en ek sodoende hom updated hou. Kyk of jy jou GPS kan update met die volgende webtuiste.

www.garmin.co.uk

Ek het al my nuvi deur hulle ge update en het gewerk.Dit hang net alles af van wat se GPS jy het ok.

Eddie

 

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Tobie

Is jy in die buiteland ? hoekom wil jy dan die cd van die buiteland af laat inbring. DI cd kos baie min hier. Dit is die update wat duur is. Hoe oud is jou gps ? As hy nog nie n jaar oud is nie kan jy verniet update.

 Sien Julle by die boom !

Miss Daisy
Groentjie
Aangesluit: 29/03/2010
Inskrywings: 25
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Ek het nou oor die naweek met 'n vriend van my gesels en sy opmerking was dat Garmin net gemors is!  Nou ja, ek het self 'n Garmin en raak toe redelik opgewerk met die kommentaar, maar besluit toe om my soos 'n dame te gedra.

Met bietjie pols kom ek toe agter dat hy "pirated" sagteware gebruik met iemand se "unlock" kode.  Net daar toe verloor ek my cool.  Hoe kan jy nie die R20 vir die CD en die R345 vir die opgradering betaal nie.  Doen dinge op die regte manier!

Dit is dan seker ook die rede hoekom my nooit my raad wou volg in die verlede om net by Garmin 'n draai te maak nie waar hulle tegnici altyd behulpsaam is.

Mmmmm ....

Groete, Petra

It takes a woman to know the far side of everywhere

Ben Ras
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/01/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Ek het ook nou opgegradeer en glo my dit was die moeite werd, het die CD op Beeld vakansie skou gekoop, my ou Garmin is nou net soos die nuwes

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 51 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • WilleWillemien
  • evert
  • Chris M
  • Rinus Lisse
  • jacquez haywood
  • Spiderman
  • Gyfie
  • Andries Pretorius
  • WilSur
  • Villa Wahnsinn
  • MarkP
  • Kampklong
  • Obie
  • Cheetah
  • Hendrik Craukamp
  • ClaytonKleynhans
  • Alias
  • Gert Venter

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.