Na-verkoop diens by GAME
Nuwe forum onderwerpe
Ek het n Garmin Nuvi 1310 by GAME gekoop wat vooraf gelaai is met GARMAP 2010 SA Straatkaarte .
Die GPS het vanaf Start >>Turn on >> Cant Open Maps >>vertoon op die skerm & daar was geen kaart op die skerm >>selfde met al die ander kaart funksies.
Ek het die toestel terug gevat na GAME wat dit vervang het met n nuwe 1310 & wat perfek werk .
Ek gee GAME 10/10 vir Naverkoop diens
Ja, by Game het ons ook nog altyd puik naverkoopdiens gehad. As jy jou oorspronklike verpakking het en fakture en die produk is binne die waarborg, vra hulle nie vrae nie, gee jou geld terug en jy kan dadelik jou produk vervang. Het al 'n paar ketels so vervang, boormasjien grinder, drukker. Game is beslis tops.
Ook nog nooit probleme by Game gehad met artikels teruggee nie - soos Elize se, mens moet net jou papiere he.
Ja Game is beslis tops as dit by naverkoop diens kom. Doen graag besigheid met hulle juis daarom
Ja ek stem saam, hulle vra nie baie vrae nie! Ek het laas jaar voor die vakansie 'n portable lugversorger by hulle gekoop. Van dag een af het dit vreeslik water gelek, strome. Na die vakansie het ek dit teruggeneem en wou dit net omruil maar die voorraad vir die seisoen was uitgeput en hulle het my geld teruggegee.
Die jaar toe gaan koop ek weer een van dieselfde en lees toe nou maar die boekie wat ek gewoonlik nie doen nie en sal toe agterkom dat as ek die ding op "dehumidify" stel dit dan baie water mors! Ek het een in perfekte werkende toestand teruggegee!
Groete
Piet
Ja Piet dit gebeur maar met ons almal.Soos die slim mense se:R.T.F.M (Read the f@#$%n manual)
Daar mag miskien na-verkoop diens wees , maar diens in die winkel is daar regtig nie , ek was die afgelope naweek in Pretoria en in Game Menlyn, maar ai die diens daar binne , daar was nie, vra jy vir iets kyk hul jou so strak aan asof jy iets uit die buitense ruim aanvra , maar nou ja so kry elk seker verskillende reaksies by verskillende plekke.
leonc
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- evert
- Spiderman
- jacquez haywood
- Chris M
- Gyfie
- Andries Pretorius
- WilSur
- Villa Wahnsinn
- MarkP
- Rinus Lisse
- Kampklong
- Obie
- Cheetah
- Hendrik Craukamp
- ClaytonKleynhans
- Alias
- Arie
- Gert Venter
- Vrystater
- Spikkels





.jpg)




Ek sleep 'n 2002 Palma met 'n 2011 Toyota Hilux D/C D-4D Auto 4x4
Uitstekend, ek kan net sê, dat dit nie so algemeen is nie. Ek het vir 'n volle jaar lank gesoebat, geskel, lelik gepraat en toe op die uiteinde my sin gekry deur by die verspreiders te gaan kla, Trade Centre sien my nooit weer nie, al gee hulle die goed verniet weg.
Moenie vandag doen wat jy vir môre kan laat staan nie. In vino veritas.
WP FOREVER!