Aflaai van roete gery

DanieS
Nuweling
Aangesluit: 26/03/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durban
Ek sleep 'n 2011 Echo 4 met 'n 2010 Ford 2.5 DTi D/C 4 x 4

Ek wil graag die veld roete wat gery word aflaai of stoor op my Nuvi1200 vir toekomstige verwysing.

Die vraag is; kan dit gedoen word en hoe?

Iemand wat kan help asb

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Danie,

Ek het nou op Garmin se web gekyk en dit wil vir my voorkom of NIE een van die nuwe Nuvi reeks die funksie het wat jy soek nie (Dis nou die Nuvi 205 & 205 Wide, Nuvi 215 & 215 Wide, Nuvi1200, Nuvi 1300, Nuvie 1310 en die Nuvi 1410 asook die Nuvi500)  http://www.garmin.co.za/products.php?categoryid=12&subcategoryid=11

Ek sal graag wil hoor van eienaars van bogenoemde modelle of dit wel so is

Ek wonder nogal hoekom hulle die funksie weg ge vat het want ek het dit op Nuvi 710 en dit werk baie lekker veral die sogenaamde "breadcrumbs" funksie wat hy alles stoor waar jy gery het, jy kan as jy dit op die rekenaar aflaai tot sien die tyd, spoed en waar jy orals was. My seun het hom eenkeer geleen toe hy en sy pelle Pretorua toe was en toe hulle terugkom kon ek mooi op die kaart vir hulle wys waar hulle oral rondgery het en waar hule "ge-dice" het en hoe vinnig hulle op daai stadium gery het, sy maats het dit nogal geniet!)

Het jy jou Garmap kaart op jou rekenaar gelaai? As jy meer inligting soek kan jy vir my 'n PM stuur of jy kan ook gerus 'n mail stuur aan   support@garmap.co.za  hulle is baie vriendelik en hulpvaardig

Groete en kontak my gerus as jy nog inligting soek

 

Danie Pretorius

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 340
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Ek dink dit is net die Nuvi 500 wat jy dit mee kan doen (in die Nuvi reeks).  Van die ander "handhelds" kan jy dit mee doen en ek het die Garmin Edge 705 (fietsry) wat ek dit voor gebruik.

 www.kampsa.co.za

Eddie Laing
Ou hand
Aangesluit: 11/01/2010
Inskrywings: 257
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone Botswana
Ek sleep 'n Jurgens Explorer met 'n Mitchubishi Pajero 3.0L SWB

Danie

As jy Mapsours dan laai jy dit vanaf jou GPS na mapsours. As jy dit weer wil gebruik dan laai jy dit net weer terug op jou GPS en dit sal daar bly op jou mapsours todat jy ditdie dag gaan delet.

Eddie   

Derick van der Merwe
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Hallo Almal,

Ek wil net gou 'n paar van die terme duidelik maak.

Roete : Wat 'n mens beplan om te ry.

"Track Log / Breadcrumb / Track" : Waar jy gery het.

Al die huidige Nuvi modelle - Nuvi 1200 / Nuvi 1300 / Nuvi 1310 / Nuvi 1410 en Nuvi 500 - het die "Track Log" funksie. So jy kan dan nadat jy gaan ry het die "Track Log" aflaai na Mapsource / Basecamp.

Jy kan NIE weer die "Track Log" terug stuur na enige van die Nuvi's nie. Die enigste modelle wat die funksie het is die "Handheld Mapping" units. Bv Oregon,Dakota, Etrex ens.

Die enigste twee Nuvi's wat beplande "Roetes" na afgelaai kan word is die Nuvi 500 en Nuvi 1410.

So jy kan 'n roete beplan in Mapsource en dit dan stuur na bogenoemde eenhede.

Derick van der Merwe

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 50 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Gyfie
  • Cheetah
  • Chris M
  • Spiderman
  • evert
  • Hendrik Craukamp
  • ClaytonKleynhans
  • Andries Pretorius
  • Rinus Lisse
  • Kampklong
  • Alias
  • Arie
  • MarkP
  • Obie
  • Gert Venter
  • Vrystater
  • Spikkels
  • WilSur

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.