Waar om sleepwaentjie te koop (JHB area)
Nuwe forum onderwerpe
Hi daar.
Ek is op die oomblik in die mark om 'n nuwe sleepwaentjie te kry. Ek is nogals mal oor die Camp Master reeks wat by Game te koop is, wat wissel tussen R8000 en R11 000.
Ek wil net hoor, waar sal jul aanbeveel moet ek gaan kyk eerder (as daar dalk goedkoper plekke daar buite is).
Net bygese: dit is vir Tent-kamp gebruik, vir 'n klein familie (Pa, Ma, klein kind).
Enige voorstelle sal waardeer word.
Groete
Jeanne
lol ... te vinnig vir jouself Stofdonkie ...
Dankie in elkgeval vir die terugvoer.
Jeanne
Een van my kollegas het verlede week een namens 'n vriend ge-adverteer. Was regtig in 'n mooi kondisie vir 'n billike prys. Toe ek nou navraag doen is hy egter reeds verkoop. Skuus as ek jou verniet opgewonde gemaak het 
EINDELIK!!!. MYNE IN DIE MARK VIR R6000,00 OHB. POLOWANE. SLEGS 2XGEBRUIK. CELL 0823661028. VIR R6500 KRY U DIE TENT BY. NOG ANDER KAMPGOED BESKIKBAAR SOOS STRETCHERS. REDE VIR VERKOOP HET N JURGENS CAMP LIGHT WAENTJIE GEKOOP. DIS N 5VT WA SONDER TENT BO-OP MAAR MET NOSECONE NIE AFGESPER.
Gaan kyk gerus by 'n Jurgens handelaar na hulle sleepwaantjies. Ek sal eerder so-een koop as 'n Camp Master.
Die prys pas in jou begroting in.
Hang seker maar af watter grootte een jy soek. Mens kry kleintjie en heelwat groter bagasie sleepwaens deesdae. Ek het kliente wat immigreer wat 'n sleepwa het, Dink hule het hom nog net een of twee keer gebruik. Weet nie presies watter een dit is nie, dit was onder 'n seil toegemaak, maar dit lyk vir my soos hierdie klein venter sleepwaens met die nosecone. kan vir jou uitvind, hoeveel hulle soek, maar dit is definitief nie sos bv campmaster se town and country sleepwaens, se groote nie, bietjie kleiner.
Net so vir inligting. Campmaster se sleepwaens word deur Challenger gemaak. So jy sal dieselfdes kan koop by Challenger ook, net onder ander naam. Vergelyk maar die pryse.
Gaan kyk gerus by 'n Jurgens handelaar na hulle sleepwaantjies. Ek sal eerder so-een koop as 'n Camp Master.
Die prys pas in jou begroting in.
Hoekom? Jurgens is al vir jare bekend vir kwaliteits probleme. Hulle sleepwaens is ook maar 'n nuwe ding wat hulle probeer.
Aan die ander kant word Campmaster se sleepwaens soos genoem deur Challenger gemaak. Op die plaatjie en jou registrasiepapiere staan daar challenger. Dis net die stickers op die waentjie wat staan Campmaster.
Nou bietjie meer inligting. Gaan lees gerus Challenger se webtuiste. Jy sal opmerk dat amper al hulle direkteure se vanne Venter is. Ja dit is hulle wat die Venter sleepwaens gebou het al die jare en die Venter naam bo alle ander sleepwaens gesit het. Later is hulle oorgekoop deur iemand, maar hulle maak vandag steeds sleepwaens by dieselfde fabriek in Naboomspruit. Challenger. Of dis nou hoe dit aan my vertel is.
Spiderman, baie interesant, baie dankie vir die inligting.
Ek sien een van Challenger se takke is om die hoek van my, in Boksburg.
Ek wonder net of mens direk by hul kan aankoop.
Hul verskaf aan Game, en Makro en daai plekke, so natuurlik sit hul ook nog hul prys op.
Ek het oor die Desembervakansie langs mense gekamp wat een gesleep het en hom goed uitgekyk.
Modulêre onderstel met 'n Rubax in. Baie beter as die vaste-aste met die bladvere. Die waantjie is goed afgewerk en vertoon mooi. Dit was 'n 1.8m wa met 'n neuskas. Die mense het R9000 betaal en hy was nog nie 'n jaar oud nie.
PS, Oubaas, hulle bou beter sleepwaens as woonwaens hoor.
PS, Oubaas, hulle bou beter sleepwaens as woonwaens hoor.
Willie,
Hier is 'n draar waar die roes van splinter nuwe jurgens waentjies bespreek is.
www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/sleepgoed/sleepgoed/jurgens_xt_75_x120
Sommige van die CAMPMASTER produkte (wat onder andere by MAKRO beskikbaar is) word deur KARET vervaardig op Bothaville, soos die Pick & Pay produkte. Ek het die Campmaster Roadbuddy by MAKRO gekoop, en probleem gehad met deksel en neuskas deksel wat nie goed geseël het nie, en iemand van die fabriek by Bothaville het hom by my huis kom haal in Klerksdorp, herstel en weer teruggebring.
Baie goeie produkte (KARET), en die manier van bou is (vir my) beter as van die ander produkte en fabrikate.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Jeanne. Ja jy kan direk by hulle koop, maar jy gaan slegs 'n Challenger waentjie by hulle kan koop. Die Campmaster word op order deur hulle fabriek gemaak met die "branding" op. Maar soos gese dt sal dieselfde ding wees, net die stickers gaan verskil. Prys dink ek nie daar gaan veel verskil wees nie.
Dis reg Frans, sommige van die kleiner sleepwaens word deur karet gebou vir Campmaster. Ek weet want ek het touchup verf gesoek vir so brandewynvlekkie en dis hoe ek toe op die inligting gekom het oor wie die Campmaster sleepwaens bou. Is toe na Challenger verwys, vir my model. Ek sien egter deesdae dat sommige van die trailers by Builders sommer die Karet stickers op het en nie Campmaster nie.
Jeanee dis maklik, gaan na Makro/Game ens en gaan kyk op die trailer waarvan jy hou se kant sal daar 'n plaatjie op wees waar die gewigte ens aangedui is. Jy sal ook die maak van die vervaardiger daarop sien.
Dankie vir al die terugvoer. waardeer dit regtig baie.
Nog 'n "beginner" vraag.
Hoe bepaal ek die grootte sleepwa wat getrek kan word deur 'n voertuig ?
hahaha, het nog nooit eers 'n sleepwa gesleep nie, maar almal begin seker iewers ne?
Wel julle, as mens dan nou 'n "ervare" sleepwaentjie wil koop, is daar geen ander keuse as 'n Ventertjie nie. Hulle is per slot van sake die langste in die land.
Roes kan mens vinnig en effektief regmaak en ek sal eerder daardie "kans" waag vir die voordeel van die modulere onderstel en Rubax op die Jurgens.
So, julle, ek hou voet by stuk.
Ok jy moet kyk wat is die sleepwa wat jy koop se GVM. Dit sal ook op daai plaatjie staan. Dit is die maksimum gewig wat hy mag weeg(gelaai). Daar sal ook 'n tarra gewig wees(miskien net met 'n t aangedui). Dit is wat die sleepwa weeg sonder dat jy iets in hom pak. So hierdie is ook belangrik. want dit help nie jy koop 'n sleepwa wat se GVM 500kg is en sy tarra is 400 nie want dan mag jy net 100kg laai.
Die sleepwaens waarna jy kyk, sal nie sommer brieke op het nie, so volgens wet sal hulle maksimum GVM 750kg kan wees, maar meeste van die bagasie sleepwaens se GVM is minder as 750.
Nou om by jou kar uit te kom. As jou sleepwa nie brieke het nie, mag jou sleepwa se GVM nie meer as die helfde van jou voertuig se tarra wees nie. So gaan kyk op jou kar se lesensieskyfie. As jou tarra bv 1200kg dan moet die sleepwa wat jy koop, se GVM minder as 600kg wees. Ek dink nie jy behoort sommer 'n probleem met die goed te he as jy sommer net 'n bagasie sleepwa koop nie, behalwe as jou kar dalk iets klein soos 'n Atos, Spark, of een van daai klein goedjies is.
Wel julle, as mens dan nou 'n "ervare" sleepwaentjie wil koop, is daar geen ander keuse as 'n Ventertjie nie. Hulle is per slot van sake die langste in die land.
Roes kan mens vinnig en effektief regmaak en ek sal eerder daardie "kans" waag vir die voordeel van die modulere onderstel en Rubax op die Jurgens.
So, julle, ek hou voet by stuk.
Moet ook nie vergeet van die 750kg maks gewing nie. Dit los nie veel oor vir pakkasie nie, want die jurgens waentjies is maar swaar.
Die Ventertjies is al beproef oor 'n hele klompie jare, die jurgense is maar nog nuut in die game.
Jis, Spaaidie, hoe mors jy so met goeie goed
dat jy eintlik moet toeverf!!!!!!Brandewyn is mos nie te morse nie.!!!
Jeane, skuus vir die draadkaping!!!!
Groete.
Frans
Spiderman, baie interesant, baie dankie vir die inligting.
Ek sien een van Challenger se takke is om die hoek van my, in Boksburg.
Ek wonder net of mens direk by hul kan aankoop.
Hul verskaf aan Game, en Makro en daai plekke, so natuurlik sit hul ook nog hul prys op.
'n Vriend van my het Desember dieselfde Challenger as wat Makro verkoop onder die naam Campmaster, direk daar by Challenger se depot in Jetpark gekoop. Dit was goedkoper, maar vergelyk eers die huidige pryse want Makro het baie 'specials'.
Die depot kan ook dadelik veranderinge maak op ekstras opsit as jy dit wil aanpas.
Groete
waag vir die voordeel van die modulere onderstel en Rubax op die Jurgens.
Wat is die voordeel van die modulere onderstel en Rubax? Verifieerbare verwysings asb, nie enige prolonginspekteur se eie opinie nie?
Ek meen ek ken mense met stok ou Ventertjies wat nog nooit enige probleem met die onderstel, aste of bladvere gehad het nie, maar die goed is opgeroes. So wat is die grootste probleem met sleepwaens?
kom 'n nuwe sleepwae gewoonlik met 'n spaarwiel, of is dit 'n extra wat mens moet kry?
My skoonpa het in 2009 sleepwa shopping gedoen. Hy het op 'n 7 voet Challanger wa besluit. 'n paar van die redes was:
- Die wa se laaiarea is lekker hoog. Jy kan met gemak 'n kampyskassie inlaai.
- Die hoek van die vloer na die sy wande is 90 grade, nie soos Venter wat 'n skuins kant onder het nie. Dit help baie met ekonomiese laaiplek
Die een nadeel van die wa is dat hy nie uitskuif skarniere op die deksel het nie. As jy die deksel vir watter rede ookal wil afhaal moet jy die boute losmaak
Iets anders wat hy gedoen het was om die hele onderstel 'n ordentlike ruberising verf te verf om te help tee Chip Merkies.
Dis aan my oorvertel dat Venter die enigste wa is wat nie gewoonweg geverf word nie, maar dat hy ge Powdercoat word. Ek nie seker hoe waar dit is nie.
Ek meen ek ken mense met stok ou Ventertjies wat nog nooit enige probleem met die onderstel, aste of bladvere gehad het nie, maar die goed is opgeroes. So wat is die grootste probleem met sleepwaens?
My 7 voet Ventertjie is al 11 jaar oud en het al BAIE trippies gedoen oa na Mosselbaai, Namibie & die jagveld. Hy was al met tye so gelaai dat die bladvere reguit gestaan het. Nog nie 'n dag se probleme gehad nie en hy is nog ver van opgeroes. 
Cheetah, volgens my kennis word KARET ook "gepowder-coat" Ek het drukwerk vir die fabriek gedoen totdat hulle uitverkoop het aan Thule, Die een broer het aangebly by Thule/Karet, van die oorspronklike eienaars BP Implimente, wat van Koffiefontein af geskuif het Bothaville toe met die aankoop van Karet.
Groete.
Frans
Goed, het nou net terugvoering gekry van Challenger in Jet Park. Mens kan direk by hul aankoop, maar sy reken dat Game se pryse dalk beter kan wees, omdat hul groot maat koop.
Jeanne,
Met watter kar sleep julle?
Ek meen ek ken mense met stok ou Ventertjies wat nog nooit enige probleem met die onderstel, aste of bladvere gehad het nie, maar die goed is opgeroes. So wat is die grootste probleem met sleepwaens?
My 7 voet Ventertjie is al 11 jaar oud en het al BAIE trippies gedoen oa na Mosselbaai, Namibie & die jagveld. Hy was al met tye so gelaai dat die bladvere reguit gestaan het. Nog nie 'n dag se probleme gehad nie en hy is nog ver van opgeroes. 
Ons het ook 2 7voet ventertjies, beide is om en by die 20 jaar oud.
Die een se hele bak het aan die voorkant los geroes, meestal omdat hy gedien het vullis / vuilgoed waentjie en nie baie mooi opgepas was nie. Die ander een het omtrent geen roes op nie.
Nog net 1 keer die wielbearings vervang op beide. Niks anders nie.
Gewag dat iemand my dit vra .....
Jong, op die oomblik nie 'n voertuig om dit te sleep nie. klink snaaks, maar ons koop solank die sleepwaentjie in geloof, weet dan dat ons dit het, en dan oor 'n paar maande, 'n voertuig koop wat dit kan sleep.
Vroutjie ry op die oomblik 'n Atos, wat gans te pap is om enige iets te sleep.
Dis die punt. Enige ou kan enige ding breek as hy nie na hom kyk en soms so bietjie onderhoud doen nie. Maar as jy nou gaan kyk na die wat net ry waar hulle wil, geen onderhoud doen nie en die ding staan dalk buite, Dan is daar steeds niks fout met die as, bladvere of onderstel nie. So die roes is die grootste kans wat dalk jou waentjie kan vernietig as jy nie na hom kyk nie.
Ek se mos daai ou Venters is die beste en dat die mense wat hulle gebou het nou Challenger bou.
Gewag dat iemand my dit vra .....
Jong, op die oomblik nie 'n voertuig om dit te sleep nie. klink snaaks, maar ons koop solank die sleepwaentjie in geloof, weet dan dat ons dit het, en dan oor 'n paar maande, 'n voertuig koop wat dit kan sleep.
Vroutjie ry op die oomblik 'n Atos, wat gans te pap is om enige iets te sleep.
En wat het julle in die oog om te koop? Ek dink dit sal een jou bepaalende faktore wees. Ek sou byvoorbeeld nie die "grooterige" 7 voet koop as ek nie ten minste met 'n 1600 sleep nie. Ek sleep skoonpa sin met my Rebault 1.9dCi wat 'n absolute plesier is, maar maak geen fout nie, as hy vol toerusting gelaai is weet jy van hom.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gyfie
- Kampklong
- Andries Pretorius
- evert
- Obie
- Gert Venter
- Cheetah
- Alias
- Arie
- Vrystater
- Spikkels
- Spiderman
- Hendrik Craukamp
- Rinus Lisse
- WilSur
- Dirsa
- WilleWillemien
- Mariskab






.jpg)




Jeanne
As jy sou belangstel om 'n gebruikte waentjie te koop weet ek dalk van 'n mooie wat in die mark is.
Jammer, ek was te haastig. Hy is reeds verkoop