Help my met die kies van 'n sleepwa

Alphonso
Nuweling
Aangesluit: 05/04/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset Wes

 

Soos ek vroeer genoem het. Ek is in die mark vir een van die goedkoper 4x4 sleepwaens. Sal af en toe 'sagte 4x4 doen, met daktent en die normale 'basics'. Ek ken die Venter Bushbaby. Hoe vergelyk dit met die Venter Botswana en Camp Master se Wilderness 500 of is daar iets anders in die dielfde prysklas wat ek kan oorweeg. Ek ken die spesifikasies, maar stel meer belang in die algemene gebruik daarvan. Enige hulp sal waardeer word.

ferrari kamp
Ou hand
Aangesluit: 14/12/2010
Inskrywings: 230
Gebruiker van lyn af.
Plek: witrivier
Ek sleep 'n 1988 gypsey caravette 6B met 'n Isuzu KB250 D/cab D-teq

welkom alphonso.geniet die forum .

ongelukkig ken ek nie van die waentjies nie,maar glo iemand sal jou kan help.

 

  

 

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

GOEIE DAG ALPHONSO

WIL JOU NET WELKOM HEET OP DIE FORUM HOU MOET HIER SAL JY GOU GEHULPE RAAK HIER IS N PAAR MANNE WAT SULKE BOSWAENS HET HUL SAL JOU UITHELP

GROETE

BEN

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 787
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Kyk, die sleepwaens wat jy van praat is maar almal basies dieselfde. Soek vir jou enigeen wat jy die goedkoopste kan kry en gaan vandaar af.

Dis ook 'n goeie plan om die 2de handse mark dop te hou aangesien jy bargains kan optel. Ek het my Venter BB bv vir R23000 gekoop. Dit was net driekeer gebruik vir kamp en het kompleet gekom met 'n Howling moon trailertent. Moet NIE vir 'n rooftop tent op die sleepwa gaan nie. Dis geldmors.

 

Alphonso
Nuweling
Aangesluit: 05/04/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset Wes

Dankie vir die hulp. Wat is die verskil tussen 'n trailertent en 'n rooftop?

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Alphonso, ek het jou 'n PM gestuur

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Alphonso
Nuweling
Aangesluit: 05/04/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset Wes

Baie dankie vir die hulp, so ook vir die PM.

Dit het alles gehelp om my besluit in 'n ander rigting in te stuur.  Ek oorweeg baie ernstig die Jurgens XT120. Mooi was nog nooit lelik nie!!! My vraag is, is mooi ook goed? Dit is definitief een vd swaarder treilers. Ek sou sekerlik die XT75 gekies het as dit nie vir die 'payload' van slegs 265kg was nie.

Is dit 'n goeie treiler?

Ons beplan om Junie 2013 die Moremi in Botswana aantedurf. Ek ry 'n 3.0D Fortuner. Sal die Jurgens te swaar wees?

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Alphoso, jou Fortuner het genoeg krag vir die waentjie. Maak net seker van omdraaiplek as jy iewers moet ingaan. Dit sal ook help as jou Fortuner 4x4 is, Moremi kan nie sonder 4x4 aangedurf word nie.

Groete

Hans.

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 41 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • evert
  • Kampklong
  • Obie
  • Gert Venter
  • Gyfie
  • Cheetah
  • Alias
  • Andries Pretorius
  • Arie
  • Vrystater
  • Spikkels
  • Spiderman
  • Hendrik Craukamp
  • Rinus Lisse
  • WilSur
  • Dirsa
  • WilleWillemien
  • Mariskab
  • Francois Malan

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.