Studente motortjie.

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Hallo aan al die kampers.Ek weet ons het hier te doen met sleep goete ens.

Maar ek weet ook een of ander tyd is daar n' seun of n' dogter wat studeer .

Ek is op soek na n' voertuig vir my student dogter , iets kleins ,  lig op petrol , ens , en nie meer as R30 000  nie, Meganies darem nog goed , ek wil nie he sy moet langs die pad gaan staan as sy vir die naweek by pa wil kom kuier waar ons kamp nie.

Hierdie is nou maar n' klip in die bos , maar mens weet nooit.

Groetnis

Tinus

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 745
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Sterkte Tinus. Hierdie karkoop vir die kinders is altyd vir my n nagmerrie.My een dogter  het universiteit klaargemaak met n Mazda 323 sonder enige probleme, die ander met n opel kadette en my seun is nou eerstejaar met n toyota conquest.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Eich , so eks darem nie die enigste een wat deur die marteling van , studie , woonstelgelde en nou nog kar ook gaan nie. Toe ek studeer het moes ek maar klaarkom met n' ou dikwiel bicycle wat ek met my eie spaar geldjies moes gekoop het.

Groetnis

Tinus

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Tinus,

Dit is maar soos tye verander. Ek sal my oor op die grond hou en laat weet as ek iets hoor

Stoffel

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Al wee my kinders het klar geswot met 'n Beetle, ek glo nog steeds dit is die beste studente kar - bietjie swar op petrol maar baie betroubaar en maklik om reg te maak!

Hulle raak nou net baie skaars!

Kamp Groete

Arie

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Die probleem is met die ouer karretjies is, die ouens vra 'n mal prys vir hulle. My buurman het/gehad van die kewertjies wat hy wou verkoop na sy dogter klaar geswot het. Dit is van daardie jare s'n met die mags, en hy wou by die R20000 gehad het.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1842
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Voorspoed met die soekery Tinus. As jy nie ongeduldig is nie sal jy iets betroubaars in jou prysklas raakloop. Die Autofair Sondae by Menlyn in Pretoria is partykeer ook 'n goeie plek om te gaan soek. Privaat verkopers bring gewoonlik hulle karretjies soontoe om uit te stal. Kyk gerus by www.autofair.co.za

Was baie gelukkig om so maand terug die enetjie vir my matriek seun raak te loop vir R 12 000.

 

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Stofdonkie - ja ek vermoed die golfies neem seker oor by die Beetles?

Moet se so op die foto lyk sy nog baie mooi, jou seun is seker nie bietjie trots op sy wiele nie!

 

Kamp Groete

Arie

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1842
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Erg hoor Arie. Jy moet hom met 'n "crowbar" daar uitbreek. Smile

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 596
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Jislaaik Stofdonkie, slegs R 12 000 vir die mooi wa. Ek het altyd gesweer ek koop geen kar vir geen kind nie. Ek moes my eie koop, dus moet hulle ook maar self opsnork. Ek word toe in 'n karkoop geboelie deur vroulief en my oudste seun wat vir 'n bemarking maatskappy in Johannesburg begin werk het, en ons woon in Pretoria. Hy gaan GROOT geld verdien en my spoedig terug betaal.

Na 'n "goeie" verwysing koop ek 'n 1999 Ford Fiesta vir R 35 000, maar o wee. Ek het al R 11 000 agterna aan die kar gespandeer om dit elke keer weer te herstel. Ek wil nou die kar verkoop, maar sal nooit my geld terug maak nie. My seun werk ook nie meer in Johannesburg nie, en het ook nog geen sent afbetaal nie. Ek is redelik dikbek oor my ondervinding, want nou verwag my ander kinders ook almal karre, en ek het 5 kinders

John Cooper

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 338
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Yelo, ek's is bly soos julle gese het, die studente karre is maar 'n moeilikheid, ons seun swot ook in Pta en die man ry met 'n, ek dink, 'n '82 Mazda 323, genaamd, SAARTJIE, al vir meer as 'n jaar en sy gedra haar nogals redelik goed. Daar was al reperasies gewees,maar dit was gering en moet ek se sy is baie lig op 'n ou se sak. Die vorige eienaars het 3 kinders deur die univ. gesit. Voor ons haar angeskaf het, het sy nog redelik baie gery tusen Potch en Delmas. Hier en daar 'n roeskolletjie, 'n regte univ. karretjie. Ons het bitter min vir haar betaal. Ons moet einlik praat van "TANT SARA" want sy het al by die 450 000 kilo's op en loop nog al die pad. Die onderdele is nog volop en goedkoop. Sterkte! Ek hoop julle kom reg! Lekker sleep voor.

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Kampeer de Beer
Groentjie
Aangesluit: 23/01/2010
Inskrywings: 38
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 1989 Caravette 5 met 'n 2001 Jetta Tdi of 2005 Sharan 1,8 Turbo

Probeer hierdie website. www.gumtree.co.za

Maak seker jy selekteer die regte omgewing waarin jy is en gebruik die soekfunksie.

Ek hou van die feit dat daar ten minste 'n foto is van die betrokke motor.

Ek het al motors hier gekoop en verkoop en elke keer 'n goeie deal gekry.

Sterkte!

ThomasK
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 199
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1995 Jurgens Fleetline XL met 'n 2009 Grand Voyager 2.8 CRD

NET nie n Nissan Micra koop nie!!!!

Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Jisliaak , ek het juis na een gekyk, gelukkig was die prys te hoog , baie dankie.

Ford Fiesta 1400 , 2002 . was dit darem goeie karretjies, ek ken nie juis Ford nie.

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Tinus - ek het tot datum al 12 verskilende Fords gery, ek glo daar is net twee karre op die pad - 'n ou Ford en 'n nuwe Ford!

Staan nou weer twee Fords in my motorhuis 'n 2lit Focus en 'n 1400 Fiesta [nuwe form] wat betroubaarheid en ry genot betref is hulle tops.

Ek sleep met 'n Pajero net omdat Ford op daai stadium nie 'n lekker 4x4 stasiewa gehad het nie! Voor die Pajero met 'n Isuzu Trooper gesleep met 'n Ford V6 motor in.

Kamp Groete

Arie

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Arie,

Die citi golf is ook van die mark af. Sy vervanging is die Polo Vivo wat nou te koop is

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1842
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Tinus

Die 2003 Ford Fiesta is beskikbaar by Greyling Motors in Pretoria vir R 44 900 as jy sou belangstel

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3217
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Tinus ek het vir jou `n pm gestuur ek weet dalk waarna jy soek

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 110 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Eddie Rabie
  • Eddie Laing
  • Airbus
  • BenA
  • thysvt
  • Corné Wagemaker
  • Kobus Snyman
  • Roelof Colyn
  • Petje
  • Wildeboer
  • NicoPietersen
  • Franss
  • Gypsey King
  • sakkie mynhardt
  • RSS
  • Lord Farquart
  • Kobus K

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.