Platkar Gesoek
Nuwe forum onderwerpe
Ek is op soek na 'n Sedan tipe ouerige, maar netjies en betroubare kar vir 'n ekstra stel wiele. Die coupe-tipe met afslaan agtersitplekke is net die ding. Hy hoef nie te kan woonwa sleep nie en ek wil ook nie meer as so R18 000 daarvoor opdok nie.
Maak nie saak as hy 'n ou model is nie. Hy moet betroubaar wees, netjies en goed opgepas met padwaardigheidsertifikaat.
Laat weer my as jy van iets weet.
Swartetjies, ek hou nie van plat Landrovers nie. Hulle stamp deur.
Hey, julle?
Het nog nie een van julle op iets afgekom wat min of meer by my budget pas nie?
Dit kan maar 'n kleinerige plat lorrietjie ook wees.
Hi W
Ek dink jy is bietjie optimisties met jou R18k. Jy gaan net scrap daarvoor kry. As voorbeeld het die man wat my bakkies diens so pas n 2000 ford Bantam met 300000km vir R35k verkoop! Die bakkie was klaar met die wereld. So sterkte.............
Dankie Andre
Daar is goeie ou karre beskikbaar, maar so skaars soos hoenertanne. Ek het 'n jaar gelede een verkoop vir R10 000 wat ver van scrap af was. Al baie spyt gekry daaroor. Hy loop nog steeds en het nou so 93 000km op die klok.
So, ja, dankie vir jou sterktes, maar ek kyk nog steed uit.
as jy bereid is om R18k per maand te betaal, is daar heelwat mooi plat karre beskikbaar
Dink ek sal maar volgende jaar vir my 'n tweedehandse regopkar soek wat ook kan wa sleep. Dan kan ek ten minste in my eie rigting invoeter as die ladies nie wil saamgaan nie.![]()
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Cheetah
- Obie
- Andries Pretorius
- Arie
- Vrystater
- Spikkels
- Alias
- Spiderman
- Kampklong
- Hendrik Craukamp
- evert
- Gyfie
- Rinus Lisse
- WilSur
- Dirsa
- WilleWillemien
- Mariskab
- Francois Malan
- MarkP
- Lord Farquart
- Villa Wahnsinn



.jpg)


Ek sleep 'n CI Carevette4, 83 model met 'n GWM Steed 2.8CD
Ons sal na die Kleinparadys saamtrek vir jou een kan gee wanneer jy en oubaas klaar tou getrek het want een van die 2 gaan lank en plat wees. (LOL)
Groete
Johan Swart (Die Swartetjies)