Vat my wa se finansiering oor
Nuwe forum onderwerpe
My karavaan wil ek van my naam af he om later n groter karavaan te kan aanskaf!!!
Ek het n 1998 Sprite Strata met n tent waarvan die kante aanzip , travelblanket , groot yskas vrieskas kombinasie , splinternuwe roof surround , spaarwiel ens ens.
Die wat belangstel moet bereid wees om die finansiering oor te vat op sy eie naam aangesien ek later n groter wa wil aanskaf. Ek wil niks he nie , net dat iemand die finansiering oorvat.
Geen kanvatters wat my wil afbetaal of die karavaan wil leen eers ens nie.
Stuur my n pm indien jy belangstel of e-mail my by mossiev@vodamail.co.za
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| n97_060.jpg | 172.93 KB |
| n97_051.jpg | 195.83 KB |
Mossie ek het vir jou 'n mail gestuur.
Morné
Groot Koos = Ek is opsoek na iemand wat die FINANSIERING wil oorvat !!!!! Ek kan dit nie uit die hand verkoop nie want dit is nog onder finansiering en dus onwettig om dit te verkoop aangesien dit aan die bank behoort huidiglik!!!
Mossie
Jy mag wel 'n item wat onder finansiering is privaat verkoop. Dit sal dalk net beteken dat jy deur 'n handelaar van een of ander aard moet werk indien die koper wil aansoek doen om finansiering. So 'n handelaar hoef nie noodwendig 'n karavaanhandelaar te wees nie, solank hy 'n handelaarsnommer het is al's in orde.
As dit egter 'n kontantkoper is, is dit so maklik soos jy kry die aflosbedrag, die koper betaal die bedrag op jou finansieringsrekeningnommer, jy doen aansoek vir die registrasiedokument en sodra jy dit gekry het, ongeveer 7 na 10 dae, kan jy die wa oordra aan die koper.
Onthou, die bank is nie die eienaar nie, maar slegs die titelhouer. Die regsitentiteit in wie se naam die item by die lisensie owerheid geregistreer is, is die wettige of aanspreeklike eienaar.
Ek het laasjaar deur dieselfde proses gegaan, en glo my, na al die tjol wat almal my vertel het, het ek self my huiswerk gedoen en my wa nog teen 'n wins ook verkoop.
Kontak my gerus as ek van hulp kan wees. Ek dink dat sou jy die wa verkoop ipv om paaiemente te laat oorneem, jy dalk verbaas sal wees om te sien hoeveel jy vir hom kan kry.
Sover ek weet is dit in elk geval nie wettig om paaiemente oor te neem nie. Ek weet ook nie van 'n bank wat dit toelaat nie.
Sterkte, laat weet as ek kan help
Gideon baie dankie vir jou raad. Ek sal nie die uitstaande finansierings bedrag kan vra vir my wa nie, aangesien ek dit nog nie n jaar het nie is die uitstaande bedrag hoer as wat die waarde is van die wa.
Die persoon wat die wa oorvat wen dan net die 8 of 9 maande se paaiemente en hoef ook nie deposito te betaal nie so dit is maar net die naam op die finansiering wat verander.
Mossie wat is die uitstaande bedrag en jou maandelikse paaiment. Dit is goed en wel dat jy adverteer maar jy moet die inligting beskikbaar stel. Wag op die inligting.
Kamp groette
Kobus
0829241546
Mossie
Laat weet ons van die bedrae wat ter sprake is. Ek het 'n vriend wat dalk kan belangstel.
Persoonlik het ek nie kennis van so 'n paaiement transaksie nie. Het jy dalk al by die bank uitgevind hoe dit werk?
Asseblief manne en vroue ek vra dat julle my per e-mail kontak. My netwerk konneksie is geweldig swak die laaste maand en ek sukkel my vrek om te praat oppie forum.
MOSSIEV@VODAMAIL.CO.ZA
Mossie ek het vir jou 'n email gestuur dankie groete Sarie van Zyl 0767693008 Ellisras
Mossie ek het vir jou 'n email gestuur dankie groete Sarie van Zyl 0767693008 Ellisras
Mossie,
Maak mooi seker van al die bedrae.
Waens se waardes bly dieselfde of word meer. As jy die wa al vir 'n jaar betaal het, is daar al skuld gedelg van die oorspronklike leenbedrag.
Moenie gaan op die bedrae wat op 'n staat verskyn nie. Bel jou bank en kry 'n aflosbedrag. Dit sal alle toekomstige rente uitsluit wat jy oor die volle termyn sou betaal het.
As die koper die aflosbedrag betaal in jou finansieringsrekening is die wa syne. Kry net die finale bedrag op 'n brief van die bank. As die fondse "clear" sal hulle dan die registrasie papier vrystel en hy kan hom op sy naam gaan registreer. Soortgelyke proses as hy wil finansier, maar daar is net 'n finansieringsaansoek wat voorafgaan en die banke sorteer mekaar uit.
Hoop dit help!
Jacques
Mossie
Indien jy nog die wa wil verkoop stuur asb vir my die nodige inligting.
Dagse alie maters . Die aflos bedrag is R47000-00 . Indien iemand belangstel verder bel my by 082 556 3742.
Baie baie dankie vir al die raad en belangstelling. (sorry ek is so skaars , ma is agt en n half eeu swanger en n man krap nie op die internet rond as ma sover swanger is nie.)
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Airbus
- Johan Coetsee
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- Gypsey King
- chris dupreez
- Eddie Laing
- BenA
- Corné Wagemaker









Wat is die uitstaande bedrag op die wa? Dis regtig nie moeilik om 'n wa uit die hand te verkoop nie - solank hy net mooi opgepas is.
Sit die ding in die Junkmail (sommer op die web by junkmail.co.za). As jy nie binne die eerste twee dae al 'n byt het nie, is jou prys te hoog.