Opsoek na hoek buffers vir n Sprite Sierra 1997 model

Kobus Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/08/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Hardbody 30TD

Dagse

Ek besit n sprite sierra 1997 model. Ek het so n ruk terug n klein ongelukie gehad en my regterkantste hoek buffers stukkend gery teen my hek paal. Ek het navra gedoen by pretoria karevaane en hulle kan dit vir my bestel by die fabriek maar ek sal twee to drie maande daarvoor moet wag en hulle kan nie vir my vooraf se wat die koste sal wees nie. Ek kamp een tot twee keer per maand en kan nie bekostig dat my wa solank uit serkulasie is nie.

Indien enige een inligting het waar ek buffers kan laat maak of weet van n plek waar ek 2 de handse buffers kan koop - af geskryfde wa sal ek dit waardeur.

Ek sluit n foto aan sodat julle kan sien hoe die buffer hoeke lyk. Ek sal verkies om al vier te ruil want ek vermoed die kleur gaan verskli. Moontlik verblyk deur die son.

Kampgroete

Kobus

AanhegselGrootte
DSC00121.JPG129.95 KB

Aanhegsels

AanhegselGrootte
DSC00121.JPG129.95 KB
Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Kry iemand wat kan mooi veselglas werk doen en hoor of hy sal kan help. Dit behoort nie te moeilik vir so ou te wees nie

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello Kobus

Jy kan die buffer laat herstel deur iemand wat met veselglas kan werk, of indien hy van plastiek gemaak is, kan jy 'n "Bumper Repairer" gebruik om hom te herstel. Dieselfde ouens wat die motorkarre se plastiek buffers herstel. Indien hy nou heeltemaal in stukke gestamp is het jy nie vveel van 'n keuse as om maar 'n nuwe- of tweedaanse een te soek nie. Ek sal die beskadigde komponent verwyder en 'n plan maak om die lig teen die agterpaneel tydelik te monteer totdat die skade herstel is, maar kamp sal ek kamp ou maat.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kobus Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/08/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Hardbody 30TD

Dankie Jaco / Willie

Ek sal maar navra doen en sal laat weet of ek reg gekom het.

Ja jy is reg Kamp gaan ek, of dit nou met die wa is of daarsonder. Sal maar weer die tent uithaal.

Groete

Kobus

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Kobus skakel Brits Karavane. Die kanse is 80% dat jy by hulle gaan kry wat jy soek.

'n Kollega wat saam my werk het onlangs 'n "Perspex" kant ruit vir sy ou karavaan by hulle gekry.

Laat weet as jy gekry het dan kan ons op hou om te help soek.

Leon    

Kobus Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/08/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Hardbody 30TD

Danie vir die wenk. Sal julle laat weet sodra ek reggekom het Loen

Kobus

Kobus Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/08/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Hardbody 30TD

Danie vir die wenk. Sal julle laat weet sodra ek reggekom het Loen

Kobus

Kobus Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/08/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Hardbody 30TD

Danie vir die wenk. Sal julle laat weet sodra ek reggekom het Loen

Kobus

Wie's aanlyn

Daar is tans 7 gebruikers en 128 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Airbus
  • Johan Coetsee
  • Corné Wagemaker
  • DAVID KAMP
  • Gypsey King
  • Eddie Rabie
  • thysvt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.