1992 Gypsey 4B
Nuwe forum onderwerpe
1992 Gypsey 4B te koop. R38,000.
Vol tent met sykante in goeie toestand met sy kante en add a room ( add a room kan blykbaar op sy eie as tent gebruik word, het nog nooit probeer nie)Klein rallly vir die agterkant, ideaal vir motor.
Vernadering aangebring:
- Lugversorger
- Badkamer verwyder en omskep in spens
- Gastoof en ysakas verwyder en 220v yskas ingebou
- Dief (aap) wering vir die wildtuin
- Muskiet nette voor al die vensters
- Venetial blinds voor al die vensters
Bande ongeveer 1 jaar oud, spaarwiel. Gereeld gediens.
Rede vir verkoop: ons het die karavaan so amper 3 jaar terug gekoop om te sien of die gogga ons gaan byt, en toe byt hy so hard dat ek nou bietjie wil opgradeer.
Het fotos gaan soek waar ons kamp. Sal binne fotos ook neem
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Bosfontein.jpg | 173.35 KB |
| Quadesh.jpg | 133.38 KB |
Het ook 'n deep cycle battery
Franss, waar is die fotos van die wa binne en buite en waar het jy die aircon ingesit ? (Binne en buite)
Jammer van die badkamer.
Groete,
Cyril.
ek sukkel bietje met die oplaai van die fotos. Ek laai hulle nou maar een vir een op 
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Bedkant_1.jpg | 110.54 KB |
Bed opgelig met spaar wiel in - die wiel het nog nooit gewerk nie
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Bedkant_stoorplek.jpg | 113.47 KB |
Die voorkant van die karavaan, die voorste bed, and tafel, met die lugversorger in van die fotos
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Voorkant_1.jpg | 103.42 KB |
| Voorkant_bed.jpg | 122.71 KB |
| Voorkant_bed.jpg | 122.71 KB |
Hierdie fotos is van die tweekante, aan die een kant die yskas en mikrogolf oond, en aan die anderkant die spens wat omskep is van die badkamer, met 'n foto van die binnekant
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Mikrogolf_Yskas.jpg | 105.76 KB |
| Spenskas.jpg | 104.48 KB |
| Spens.jpg | 98.33 KB |
Hallo Cyril,
Die spens was vir ons belangriker as die badkamer. Ek verstaan dat ons die wa vir heeltwat meer kon verkoop het as ons die badkamer in gehad het. Maar dis nou maar so. 
Frans,
Die wa lyk baie mooi opgepas!
Groetnis
Gerrit
Dankie Gerrit,
ons het aanvanklik die wa gekoop met die doel om net eenkeer te koop en klaar, maar soos ons almal weet dit werk nie altyd so nie 
Groete
Franss, dankie vir die fotos. Ek kyk na die karavaan met die oog om dit te koop vir my kinders( dan kan ek en my kleinkinders lekker saam gaan kamp)
Ek is goed vertroud met die Gepsey 4B, aangesien ek self een gehad het.
Het die fotos vir my skoonseun gestuur en sal weer met jou kontak maak
Dankie,
Cyril. 0825981816
Middag Franss.
Ek vat nou maar 'n vet kans.
Is die karavaan dalk nog beskikbaar?
Dankie
Stefan
Hallo Stefan,
Die was is nog nie gekoop nie, ek het eitnlik begin dink dat niemand belangstel nie, so ek het weer begin geld spandeer aan die ding 
Jy is welkom om my te PM dan gesels ons verder
Hi Franss
Jy moet maar verskoon , ek is nog 'n novice op die forum. Praat ons nou privaat ?
EK sal jou 'n boodskap stuur met my detail op PM, dan email jy my sommer direk
Hi Franss
Wil net weet of jy jou karavaan nou al verkoop het.
Groete
Lana
More Franss,
Gedink ek moet jou net laat weet, my kinders het n Sunway gekoop verlede week.
Dankie en groete,
Cyril
Hallo Lana,
nee die karavaan isn ie verkoop nie.
Hallo almal,
ek het besluit om eerder bietjie vas te byt met die karavaan verkopery.
Groete
Ranss
As ek jy is hou ek daai wa, veral met al die veranderinge wat jy aangebring het. Die soliede dak het minder issues as die pop-up volgens my. Jy het ook alles in wat alk die moderne waens in het, boonop is hy baie ligter as die nuwe waens. Ek het die 3B gehad en die enigste twee redes hoekom eh verkoop het was die ou dwars dubbelbed vs eiland bed sowel as klein yskas vs groot yskas. Ek het net nie kans gesien om al die werk self te doen nie (tyd was die faktor) want dit sou inmeng met kamptyd ook en om te te laat doen het doe ouens my 'n arm en 'n been gevra. My nuwer wa het alles wat jy het behalwe die aircon en die aapwering, maar hy kamp beslis nie lekkerder as joune nie. Die sbadkamer wat jy omskep het is maar wat ek ook gedoen het - ek het my net weer in 'n ekstra kas en hangplek omskep met plek vir 'n wasgoedmandjie. Daai badkamer was nou regtig nie die risiko werd nie.
Kamp lekker met daai lekker wa man
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gyfie
- evert
- Arie
- Rinus Lisse
- Andries Pretorius
- Obie
- WilSur
- Kampklong
- Spikkels
- Dirsa
- Vrystater
- Cheetah
- WilleWillemien
- Spiderman
- Mariskab
- Francois Malan
- MarkP
- Lord Farquart
- Villa Wahnsinn
- Marthinus Slabber
- Alias
- HJB






Fotos?
"Tommorow is promissed to nobody"