Workshop Manual Ford Territory
Nuwe forum onderwerpe
Willem,
Dit is vir die gewone een, maar Jacques Korf het gese ek moet dit vir hom hou, jammer!
As hy hom nie kom haal nie, sal ek jou laat weet.
Wingnut,
Dit is reg want myne is die ST, maar dit is goed om te weet hy het die boek as ek dalk iet wil weet.
Hi Wingnut
Baie, baie dankie vir die manual. Het Saterdag lekkir gelees.
Willem,
Hy het die turbo enijin in met die ses spoed ratkas. In Aus noem hulle hom nie die ST nie maar die Ghia Turbo.
Groetnis
Jaques
Dankie Jaques,
Tenminste weet ek waar om te soek vir inligting.
Beste Jacques (van Springs)
Dit lyk my ons Territory-eienaars gaan toustaan om raad uit die handleiding.!!
Nou wonder ek skielik oor die volgende;
1 kry ons swak diens by Ford??
2 het ons 'n vrot voertuig
3 wat laat ons almal smag ns die handleiding?
Ek mag maar wonder, ek ry ok ene.
Groete
Wessel
Ek is nou al vandat ek die ST ry opsoek na die "kw en Nm" se kurwes om te sien waar loop die Nm teenoor die RPM. Ek was selfs inverbinding met Ford in Australia en Ford SA met geen geluk.
Is daar een van julle wat kan help ?
@WilSur
Propelled by a powerful 4.0-litre turbocharged powertrain, the Territory ST produces a maximum power output of 245kW available at 5250rpm and reaches a torque peak of 480Nm at 2000rpm. This translates into impressive off-the-line performance feel and increased drivability, particularly when towing, due to the significantly increased level of torque.
Turbo boost is a relatively low 45kPa, which develops a smooth and sophisticated delivery of power. This allows the vehicle to generate power effortlessly, arriving in an even, polished manner across a long flat torque curve. It provides the driver with a refined luxury sports experience with the performance they desire.
http://en.wikipedia.org/wiki/Ford_Barra_engine
Groete
Benji
Dit is vir my vreemd dat daar 'n 'workshop"vir FORD bestaan - dit is mos die een [enigste?] voertuig wat nooit werk nodig het!??
Benji,
Ek het al die nodige inligting maar kan gladnie die kurwes bekom nie ???
@WIlSur dan moet jy maar hom na a Dyno toe vat laat hulle hom vir jou die kurwes uit druk dan gee jy dit aan die res van die ouens.....
Dit wil voor kom of dit die eenigste uit weg gaan wees.
Beste Willem
Ek dink nie jy het meer info nodig as wat Benji jou gegee het nie. Die belangrikste is dat jou wringkrag vanaf 2000rpm ten volle beskikbaar is. Dan noem hy ook dat die kurwe plat is. Waaroor is jy bekommerd, hou net omwentelinge bo 2000. Onthou net dat hoe meer kW jy wil benut, selfs by dieselfde wringkrag, jou net kos by die petrolpomp.
Jou voertuig het elkgeval 'n sensor in wat jou omwentelinge beperk tot daar waar jy maks krag het, en skakel dan namens jou die ratte oor.
Groete
Wessel
Wessel,
Ek is nie bekomerd oor iets nie ek is net nuuskierig dit is al, dit is mos iet wat jy nie kan kry nie wil jy hê.
Hi Wessel
Man die handleiding het op geduik en toe vat ek hom, klein dinge wat jy nie in die "user manual" kry nie word hier duidelik bespreek. En dan is ek nog 'n "petrol head" so ek wou weet hoe steek die meganika in mekaar.
Die Territory is 'n vantastiese voertuig, ons is nou op nommer 4 en mamma het klaar gese sy ry hom tot die wiele afval of die nuwes beskikbaar is by Ford, sal maar moet gesels want dit is haar dag tot dag kar. Moet sy sy begin versag teenoor die nuwe Ranger so miskien sal ek nie hoef te wag vir die nuwe Territory nie.
Sover dit diens gaan dink ek die handelaar maak die verskil en nie die vervaardiger nie. Die handelaar waar ek deel is puik, vandaar dat daar al 10 Fords op die erf was.
Nee wat, ons geniet die Territory en jy sal baie, baie ver moet gaan soek vir meer kar vir die geld.
Groetnis
Jaques
Beste Jacques
Dit is bemoedigend dat jy reeds 4 Territoriy's besit het. Het jy almal nuut gekoop?
Ek het 'n gebruikte AWD gekoop, weliswaar met min kilos, sodanig dat dit onder instanthoudinsplan geval het. Ek het ongelukkig 'n stel afgetrap met handelaar, maar FordSa moes letterlik R19 000 vir gelag betaal, en gelukkig nie ek nie. Daarna het die "ball joint" saga gekom, waar ek FordSA daarop wys dat in Australie hulle alle modelle s'n gratis vervang het. Ek het vanaf verlede jaar tot nou nog nie die terug-roep brief ontvang nie. Intussen maar uit eie sak dit laat vervang.
Ek moet dus nog vertroue kry in die kar. Stem saam dat 'n absolute fantastiese voertuig is. Aan my kant dieselfde, die mamma verkies om met hom te ry. Sy het ook hom bo enige dubbelkajuit, selfs die Toyota verkies.
Groete
Wessel
Wessel JS,
My Territory ST is gister in hier na Witbank Eastvaal auto en hulle het die lower control arms verniet vervang op die recall, hulle noem die `n "Campaign". Ek het oorspronklik in gegaan om die twee "ball joints" te koop toe vertel die persoon by die "spares" afdeling,"nee", ek moenie die goed koop nie (dit kos nogals R3308 vir die twee hoor) ek moet eers my VIN na die werkwinkel toe neem sodat hulle kan kyk of my vertuig nie `n uitstaande "campaign" het nie, nou toe, toe is dit so en Ford maak alles reg, op hulle koste, dit het my nie 1 sent gekos nie, dis nou puik diens. Dit is nou my 2de Territory, my eerste een was die 4x2 Ghia met 4 spoed auto). My Ford is alreeds uit motor plan uit en het net so 92000km op die klok, en die werk wat gedoen is was hier om en by die R5000 gewees (labour +spares). Net so terloops jy kan die boonste "Ball Joints" by Midas bestel, hulle kos R400 vir die twee, hulle boek wys dis die onderstes (maar daarvoor moet jy die hele lower control arm vervang), maar toe die goed hier aanland toe is dit die boonstes, ek het dit betaal in my garage geberê vir die toekoms.
Wilsur ek het toe besluit op Hankook Ventus 235/55/18 bande, dit het my R5000 gekos vir twee by Tiger Wheel & Tyre. Hankook is blykbaar std equip op baie nuwe karre?
Ek wil net graag nog iets met julle deel, my "reverse" ligte het partymal gebrand indien ek rem trap, en dit (ek kon dink) moes baie aander motoriste gepla (die hel in gemaak) het, veral in die aand, die kar doen dit so die afgelope 3 weke, Vanaand toe ek ek nou genoeg gehad en ek begin die probleem soek, kry ek dit. Dis toe die "reverse" light draad (wat standaard saam die towbar wiring harnass kom) wat op nommer 2 pin (wat gewoonlik `n "spare" pin is op jou trailer plug) op my trailer plug los gekom het en dan en wan, en partymal die heletyd vasgedruk het teen die trailer plug se rem lig draad wat die "reverse" light laat brand het. Ek het die draad weer vasgemaak met die skroefie en siedaar alles reg, so indien ek verby jou al gery het met my agterste "brights" aan vra ek om verskoning, en indiens jy probleme kry met jou agterligte, soek eers by daai trailer plug op jou towbar.
Oh, en ek is bereid om R200 te betaal vir `n afskrif van `n Ford Territory Workshop manual (ek het dit nie gesê nie en jy het dit nie gelees nie, maar ek hoop Jaques lees wel!
Ja, julle
Toe ek hom wou verkoop, het niemand belang gestel nie!
Toe gee ek hom maar verniet vir Jaques. 
Greg, het jy al gekyk vir die roes agter op?-dit is ook deel van die "factory recall"
Lazarus Ford in Centurion het die Terri se balljoints al op 70000km vervang onder die recall.
JLC het eendag die opmerking gemaak dat die Terri een van die gemaklikste motors is-laat ek julle vertel: Waardeer wat julle het en hoop dat Ford SA die nuwe een hier na toe bring.
Ek ry nou n Jeep-ook n goeie voertuig maar nie so gemaklik soos die Terri nie!
Wessel, Ek het die eerste een nuut gekoop in 2006, TX toe 2 Ghia RWD met baie lae km's van die vabriek en die ST was ook 'n fabriek een met 17 000 mk op. Daar was wel issues op hulle maar die handelaar waar ek besigheid doen het my goed behandel en dit het veroorsaak dit dit nie 'n issue vir my geword het nie.
Groetnis
Jaques
Beste Greg en Jacques
Baie dankie vir terugvoer.
Dalk moet ek maar "luck" gaan probeer en net dalk betaal Ford my koste aan die ball joints, aan my uit.
Groete
Wessel
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Mariskab
- evert
- Cheetah
- Francois Malan
- WilSur
- Gyfie
- MarkP
- Lord Farquart
- Villa Wahnsinn
- Arie
- Marthinus Slabber
- Alias
- Spiderman
- WilleWillemien
- HJB
- HennieBo
- Benzan
- Zigi
- Kampklong







.jpg)

Die gewone een of die ST, ek is tot einde Feb. in die Kaap.