Ou bad
Nuwe forum onderwerpe
Wilsur maak seker die water kan uitloop as jy die storie wil skoonmaak om met emmers uitteskep is 'n verpesting. Ek het myne met rivier sand en sement gebou en afgewerk met 'n bottel om die vloer en kant mooi te kry. na die droog word met swembad verf geseel en dit is nou al so 6 jaar met geen probleem. het ook ''n tiolet klep ingesit en dan hoef ek nie water bytevoeg nie die worrd self volgehou. Wees versigtig die water kan oornag en soms oordag heeltemal verdamp dan dink jy storie lek.
Sterkte.
Groete.
Ek het alyd een by die ingaan van die huis (agter deur) gehad met baie vis, toe wou ek hom vergroot en sit almal in 'n 1,000L plastiek houer. Die krag het afgegaan toe ons weg was en so het ek als behalwe 3 vissies verloor (van die kois was so 400mm lank)
Nou het ek die lus verloor om weer een te bou en wil hulle nou na die voordeur skuif en sonder om te bou 'n bad gebruik, hy het klaar 'n drein om die water uit te tap indien nodig.
Ek kan een kry by 'n Willemien in die Junkmail maar die ding (is reeds uit gehaal) staan op die balkon en moet oor die reeling getel word en 'n verdieping na die grond toe gesak word. En ek weet nie of dit die swaat baddens is of 'n plastiek bad is nie.
Willem,
Wikkies Pompe en adie AGFRI takke hou 'n wye verskeidenheid van "Jo-Jo' Tenks. In die reeks is daar ook seker "suip krippe" vir vee van alle grotes. Gaan loer daarna. Jy maak dalk die lewe vir jouself net baie makliker.
Net gedink 'n ou bad voor in die tuin met 'n water fontein sal nogal mooi lyk, juis as die bad pote nog het.
Waar is die ouens vand die plaas ???
Willem,
Daai ou baddens met die pote is skarser as hoendertande, en as jy hom kry kos jy jou 'n arm en 'n been.
Hallo wilsur , ek het n ou groot staal bad uit my huis uigehaal en dit staan my erf vol.Jy is welkom om hom te kry maar ek is in Bloemfontein.
Dit is jammer want 'n ou het my hier in Pta. gebel, selfde vir R250.00, dit is darm goedkoper as om Bloem toe en terug te ry.
Dankie Willie
Ek het sommer een van die skottels gekoop, gat ingesny vir n bad prop, die op die riool lyn gekoppel, en my goud visse ingegooi. Maklik om skoon te maak, haal net die visse uit, trek die prop uit, en tap weer vol. Ek hou maar net die visse aan vir die kinders, hulle is mal daaroor.
Ek moet nog die pomp vir die "waterfeature" insit, maar kon net nie daar uit nie.
Terloops, die foto was die 25ste Junie geneem, Kempton kan maar koud raak.

Ek het besluit om nie meer die groot visdam ding te doen nie nadat ek meer as 12 groot visse verloor het. Ek het nog die pomp filter en UV lig nou wil ek die bad gebruik voor in die tuin en dan sommer die enigste 2 vissies wat nog lewe daar in gooi.
Ek kan dalk vir jou een opspoor op Tarlton. Moet net my ou pel daar kontak en hoor of hy hom nog het. Het hom nou die dag vir my aangebied. Ek plant groente in hulle, maar het nou al twee en nie plek vir nog een nie.
Sê maar of jy bereid is om hom in Tarlton te gaat haal, dan vind ek vir jou uit.
Willem,
Vir R250 net om die blok sal my moontlik ook goedkoper uitwerk, dankie. As jy in September dit gesê het het ek dit dalk gedoen maar die ou het my laas naweek gebel maar as ek môre daar kom en dit is nie wat ek wil hê nie sal ek jou laat weet.
Kon nou nie die versoeking weerstaan nie. Tel hierrie ene op die ashoop op die naweek en bring hom huistoe tot ma se groot frustrasie. So, iemand moet hom kom haal, of hy word dalk nog 'n groenteplanter.
Hy het twee krake in wat maklik herstelbaar is en nog in sy plastieklaag.

So, as daar iemand is wat hom by my wil kom haal, hy kom verniet.
Jammer Willem,
Ek soek 'n ou staal bad.
Ek het Saterdag oggend gou gery om die een te gaan haal wat die ou vir my gehou het, daargekom moes ek toe by die dame hoor sy het hom Donderdag verkoop aan iemand anders, so nou soek ek weer een.
Sal vir jou help uitkyk hier by die antieke winkels.
Soek jy een wat so 'n gekurfde vorm het soos die een op die foto, of maak dit nie veel saak nie?
Willem,
Dit maak nie saak nie, hy moet net nie lek nie. Die baie ou baddens het nie enamel gehad nie dit sal 'n wenner wees.
Willem,
Het jy al n bad gekry?
Die wit bad op my "bakkie" het 'n kompos-vergaarder geword. Hom vol gate geboor en nou maak ek kompos in hom.
Ek dink WilSur is al oppad Mosselbaai toe, Pieter.
Pieter,
Nee, ek soek nog een, het jy dalk vir my een ?
Willem
Ons haal op n dagliks baddens uit. meerste is maar die nuwe akruliese badens. Moet ek vir jou n mooi een hou? Of soek jy n staal bad?
Willem
Ek het ssos my agterend gelees.
Ek sien jy soek n staal bad.
Ek laat jou weet sodra ons weer een van hulle uithaal.
Dankie Pieter.
Hi
Ek het dieselfde gemaak 
Het bad gevat en stortkop opgesit met paar vissies in
Baie mooi en rustig!
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| 30012012836.jpg | 138.36 KB |
Braam,
Ek soek 'n Bad-bad, maar wil dieselfde doen en niemand wil HELP nie, nie eers mer die "mover" nie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilSur
- Marthinus Slabber
- Alias
- Spiderman
- Gyfie
- WilleWillemien
- HJB
- Arie
- HennieBo
- Benzan
- Zigi
- Kampklong
- evert
- MarkP
- Villa Wahnsinn
- Frikadel
- Francois Malan








.jpg)



Wilsur Ek het een gemaak ,die gat gemaak toe van die (waterprooving) by die hardeware winkel gekoop en dit oor die gat gesit en vol water gemaak dit is n dik swart seil wat hulle gebruik ver bou,toe die punte vas gekap en my afwerkink gedoen.dit is soos die swembadens wat jy ver die kinders koop. hy staan al 2 jaar.
Altyd reg vir kamp