Op soek na 'n sleepwa
Nuwe forum onderwerpe
Henk, dagsê en welkom hier, soos WW hierbo sê.
Ongelukkig het ek nie 'n sleepwa wat ek kan ruil nie!!!
Hoop jy kom reg!!!
Altyd egte kampgroete.
Frans
Dankie, ek soek ernstig op al die plekke. Wil graag my manier van vakansie verander.
Thanks Willemien, sal daar kyk.
Hallo Henk, Vertel meer van die punte. Hoe werk dit ens....
Groete
Ulrich
Hallo Ulrich,
Jong ek hou met die Tyddeel al omternt 25 jaar vakansie. Daar is +/- 150 binnelandse oorde deel van die skema. Daar is ook buitelanse opsies, maar ek het nog nooit daarvan gebruik gemaak nie. Jy besluit op 'n spesifieke oord en tyd en bespreek dan deur hulle daar. Elke week het 'n ander waarde afhangende van die grootte, tyd van die jaar ens. Daar is wel 'n jaarlike levy wat gebaseer is op die hoeveelheid punte wat jy besit. Die gedeelte wat jy gebruik het word afgetrek van jou balans en so gaan jy aan. Wat jy nie die jaar gebruik nie, kan oordra na volgende jaar en jy kan ook die jaar van volgende jaar se punte gebruik.
Watter Blouberg? Kaap of Limpopo? want ek gaan Vivo toe die naweek.
As die tyddeel so wonderlik is sal jy mos nie sukkel om dit verkoop te kry nie, dan kan jy sommer vir jou 'n boswa gaan koop wat jou behoeftes die beste pas.
Henk, gaan krap op "Gumtree" rond. Daars baie.
Is waar. Hierdie is maar die eerste poging wat ek probeer. Het nog nie regtig iets meer daaraan gedoen nie. Ek het gereken daar is dalk iemand wat in so iets sou belangstel. As dit nie werk nie dan sal ek die verkoop en koop opsie ondersoek.
Thanks ek sal
Is waar. Hierdie is maar die eerste poging wat ek probeer. Het nog nie regtig iets meer daaraan gedoen nie. Ek het gereken daar is dalk iemand wat in so iets sou belangstel. As dit nie werk nie dan sal ek die verkoop en koop opsie ondersoek.
Henk, as jy 'n plek kry of gekry het laat weet ons asb!
Ek het ook tyddeel vir baie jare al werk presies soos joune - oorsee se vakansies boot reise ens, ens.
Levy is so plus minus R9500 per jaar en dan kan jy so week in hoog seisoen en 'n week middel seisoen vakansie hou of 2 weke middel seisoen of 3 weke laag seisoen.
Ek is nog nooit seker of dit die moeite werd is of nie? eendag sommer vir interesantheid hulle geskakel om terug te verkoop aan hulle [kontrak meld dat jy kan terug verkoop aan hulle] hulle bied my toe R1000 aan - MAAR as ek die selfde hoeveelheid punte weer wou koop sou dit [as ek reg onthou] oor die R150 000 kos!!??
Hulle weet toe te vertelle dat daar geen mark vir 2de handse punte is nie, en die oordragskoste ens, druk die prys af?? Weet nou nog nie wat die verskil tussen 2de handse of nuwe punte is nie?
Terloops hoe het jy op die waarde van R330 000 gekom?
Mense,hierdie tyddeel is 'n groot "verkoop" foefie van die ouens,destyds is ek so gevang in Langebaan met 'n krapkaartjie,skielik wen ek daar 'n dvd speler met 'n tv en moet ek dit gaan afhaal by Mykanos,raai wat,geen geskenk gekry en 5 jaar later met prokureers briewe wat my klomp geld ook nog gekos het om daar uittekom is ek daar uit,die bedrag wat ek bereken het was meer as R30'000 wat ek betaal het en met baie punte tot my beskikking maar met geen vakansies gehou omdat sodra ek 'n tydjie los het is die plekke reeds vol of dit is so ver van ons dat jy nie vir 'n naweek kan ry nie,so nee ek is uit dankie!
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Marthinus Slabber
- WilSur
- Alias
- Spiderman
- Gyfie
- WilleWillemien
- HJB
- Arie
- HennieBo
- Benzan
- Zigi
- Kampklong
- evert
- MarkP
- Villa Wahnsinn
- Frikadel
- Francois Malan






.jpg)

.jpg)
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Hello Henk. Welkom hier.
Jy gaan moeilik hier 'n wa kry wat 'n wit oliefant is, hoor. Die mense laat die goed werk.
Gaan kyk gerus ook by die "Te koop" afdeling of daar nie iets geadverteer is wat jou aandag trek nie.
Rondawel Gasteplaas. Karoo.