Gesels saam op die WegSleep forum.

Wie ken hierdie

Gesels saam op die WegSleep forum.
Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Mense, net 'n vinnige treetjie terug in die verre verlede. Van ons ouer garde wat met groentetuintjie of so iets te doen gehad het, kan dalk hierdie in herinnering roep.

Die "jaart-boontjie" , nou vir die jonger geslag, nee, dit is nie iets wat sommer net in die "jaarts" of erf groei nie!!! Nee, dit is een peul wat 'n "jaart" lank geword het!

Nou sal julle vra wat is 'n "jaart" - die ou mense!!! het materiaal gekoop by die "jaarts" - dit was 'n afmeting van 39 duim - wat is duim, ag, kom ons los dit!!!!!

Dit is 'n boontjie (groenboon, wat jy eet!!!) wat so lank kan word. so omtrent 'n meter plus 'n bietjie.

Ek het saad gekry by iemand, en geplant, en kon die versoeking nie weerstaan om te gaan pluk nie, eintlik is ek bang dat dit te "dik" en onsmaakvol word as dit te lank word. Op hierdie lengte nog baie "kraakvars".

Hier volg die foto, gemeet so 65cm.

 

 

 

en die ander twee bondels is gewone groenbone, normale lengte, en "geel" bone.

Die geel bone kom van Pole, en is oorspronklik "groen", soos normale groenbone, en kleur dan geel. Snaaks genoeg, as jy hom kook, (ons verkies so heel, terwille van die kleur) bly hy geel. Maak baie interessante potjie met die groen en geel bone.

Ek gaan tog een van die "jaart-bone" los om te kyk of hy wel 'n "jaart" in lengte kan bereik, en sal terugvoer gee. Wil dan sommer een peul los vir saad.

Altyd lekker kos en tuingroete.

Frans

 

 

 

 

 

 

 

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 425
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

my magtag.     jy moet met skippe kontak maak.     is seker hy sal iets kan kook daarmee.

 

ek het eenmaal so 'n piesang gehad wat 30cm was.    gaan nou daardie foto soek.

groete

edward

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ek het by my pa jare gelede laas jaart-boontjies gesien.

Hy was n vurige groenteboer, wat ek nie oorgeerf het nie.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Frans Pretorius wrote:

Mense, net 'n vinnige treetjie terug in die verre verlede. Van ons ouer garde wat met groentetuintjie of so iets te doen gehad het, kan dalk hierdie in herinnering roep.

Die "jaart-boontjie" , nou vir die jonger geslag, nee, dit is nie iets wat sommer net in die "jaarts" of erf groei nie!!! Nee, dit is een peul wat 'n "jaart" lank geword het!

Nou sal julle vra wat is 'n "jaart" - die ou mense!!! het materiaal gekoop by die "jaarts" - dit was 'n afmeting van 39 duim - wat is duim, ag, kom ons los dit!!!!!

Dit is 'n boontjie (groenboon, wat jy eet!!!) wat so lank kan word. so omtrent 'n meter plus 'n bietjie.

Ek het saad gekry by iemand, en geplant, en kon die versoeking nie weerstaan om te gaan pluk nie, eintlik is ek bang dat dit te "dik" en onsmaakvol word as dit te lank word. Op hierdie lengte nog baie "kraakvars".

Hier volg die foto, gemeet so 65cm.

 

 

 

en die ander twee bondels is gewone groenbone, normale lengte, en "geel" bone.

Die geel bone kom van Pole, en is oorspronklik "groen", soos normale groenbone, en kleur dan geel. Snaaks genoeg, as jy hom kook, (ons verkies so heel, terwille van die kleur) bly hy geel. Maak baie interessante potjie met die groen en geel bone.

Ek gaan tog een van die "jaart-bone" los om te kyk of hy wel 'n "jaart" in lengte kan bereik, en sal terugvoer gee. Wil dan sommer een peul los vir saad.

Altyd lekker kos en tuingroete.

Frans

 

 

 

 

Dagse oom frans
Ek ken daardie boontjies hul raak lekker lank ek het verlede jaar van hul geplant myne het egter nie so lank geword nie omtrent so 400mm lank toe plik ek hul ek was bang hul droog uit of raak onsmaaklik die jaar het ek nie weer van hul geplant nie ek hou meer vandi stoel boontjies
Groete
Ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2649
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Oom Frans, ek dink jy onthou verkeerd?

"n Jaart was nie 39 dm maar 36 dm of ook dan 3 vt - daar was 12 dm in 'n voet en 3 vt in 'n jrt!!

Ek het nog 'n ou duim stok - nog die ou hout tipe wat kan opvou en is in duime afgemerk, ook nog 'n 50vt "tape measure"ook nog in duime afgemerk!

Dan het ek ook nog 'n Six pence, 'n kroon, en 'n 10shilling assook 'n pond noot!

Lekker ou dae gewees. veral die petrol prys daai dae as ek reg onthou 'n six pence 'n gallon wat sowat 24c 'n liter was!!!!

"n Pakkie Havanna sigarette 25 sigarete in 'n pakkie was 4 pennies, sowat 5c - daai tyd kon ons bekostig om te ry en te rook!!!

Sorry dat ek jou draad so kaap!!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5682
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Arie, was 'n jaart nie 3'3" nie?

Frans, my pa het hulle ook geplant toe ons kinners was. Daarna het hy nooit weer van die saad kon in die hanne kry nie.

Ek sal dit nou regtig verskriklik waardeer as jy vir my 'n pit kan pos, man.

Ek plant van die ander soort bone wat ook so 'n lang, breë peul maak, maar is nie deiselfde as die jaart-boon nie. Hy word max so 30 cm lank met die peul wat tot so 2 cm wyd word.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Brinley Pritchard
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 20/12/2010
Inskrywings: 129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randburg
Ek sleep 'n 1997 Gypsey Regal met 'n Renault Scenic 1.9DCi

Arie is korrek, 'n jaart is een tree = 3 voet = 3 x 12 duim = 36 duim. Terloops, ken julle 'n jaart bier?

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5682
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Nee, nog nie daarvan gehoor nie. Plant mens dit?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Willie,

1 jaart = 3 voet = 36 duim = .9144 m = 91.44 cm = 914,4 mm ...

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Brinley Pritchard
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 20/12/2010
Inskrywings: 129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randburg
Ek sleep 'n 1997 Gypsey Regal met 'n Renault Scenic 1.9DCi

'n Jaart bier kom in 'n glas wat een jaart lank is. Dit kom uit die dae toe mense nog met koetse gereis het. Die koetsier het hoog op die koets gesit en dit was moeilik vir die herbergier om vir hom 'n bier te gee wanneer hy by die herberg gestop het.  Die bier was dan in 'n glas gegooi wat een jaart lank was en so vir die koetsier aangegee. (Drink en bestuur was toe nog nie onwettig nie - hie hie.) Google "a yard beer glass" Daar is jaart bierdrink kompetisies om te sien wie die jaart die vinnigste kan leegmaak.

Groetnis.

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Ek het van die bone geplant die jaar. Myne het op die langste so 50cm geword. Dit rank geweldig en is baie geil. Ek pluk nou al vir die afgelope drie maande elke tweede dag genoeg vir 'n kooksel wat 5 mense genoeg boontjies gee vir ete.

Snaaks genoeg, die pitte wat ek geplant het is baie kleiner as gewone stambone, ek het getwyfel toe ek dit geplant het, maar is aangenaam verras!

Ek het nou 'n hele paar droe peule van die oes en gaan weer volgende seisoen plant.

Groete

Hans.

kampgereeld
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.

Baie dankie vir die artikel.  Het dit baie geniet.  Ek het groot geword met die jaart boontjie.  My pa plant dit nog steeds, maar snaaks genoeg word die boontjie nie heeltemal so lank as wat dit vroeer tyd was nie.

Jean

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5682
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Waar kry mens van die sade te koop? Ek kry nie eens gewone rankboonsade op die rakke nie? Plant net stambone.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

kampgereeld
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.

Ek het by my pa saad gekry en dan kry jy dit ook by die OTK of soos dit deesdae genoem word - AFGRI.

Lekker dag

Jean

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Magtag maar julle kan nou 'n goeie storie opvoeter met tegniese detail, ek dog nou ek kan so 'n bietjie bylieg met die jaart=-storie soos die vistermanne se visse!!!! maar nou is die spul so skerp soos lemmetjies, ek gaat trek sommer die blêrrie boontjies uit en plant pampoen!!!! O, gaats, ek het pampoene, so daaroor kan ek ôk nie meer lieg nie want hulle was ook al op die kiekies hier!!!!!

Arie, ja, goeie ou dae!!!!!!

WW, ek sal moet kyk of daar peule gaan droog word, aners moet ons maar by vriend Hans #10 kry vir verdere aanplantings.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

NS. Moet darem sê dat ons elke jaar genoeg van sekere groentes kweek vir die res van die jaar.

NS.2 Het enige iemand al van die geel boontjies êrens gesien? of het ek julle daar getroef?

 

 

 

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 346
Gebruiker van lyn af.

Oom Frans,

As jy daai boontje lank genoeg aan die stam los word hy nie pers nie? Of is die pers ene 'n ander variteit? ek onthou so 'n lang pers boontjie ook uit my prille jeug.

kampgereeld
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.

Hi Alias

Die pers boontjie word genoem die "Blue Peter".  Dit is ook 'n redelike groot boontjie, maar word nie so lank soos jaart boontjie nie.  Wanneer jy die Blue Peter kook, word hy groen.

 

Groete

Jean

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Alias, nee, ek het nog nie met hulle gesels om te hoor wat hulle doen en nie doen nie, maar ek word so nou en dan pers as my moermeter strip!!!!!!

Ek dink daai perses was bietjie platter? Ek onthou ook ook so iets uit my prille jeug, miskien onthou ons selle goeters!!!! of is jou  prille jeug nie so lnk terug as myne nie???

Netnou kom iemand dalk met die regte beskrywig hier uit va die perses, sal seker so doen om die storie verder op te foeter met feite!!!!!!

Groete al met die gang af.

Frans

 

 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

WW, ek weet nie of hierdie op die rak is nie, maar die rankbone wat deesdae te kop is, is hierdie Lazy Housewife variteit, wat nie lekker boon is nie, jy moet hom baie jonk pluk. Die stambone op die rak is ook nie lekker nie, word ook gou "hard", hetsy jy STAR 2000 of CONTENDER plant.

 Ek het al die jare WITSA geplant, was in stam en rankboon beskikbaar, en dit was lekker sagte bone, maar soos wat dit met ales gaan, die produkte word swakker, of daar word nie meer intensief saad gekweek nie.

Ek het vanjaar net so gesukkel met my pampoene, die derde keer eers kon kry dat hulle opkom. Maar ten spyte van alles, dit is lekker om jou eie goed te kan oes en gebruik, en as daar genoeg is, uit te deel.

Ons sal kyk wat gebeur met die bone of ons saad gaan kan oes.

Groete.

Frans

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 23 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • WilleWillemien
  • Marthinus Slabber
  • Arie
  • HennieBo
  • WilSur
  • Benzan
  • Zigi
  • Kampklong
  • evert
  • Villa Wahnsinn
  • MarkP
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • HJB
  • Spiderman
  • Rinus Lisse
  • deonhitchcock
  • Arabier
  • Obie
  • RATEL
  • Atoom
  • Tjailatyd
  • Perdeby

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.