wegsleep resepte
Nuwe forum onderwerpe
Ek wonder of is daar iemand wat my kan help. My resepte kaarte wat n mens saam met die tydskrif kry is on volledig. Ek het soos n aap van die resepte laat wegraak en nou is ek sooooooooooooooo spyt daaroor want ek is op n misie om ieder en elk te toets.
As iemand dalk dit het maar nie gebruik nie , of , as ek kan afskrifte kry sal ek so danbaar wees.
Dankie Skippie
haai skippie
ek sien die manne se jy is die shef hier onder hulle jy weet nie waar kan ek wegsleep se resepte boek bekom nie
MossieTinkie, ek sien op die Winkel skakel hierbo daar isnog Reseptekaarte beskikbaar teen R50.00 plus R23.00 of wat posgeld. As julle spesifieke blaaie soek ongelukkig het ek myne op grootte gesny, maar as julle NOU MOET iets kry, kan ek weer die stukkies bymekaarsit en afdrukke maak, die gehalte is net nie baie goed nie, anders kan ek dit in PDF formaat skandeer en e-pos, 'n SESPAK kan altyd welkom wees!!!!!
BenA, die resepteboeke was oorspronklik by alle plekke wat tydskrifte verkoop, beskikbaar, die eerste uitgawe sal jy maar moet bel of e-pos om te hoor of hulle nog het. Die tweede uitgae het ek nou die dag nog gesien by 'n winkel, ek weet nie meer waar nie. As jy een soek, PB my, of gooi my e-pos, jy het mos my adres, dan kan ek hom koop as ek hom raakloop en vir jou pos, dalk sommer daai ander goed ook maak en pos wat jy las oor navrae gedoen het, dan spaar jy posgeld.
Altyd egte kampgroete.
Frans
frans
baie dankie vir die aanbod water een van die uitgawes sal jy se is die beste een of twee en watse soort resepte is daar in ek is opsoek na resepte vir bykosse as n man so bietjie n vleisie braai slaaie raak so bietjie voorspelbaar ek ken n artapel gereg wat ook lekker is en garlic bood rooster broodjies gewone braaibroodjies, paptert , en dan die ou boerekos pap en sous ek soek iets vinnag soos daardie roomwiele hy is net so n wenner nou soek ek nog wenresepte wat lekker is ek sal hier by ons cna gaan kyk as ek hom nie vind nie dan sal ek jou kontak weereens baie dankie
Ben, ek dink jy sal nie meer die eerste boek kry nie, hulle adverteer hom glad nie meer by die WINKEL opsie hier regs bo nie. So, jy kan nommer twee by hulle bestel, maar eers weer Januarie wanneer hulle oopmaak.
Jong, ek sal nie sê die ee is beter as die ander nie, ek loer soms net so vlugtig na die resepte, Ma lees meer intensief, en wanneer ons iets daaruit wil maak, is daar altyd 'n variasie!!!!! of modifikasie!!! van ons kant af. Ons het ook bv in die eerste weergawe GROOT foute gekry!!! Wat gebeur is dat hulle neem resepte wat in die tydskrifte verskyn het, en sit dan die boek bymekaar, en die persoon wat die goed moet oordra van die een na die ander, en die setwerk doen, kry ook maar 'n af dag van tyd to tyd, en dis daai resep op daai afdag wat dan tweede kom.!!!!
Ek sou sê mens gaan net so goed doen as jy deur die ou resepteblaaie hier op die forum hardloop, en bietjie rondsoek. Ek dink baie groot hoeveelheid resepte was wel van hier af afkomstig.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Marthinus Slabber
- Arie
- HennieBo
- WilSur
- Benzan
- Zigi
- Kampklong
- WilleWillemien
- evert
- Villa Wahnsinn
- MarkP
- Frikadel
- Francois Malan
- HJB
- Spiderman
- Rinus Lisse
- deonhitchcock
- Arabier
- Obie
- RATEL
- Atoom
- Tjailatyd
- Perdeby




.jpg)

Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto
Vra vir Wegsleep, ek glo hulle sal dit vir jou stuur, praat met Ziggyop e-mail.
Goeiewense - Pieter