Gesels saam op die WegSleep forum.

Vleisrol oor indirekte hiite in Weber: Hoe lank?

Gesels saam op die WegSleep forum.
deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

Hallo al julle goeie braaiers.

Ons het van 'n agterkwart vir ons 'n lekker vleisrol laat uitsny. Ons wil dit nou in die webber oor indirekte hitte laat gaar word. Lank terug het ek 'n ding onthou van x-aantal uur per 1kg of so iets. Is hier dalk iemand wat so formule ken van gewig van vleis teenoor tyd in Weber?

Dankie solank.

Deon

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Deon,

As ek reg onthou was dit 'n half uur vir elke kilogram.  Ek sal vanaand in my Weber se kookboek vir jou kyk en seker maak. 

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Deon,

Hier is 'n link vir die weber se webwerf wat dit mooi uiteensit.

www.weber.co.za/index.php

 

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

Jacques, baie dankie. Waardeer jou moeite.

Deon

 

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Hallo Deon, ek doen gereeld rolle en heel braaistukke in my Weber. Ek het belê in 'n vleis termometer en sal nie so 'n poging sonder dit brobeer nie! Mens se vuur is nie altyd dieselfde temperatuur nie en die vleis se gehalte is ook nie altyd so dat dit elke keer dieselfde tyd gaan neem om gaar te word nie. Jou rol moet ook nie koud wees as jy begin braai nie, kamertemperatuur is die beste, dit geld vir enige vleis wat jy wil braai.

Ek braai gewoonlik eers die rol vir so een uur toegedraai in foelie, blink kant buite. Toets dan met die termomente en braai dit verder oop sodat die buite laag kan karameliseer. Die gaarheid hang van jou smaak af, maar so gemiddel een en 'n half uur vir ± 2 kg beesrol, teen medium hitte.

Te veel kole gaan die rol uitdroog. Ek gebruik ook meestal indringerbos houtskool en nie brikette nie, maar elke ou sal dit op sy eie manier doen.

Ek het vir oujaar 'n lamboud ontbeen (2.4 kg) en vir 2 dae gemarineer in suurlemoensap, olyfolie, roosmaryn, tiemie en bietjie knoffel. Dit het ook oor indirekte hitte in die Weber net 45 minute geneem om heerlik medium tot goed gaar te word.

Hoop dit help,

Groete

 

Hans.

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hans wrote:

Hallo Deon, ek doen gereeld rolle en heel braaistukke in my Weber. Ek het belê in 'n vleis termometer en sal nie so 'n poging sonder dit brobeer nie!

 

Ek stem volkome saam.

Vergeet van die formules, jou kole, tipe vleis, dikte, ens. maak te veel verskil op die eindresultaat.

My termometer is 'n elektroniese een, ek kies bees, vark, hoender, ens., dan "rare", "medium", ens en elke keer as ek daai lang punte in die vleis indruk lees ek dadelik op die LCD skermpie hoe gaar dit is. Die ander voordeel is dat jy dan tot op die laaste kan wag met enigiets anders wat jy wil maak sodat dit saam met die vleis gereed is. Perfeksie en dit kos tog nie so baie nie. Veral as jy elke keer die komplimente hoor van "hoe het jy dit reggekry" nie

Njammies

 

O jaa, ek gebruik die termometer as ek met die Weber, groot gasbraai met deksel by die huis of met die Cobb braai. Dit werk!

 

 

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

Sjoe, water my bek dam nou.

Kan julle 'n spesifieke maak aanbeveel en waar kan ek so ding in die hande kry?

Deon

 

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Hallo Deon, ek het die elektroniese meters by Makro gesien. Ek gebruik die gewone "dial" tipe. Myne het R 20.00 gekos en hy werk goed. Die elektroniese een gaan makliker werk pmdat hy spesifiek gestel kan word soos Wegbreker hierbo sê.

Groete

Hans.

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker is aanlyn
Plek: Wilropark

deonh wrote:

Sjoe, water my bek dam nou.

Kan julle 'n spesifieke maak aanbeveel en waar kan ek so ding in die hande kry?

Deon

 

 

Hi Deon, Volg maar die raad van die ander forum gebruikers, maar moet nie vergeet om my te kontak dat ek ook die gaarheid kan kom TOETS nie.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

HennieBo wrote:

Hi Deon, Volg maar die raad van die ander forum gebruikers, maar moet nie vergeet om my te kontak dat ek ook die gaarheid kan kom TOETS nie.

Hennie, jy's baie welkom. Sal foto neem en vir jou e-pos.

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Deon

Ek kan nie eens onthou waar ek hom gekoop het nie, maar het hulle onlangs nog by Makro en Checkers Hyper gesien

Lekker braai

 

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Wie's aanlyn

Daar is tans 23 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Arie
  • HennieBo
  • WilSur
  • Benzan
  • Marthinus Slabber
  • Zigi
  • Kampklong
  • WilleWillemien
  • evert
  • Villa Wahnsinn
  • MarkP
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • HJB
  • Spiderman
  • Rinus Lisse
  • deonhitchcock
  • Arabier
  • Obie
  • RATEL
  • Atoom
  • Tjailatyd
  • Perdeby

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.