Gesels saam op die WegSleep forum.

vark spitbraai

Gesels saam op die WegSleep forum.
BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse maters

ek soek so bietjie raad het enige iemand al n speenvarkie op die spit gesit.

hoe gaan mens te werk en watse doopsouse en marinade gebruik n ou

enige manne met resepte raad en advies asb

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

chris dupreez
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/11/2011
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA FLORAUNA
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Isuzu KB 300LX

hallo Ben, probeer die souse van castle wat jy in die super mark koop.As jy nie n spuit het nie kry n groot spuit by die apteek,ek dink hy is so 80ml met n vet punt ,nie n naald nie.Sny die punt dan skerp,skuins af sodat hy maklik in die vleis kan ingaan .Ek spuit die skaap of varkboude wat ek gaarmaak ook so.Jy kan knoffel en enige iets by die sous sit ,as dit lekker smaak gaan die vleis ook lekker smaak.MOET NET NIE sous op die buite kant smeer as hy nog nie gaar is nie ,dan word die vel taai en hy word nie reg gaar binne nie. Gaan groot.

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Dagse chris
Ek wil by jou uitvind wat ek wil doen ek wil n speenvarkie slag en hom op die spit sit maar hy moet nie langer as 400mm van kop tot boud wees nie ek skat hy sal seker so 8 tot 10 kg uitslag hoeveel mense sal jy se sal van hom kan eet en laaste vragie die varkie moet hy nog sy vel aan he of slag jy die vel af. Hoe lank dink jy sal dit neem jy sien my spitbraai wat ek het is nie groot nie hy is so groot soos die weber sin dink jy sal so varkie kan draai
Kampgroete
Ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 519
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Hi BenA - Ek is nie 'n kenner om speenvarkies op 'n spit te braai nie, maar het al baie keer verskeidenheid vleis op 'n spit gaar gemaak. Ek werk gewoonlik so 200-250g vleis per persoon as daar nie bene is nie, en so 400-500g vleis per persoon as daar bene is.  Dit klink nie na baie vleis nie, maar onthou daar is nog by-kosse ook 

Ek het al die voorreg gehad om 'n speenvarkie te eet van 'n spit af en die braaier het genoem dat hy dit baie stadig gaar gemaak het, en ek kan onthou dat die vel baie lekker "crispy" was.

Ek dink ook Chris is op die regte spoor om die vleis te spuit sodat daardie marinade die vleis lekker kan geur.

Sterkte met jou poging 

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 482
Gebruiker is aanlyn
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

BenA.

Google "Vark op die spit". Gaan na bladsy 54 van die boek Beste Suid-Afrikaanse Braai Resepte.

Hoop dit help.

 

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

more kampmaters

ek soek graag jul mening die varkie wat ek wil spit moet nie langer as 400mm wees nie so hy is maar klein die gewig sou ek se is so tussen 6 en 10 kg ek vat nou n wille skating hier is my spit wat ek wil gebruik hy het 2 gas burners onder die angel iron yster met n deksel wat toemaak hy raak redelik warm ek het al n hoenderkie op die spit gemaak dan vat dit so 30 tot 45 minuute

wat is jul ervaringe ivbm die sakie dink jul manne die spit is reg vir hom hy het egter n laai onder vir groentes

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

More Ben

 

Soos ek aan jou genoem het, Ek sal aanbeveel dat jy die vark eers lekker laat rook. Dan sny ons die rug vel blokkies net deur die vet. Dan maak ons n lekker sweet en sour sousie met biekie woestersous. 

Hel hoe honger word ek nou !

 Sien Julle by die boom !

frikkie123
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Hi Ben

Hy sal baie goed werk in die spit.Wat Ek gewoonlik doen is stop hom lekker met knoffel en chillies.Gooi hom lekker spices van jou keuse.Jy kan nooit nie die vel afhaal nie.Dis die lekkerste.Smeer hom ook bietjie olie op die vel.Wat ook help om die vel lekker "krispie" te maak is sout.Strooi maar die sout oor die vel gedurende die braai.Dis moeilik om te se hoe lank hy gaan vat agv van die hoeveelheid vleis en die groote van die braai.So half uur voor hy gaar is verf jy hom met n mengels van heuning,monkey glad sous en suurlemoen.maak ook seker as jy die varkie nie oop spalk nie dat die borskassie lekker oop gespalk is,as jy verstaan wat ek bedoel.Die hiite moet hom binnekant ook lekker braai.Ek het nou nie n foto van die speenvarkie wat ek gebraai het nie maar heg is foto aan van n halwe varkie wat ek so ruk terug op die spit gesit het met presies dieselfde metode as hier bo

Groete

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 756
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Agnee man Frik, is dit nou regtig nodig vir die foto?  Lunch is nog ver!

Ben, gaan die varkie in daai braaier van jou kan draai? - gaan die pote nie hak nie?

Mag die voorspoed jou verveel......

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Liewe magtag, ek het nou al moedswillig gesien, maar julle vat die koek!!!! Dis halftien op Vrydagoggend, julle wil vark spit, dêmmit, mens  moet werk man!!!! Nee, genade, loop maak anner mense op anner plekke lus, ek skakel nou hierdie besigheid af, ek het baie werk, die sleutelbord in elk geval so vol kwyl ek's skoon vies!!!! magtag manne, dis vieslik van julle!!!!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

chris dupreez
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/11/2011
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA FLORAUNA
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Isuzu KB 300LX

Hallo Ben, soos die manne se ,moet nooit die vel afhaal nie ,wat ek doen is om n ketel kookwater oor die vark te gooi , dit veroorsaak ook dat die vel lekker krakerig is as jy hom braai.Dit is so dat jy kan werk op 250g vleis per persoon.Maak die varkie se bene se punte toe met foil wat sal help dat dit nie brand nie,asook die ore.As ek jou goeie raad kan gee kry vir jou gaste ander vleis ook want jy gaan daai varkie alleen wil opeet.

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 557
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse maters

wel soos jul bo gesien het my braai is nou nie van die grootste nie big g ek het self aan daai ding gedink die motertjie wat ek het is soos die weber braais sin ek het al 2 x 3kg hoenders gespit met hom maar moet se hy het so bietjie gesuffer maar hy het hom gedoen se my maters hoe is die beste manier om hom te rook

ek het gedink om so pakkie skaafsels te kry en so 30 min voor etenstyd gooi ek die skaafsels in n foelie bakkie en rook hom of het jul n beter idee

kampgroete

ben

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Eben die kampeerder
Ou hand
Aangesluit: 06/04/2011
Inskrywings: 177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg Mpumalanga
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Romany met 'n 2012 Ssangyong Korando 2.0 CRDi AWD AT

Dagse Ben,

Jammer ek sien nou eers die draad, ek het al n hele paar varkies gespit, daar is regte soveel maniere om hom lekker te braai - Kyk maar na al die voorstelle. Ek hou spesifiek van n varkie met suurlemoen. Wat ek maak is soos volg.

1) Spuit die varkie met suurlemoen sap gemeng met sout. (Sien Notas). Jy kan hom maar spuit, n mens kan hom amper nie te veel spuit nie.

2) Laat die varkie dan hang oornag, sodat die sout en suurlemoen mengsel lekker intrek.

3) Sny die varkie se vel in blokkies met n "Stanley messie" , nie te diep nie, net so deur die vel en miskien nog so mm of twee.

4) Neem dan weer van die sout en suurlemoen mengsel en vryf dit lekker in oor die vel.

5) Maak die varkie mooi vas op die spit.

6) Braai hom op lekker vinnege kole vir so 30 -45 Minute, die vel behoort dan lekker crispy te wees.

7) Onthou, die varkie braai maar stadig deur die velletjie, ek verwyder die velletjie as dit crispy is, dan het almal sommer n lekker proeding tussen die kuier deur.

Cool As die velletjie verwyder is, kan jy die varkie begin stadiger braai, anders brand hy buite en is nog rou op die been.

9) Net voor bediening, so 15 - 20 Minute oor, kan jy die varkie met n sousie van jou keuse bedruip, dit sal hom n heerlikke buite lagie verskaf.

10) Hang af van jou bykosse, maar jy kan werk op so 300 - 400 gr per persoon. (As dit net mans is, so 800 gr per persoon, glo my maar).

Die sout en suurlemoen mengsel is soos volg.

Maak n versadigde oplossing sout in die suurlemoen sap. Hang af van grote van vark hoeveel oplossing jy maak. Begin met so 500ml suurlemoen sap en voeg sout by en roer tot versadig. Spuit dan net die oplossing nie die sout wat afsak nie.

Ek glo maar aan die resep, dis basies en jy behou die lekker vark smakie.

Hoop jy kan hom eendag probeer.

Groete,

Eben die kampeerder

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 41 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • WilSur
  • Benzan
  • HennieBo
  • Marthinus Slabber
  • Zigi
  • Kampklong
  • WilleWillemien
  • Arie
  • evert
  • Villa Wahnsinn
  • MarkP
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • HJB
  • Spiderman
  • Rinus Lisse
  • deonhitchcock
  • Arabier
  • Obie
  • RATEL
  • Atoom
  • Tjailatyd
  • Perdeby
  • Leon Verster

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.