So moet 'n ommelet lyk - Big G styl!
Nuwe forum onderwerpe
Nou toe ons by Eiland was seg een van die kinders een oggend hulle is lus vir 'n ommelet. Gisteraand se bietjie braaivleis en gebraaide ui met kaas maak toe 'n baie lekker vulsel!
Was dit nou lekker. Ek moet bieg die Paella pan het bygedra tot die sukses van die ommelet.
Groetnis
Gerrit
Lyk lekker, sit solank my order in by volgende saamtrek.
Wat het die kinders geeet toe jy klaar is?
Water my bek nou.
Wat het die kinders geeet toe jy klaar is?
LoL, daai oukie het nie kante geraak nie - ek kon nie glo hy is so vinnig verorber nie!
Ek staan sommer nou op en vat nog n lunch. My kantoor is nie verniet by die huis nie.
Gerrit, daardie panne is eerste prys!!
Hoe het jy die omelet so netjies oorgevou? Meer as een hand moes daar gehelp het!!
Groete
Hans.
Hans,
Daardie pan is 'n wenner en sy geld werd!
Jy is reg, ek het net die een spaan gehad so die kinders moes gou help aan die kante met die oorvou maar hy het gelukkig mooi geval aan die anderkant!
Big G
Daai panne is n wenner! Hoeveel eiers het jy gebruik om die pan se hele oppervlakte te vul?
Gooi sommer n resep vir ons, onder kos, dan noem jy dit BIg G se Paella Pan Ommelet!
Ek stem vir so 'n omelette!
Ons gebruik die volcano non-stick pan op Hot wheel burners vir ons ontbyt poging.
My grootste probleem is om die omelette gevou te kry - as alternatief braai ons die vorige aand se braaivleis, uie, tamatie, sampioene ens, gooi dan die eiers tussen hulle - tipe van 'n oop omelette.
Niks kom by kamp brekfis nie!
Kobus
Lekker, Big G.
Lorraine werk ook net met daai panne. 'n Wenner.
Ai hoe lus raak 'n man nou!!!
HAAI BIG G
KOM NOU MOET ONS NIE SO NASKIERIG HOU NIE SE NOU BIETJIE MEER OOR SO OMILETTE HOEVEEL EIERS VAT HY EN HOEVEEL MENSE HET AAN HOM GESMUL ONS SOEK DAARDIE RESEP WANEER BEGIN JY HOM
GROETE
BEN
Big G
En jy het my nie eers genooi vir ete nie....Ai ek het uitgemis!
@ Ben en Johan, neewat, daar is nie 'n resep nie en elke een lyk\proe anders. Ek dink die was so 10 eiers? Basies is die vulsel maar die braaivleis wat oorgebly het van die vorige aand met gebraaide ui, knoffel en sampioene (as ek het) met 'n bietjie van jou gunsteling sousie by en dan die kaas. Eintlik gooi jy by wat jy het en voor lus is!? Ek het aan hom gesmul en mamma en die 2 girls het ook 'n stukkie gekry!!
@ David, ek wou jou nog gaan roep het - regtig 
Groetnis
Gerrit
hi big G
nee ek sien jy is n man wat kan sorg net volgende keer dat jy ons ok nooi dit is nog die grootste omilete wat ek gesien het
kampgroete
ben
Mooi gemaak met daai Big G omelet Gerrit - bou vir ons een by die Oase??
Ja nee David ek was net aan die oorkant van ou Gerrit en hy het my nie eers 'n ou stukkie gegee nie. Dankie aan sy vrou vir die heerlikke malva poeding en die lekker broodjie. Dit het opgemaak.
Groete daar
Manie
@ Big G,
Ek wil hierdie naweek die omeltte probeer.
Doen jy dit oor n lae hitte, of hoe. Gee my bietjie tips jong !!!!
Dis hoe ons dit gedoen het die vakansie:
dagse eben
ek sien ou big g is maar suinig met sy tips ons moet maar hoor of hy ons nie wil leer nie miskien stem hy in
kampgroete
ben
Hi Big G,
Hoe kan jy ons nou so honger maak hierdie tyd van die dag!
Ek weet wat maak ek vir aandete vannaand.
Wonder hoe sal 'n ou volstruiseiertjie in daai omelet werk. Dan behoort een genoeg te wees.........vir my.
Ek het toe die naweek my Omelet probeer. Dit was darem n sukses. Ek het bioetjie gestress ek gaan die omelet brand.
Vulsel was:
- Oorskiet Hamburger Patties, Lamb Tjops en Vark worsies
- Kaas
- Mushrooms
Sal volgende keer dalk net minder Vleis insit en bietjie meer kaas !!!
Het self die ommelet probeer die naweek, en was dit nou vir jou n wenner!
Vulsel was:
2 pakke bacon
6 viennas
salami
mushrooms
tamatie
pynappel
kaas
Sien n paar fotos:
.jpg)
.jpg)
Dis nou wat ek n omelet noem, dit lyk heerlik.
Ek dink ek moet maar ook vir my so n pan aanskaf, van pa aan pa, of so iets.
Groete,
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilleWillemien
- WilSur
- evert
- Arie
- MarkP
- Villa Wahnsinn
- Frikadel
- Francois Malan
- HJB
- Spiderman
- Marthinus Slabber
- Rinus Lisse
- HennieBo
- deonhitchcock
- Arabier
- Obie
- RATEL
- Atoom
- Benzan
- Tjailatyd
- Perdeby
- Zigi
- Leon Verster
- Berno Punt
- Big G










.jpg)

.jpg)


.jpg)








Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI
njam!
Groete
.jpg)
Ken