Skippie se Boerewors en Steak Pastei
Nuwe forum onderwerpe
Goeie dag,
Dit is weer tyd dat ek 'n bydrae lewer hier vir Kersfees en voor die jaar verby is! Ek en my seun het gister gou die resep uitgewerk en toe op die proef gestel! Dit was regtig heerlik saam met rys en 'n mengelslaaitjie.
Hier volg die storie!
Skippie se Boerewors en Steak pastei
Jy benodig:
1 kg Steak blokkies(sag of slaan hom met die hammer!)
500g Boerewors (jou keuse)
500g Puff pastery (skilferkors deeg)
1 groot gekapte ui
150g gekapte knoffel
2 gekapte soet rissies
2 eetlepels gekapte Chives
1 koppie gekapte spring onions
1 pakkie Ina Paarman se Sun dried tomatos (opsioneel)
1 koppie Wellingtons Steak House Sauce of Jimmys sauce as jy het
350 ml Melk/room
2 opgehoopte eetlepels Ina Paarman se bruin sous poeier
Olyf olie
Jou speserye en sout en pepper na smaak (wit en gemaalde swart pepper)
So maak jy:
Braai die uie, soetrissie, knoffel, chives en spring onion in ‘n bietjie olyf olie in ‘n braai pan (gas, kole of elektries) tot dit mooi bruinerig en glaserig is.
Verwyder dit van die pan en hou eenkant.

Braai nou die boere wors tot medium gaar en sy in wieletjies na dit afgekoel het.

Braai nou die vleis blokkies in dieslfde sous met nog ‘n biejie olyf olie tot dit medium gaar is.
Voeg speserye van jou keuse by met swart en wit pepper en ‘n klein bietjie sout. Sprinkel bietjie Worchestershire sous of Soya sous by en roer gedurig.
Die songedroogte tamaties kan nou bygevoeg word, maar dit is opsioneel.
Voeg nou die Welligntons Steak House sous by en roer liggies duer op matige hitte.
Nou vir die geheim, meng die sous poeier met die room/melk en voeg by terwyl jy ligies roer.
Prut stadig vir 5 minute en roer liggies deur, die sousie moet nou al effe dikkerig word en verwyder dan van die hitte en hou eenkant.

Rol nou die skilferkors deeg uit, groot genoeg vir jou oond vaste bak(twee liter oondvaste glasbak is groot genoeg, of jou platboom ysterpot se bodem en kante, hang af waar jy hom gaan gaar maak. (Die pastei kan op matige kole ook gebak word met ‘n paar kloe op die platboom ysterpot se deksel)
Spuit jou bak of pot eersgoed met Spray’n Cook of smeer goed met botter. Voeg nou jou mengsel egalig by, skud hom bietjie sodat die sousie mooi deur trek.
Rol nog ‘n stuk deeg uit vir die bokant en plaas dit bo-op die mengsel en druk dit teen die kante vas met ‘n vurk om mooi te seel.
Meng ‘n kwart koppie melk met een eier, klits goed en smeer met ‘n kwassie boo-oor die hele pastei – die pastei moet goed bedek wees met die mengsel.

Plaas in die oond/matige vuur en bak vir 30 -45 minute en bedien met rys en of mengelslaai.
GENIET HOM!

Vir julle wat wel lief is vir niertjies, kook jou gekapte niertjies tot lekker sag en voeg dit by in die plek van die wors of saam met die wors!! Dit behoort heerlik te smaak!
GESEENDE FEESTYD VIR JULLE!
Nee, blikses Skippie, ek bedank nou!!!!! Pas klaar ge-eet, nou sien ek hierdie, ek gaan dooi, myself oorvreet todat ek rol!!!!!!!
LYK HEERLIK, PIETER, sal beproef.
Altyd egte kampgroete.
Frans
|Magtig skippie dit lyk vrek lekker,
Dankie vir die reseppie
Jong Pieter, ek en my vriend Roelf moet saam met jou gaan kamp. Julle sal lekker oor kosmaak kan praat. Ek gaan die resep vir hom wys.
As hy proe soos hy lyk moet dit 'n wenner wees. 'n Mens eet immers mos eers met die oë, en magtag, dit lyk goed.
Ek gaan die een sommer die naweek nog maak. Ek sal die skilferdeeg vervang met Heksie se vinnige roerdeeg resep, dan bak ek hom in my buiteoond. Klink sommer na 'n vingerleklekker storie die en die prente laat my sommer kwyl!
Ja-Nee hier is weer n lekker een, dankie vriend.
Hoe lyk dit manne, het joulle hom al gebou en was dit ;n sukses?
Wil graag hoor hoe het dit gegaan, veral Ian se voorstel?

Nee man nou is ek al weer honger
Ek ook Kaas Kop, elke keer as ek die foto's sien kry ek weer lus vir daai paai!!
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Villa Wahnsinn
- MarkP
- Frikadel
- WilSur
- Francois Malan
- evert
- HJB
- WilleWillemien
- Spiderman
- Marthinus Slabber
- Rinus Lisse
- HennieBo
- deonhitchcock
- Arabier
- Obie
- RATEL
- Atoom
- Benzan
- Tjailatyd
- Perdeby
- Zigi
- Leon Verster
- Berno Punt
- Big G










Ou Skippie, weereens, dit lyk VREK lekker!
"Tommorow is promissed to nobody"