Resep wat Haargroei bevorder
Nuwe forum onderwerpe
Goeie dag mense, dit is nou nie 'n Kos resep nie, maar ek was so beindruk dat ek dit graag met ander wil deel. Ek het dit by my haarkapper gekry en ek moet se dit werk regtig fantasties, dit is ook 'n baie goeie "Conditioner" en laat jou hare vreeslik mooi blink. (Dalk vir die manne wat so bekommerd raak as die haarlyn so bietjie krimp, soos my man sin). Jy kan al die bestandele by DISCHEM kry, vra net vir een van hulle personeel.
Ek kon na die heel eerste keer se gebruik nie glo hoe sag my en Pieter se hare was nie, om nie eens van die glans te praat nie...
200ml ALKOD
25ML Bergamont essence
25ml Bay Rum
5ml Klapper olie
5m Plasenta
Meng alles met 'n gewone "conditioner" wat jy normaal weg gebruik (ek het dit met 'n grotterige bottle Pantene Conditioner gemeng).
Masseer 3 x per week in die aand jou kopvel vir 5-10 minute lank met die mengsel. Ek los dit sommer vir so 30 minute aan. Spoel dit af met gewone warm water.
Dit werk regtig baie beter as die Koei Lek" resep waaraan die ou mense glo, ek belowe. Spiderman se hy ken die resep hy gebruik dit al jare, as sy tupe in is vir herstelwerk....
Werk dit vir borshare ok?
Dit kan ek nou nie se nie, maar ek sal dit vanaand op myne probeer. ( Dalk was dit wat Simson se geheim).
Dit kan ek nou nie se nie, maar ek sal dit vanaand op myne probeer. ( Dalk was dit wat Simson se geheim).
Julle konvoes my nou met die borshare storie....
Gelukkig brei ek nie, Frikkadel.
Ek het wel gehoor dat 'n goue ketting so tussen die borshare jou laat voel soos Simson.
Dit kan ek nou nie se nie, maar ek sal dit vanaand op myne probeer. ( Dalk was dit wat Simson se geheim).
Bel my ek sal kom toesig hou en die vordering dop hou- verniet en gratis!
Ai wat ek tog nie vir my medemens sal opoffer nie!!
Ek het wel gehoor dat 'n goue ketting so tussen die borshare jou laat voel soos Simson.
Ook net as jy 'n SLK saam met dit ry?
Dit kan ek nou nie se nie, maar ek sal dit vanaand op myne probeer. ( Dalk was dit wat Simson se geheim).
Bel my ek sal kom toesig hou en die vordering dop hou- verniet en gratis!
Ai wat ek tog nie vir my medemens sal opoffer nie!!
![]()
Wat van hoendermis?.... ek hoor dit werk ook!!
Wat van hoendermis?.... ek hoor dit werk ook!!
Die hoendermis is vir baard!
Jy smeer hoendermis aan die binnekant van jou wang en heuning aan die buitekant ... HULLE sê die hoendermis STOOT en die heuning TREK!!!
Hoe kry mens dit met die borshare reg, Footloose?
Gaan vir 'n tupperware inplanting Willemien. Plant die hoendermis in die binnekant en smeer dan heuning aan die buitekant.
Oppas net jy kan dalk 'n hoenderborsie ontwikkel.
Jis, Oubaas. Nou-nou ontplof ek dalk.
Maar, ja. Kan sy voordele ook inhou.
Dink net hoe gaat ek dan kekkel hier op die forum.
Ouens al wat ek kan se is dat dit regtig werk! Dink net as julle vrouens dit vir julle kan aansit en jy kry 'n "Indian Head Massage " of sommer net 'n gewone Boere kop Massering vir 5 minute 3 x per dag, gaan julle mos daarvan hou. Probeer dit.
Ek het juis vir die Simson met die SLK op Facebook gewaarsku om nie in die swembad te klim met daai goue ketting op die borshare nie..... as hy sink gaan hy nooit weer opkom nie. (Moet se hy het lekker gelag en dit goed gevat)
Ek praat sommer van my buurman wat heeldag met sy hoenerborsie en goue ketting op die sypadjie rondloop. Hy het eenkeer 'n groot klip uitgegrou en self probeer optel. HEHE die ambulans het hom kom haal hier op die sypadjie. Nou spot ek en die ander bure hom as Simson.
... en jy kry ... sommer net 'n gewone Boere kop Massering vir 5 minute 3 x per dag, gaan julle mos daarvan hou. ...
Annemarie,
Lyk vir my asof hier nou 'n lelike ding sy kop uitsteek ... ek is glad nie bekend met hierdie ding nie ... jy sal maar moet verduidelik?
He, he, he.
Jacques, waar's die popcorn.
Footloose,
'N Mens betaal baie gelde vir 'n Indian Head Massage by 'n "Day Spa" waar hulle jou kopvel masseer met lekerruik olies ens.
'n Boere kop massering is wanneer jou vrou jou kop so streel terwyl jy rugby kyk en sy vir jou nog 'n bier aandra en se "Pappie die ou blessie kring nou wyer uit sien ek, jy moenie jou werk so terharte neem en so vreeslik stress nie my ou goggatjie"...
O, ek het gedink dis so iets!
What's the advantage of loosing hair?
Gaining face.
Wie soek nou hoennermus?
n Mens sal baie versigtig moet wees om nie die konkoksie in die verkeerde botteltjie in tegooi nie. Soos byvoorbeeld jou "Bodywash". Jy sal meer as net moet skeer of hare sny.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- Frikadel
- WilSur
- Francois Malan
- evert
- HJB
- WilleWillemien
- Spiderman
- Villa Wahnsinn
- Marthinus Slabber
- Rinus Lisse
- HennieBo
- deonhitchcock
- Arabier
- Obie
- RATEL
- Atoom
- Benzan
- Tjailatyd
- Perdeby
- Zigi
- Leon Verster
- Berno Punt
- Big G



Hak en ry.....

.jpg)

.jpg)

.jpg)



Annemarie, dankie, dit lyk en klink lekker, maar vir my sal die nie meer help nie!!!! te vêr heen!!! en die waslap kammery werk eintlik lekker!!!
Altyd egte kampgroete.
Frans