Gesels saam op die WegSleep forum.

Peri Peri Sous

Gesels saam op die WegSleep forum.
Padlangs
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 07/01/2010
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

 Kan julle asb help.

Ek is op soek na 'n lekker peri peri sous soos wat die portugese dit maak of daar in Mosambiek.  Maar die regte een want ek soek al lank op google maar kry net nie die sous wat smaak soos hulle dit maak nie.

 

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Padlangs

 

Een van die dames by my werk koop Original Portugese Peri Peri sous wat homemade is by n vriend van hulle. Dit is glo tops.

Jannie Matthee
Groentjie
Aangesluit: 17/03/2010
Inskrywings: 34
Gebruiker van lyn af.
Plek: Amanzimtoti
Ek sleep 'n 2010 Gypsey Rhapsody met 'n 2010 Tata Xenon 2.2 .

Ek stem Padlangs sal ook graag die regte ding wil kry soos die in Mosambiek oral gesoek kan nie die regte een kry nie.

Ek is seker daar is n wegsleper wat kan help die een wat so oranje van kleur is.

Groete

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Eben,

Ek het my al vrek gesoek na die ware jakob Portugeuse sous... want die souse wat jy in die winkels kry kom nie naby nie....

Hoor bietjie of die dame daar by jou werk nie dalk meer van die sous kan in die hande kan kry nie ek sal dit met graagte by haar koop want ek weet van minstens 4 ouens naby waar ek bly wat van die sous soek...

Jy kan my maar pm as jy wil

Groetnis

Danie & Issie

 

 

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Ek soek ook daarvan, hou op op hoogte, asb?

Niks is beter as die regte sous soos daar in Moz nie

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4695
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek ook ASB.

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 390
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Kry solank die bier reg, daai Moz peri-peri sous is lekker warm

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1020
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Ok mense,

 

Hier is die down low: Die ou se naam is Zeet Borrageiro, en dit is sy ma, n ou Portugese tannie wat die Peri Peri Sous maak. Dit is homemade en 100% family resep.

 

Zeet Borrageiro

0824460448

 

Daar is twee groottes: Bier bottel size, ek dink 340 ml en dan 750 ml, die Wyn bottel size. Die tannie maak ook Pickled Onions vir die wat belangstel.

 

Wanneer julle die ou skakel, se maar net dat julle die details by iemand gekry het wat saam met "Janice Volker" werk.

 

Hierdie tannie se Peri peri sous is definitief n wenner.

Ockert Brits
Nuweling
Aangesluit: 20/01/2012
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Kerels hiers een sousie wat die bek sal laat water:

  • 2 koppies (500ml) kookolie.
  • Half koppie (125ml) wit asyn
  • 2 teelepels sout, verkieslik growwe sout.
  • 1 eetlepel peri-peri poeier. (voeg nog ‘n eetlepel by as jy wil hê jou “exhaust” moet “wit” brand).
  • 3 eetlepels paprika poeier.
  • 1 eetlepel bruinsuiker.
  • 2 lourierblare in kleiner stukkies gebreek. Verwyder die stele.
  • 8 knoffelhuisies gesny in 6mm stukkies.
  • Meng hierdie konkoksie deurmekaar en laat staan die houer oop met ‘n doekie oor, in ‘n koel plek vir ‘n dag lank, sodat die oliereuk kan verdwyn. Daarna kan ‘n deksel oor geplaas word.
  • Laat staan so vir ‘n paar dae.
  • ‘n Dag of twee voordat jy die sous wil opdien, plaas genoeg gesnyde heel groen en rooi rissies (met pitte) in sous en roer.
  • Wanneer chips pas uitgehaal word nadat dit gebak is, roer en strooi sous oor chips na smaak. Laat dit intrek in die chips.
  • Geniet die lekkerste chipsmaak in Suider-Afrika.
  • Probeer dit gerus ook oor gebraaide hoender.
Die sous kan weer gebêre word, maar die helder kleure van die rissies sal daarna verdwyn , hoewel die smaak net beter word.
Pasop tog net as jy praat terwyl jy hieraan dink of met die sous werk. Die spoeg is geneig om te spat sonder dat jy dit kan verhelp.
Pitbul
Nuweling
Aangesluit: 21/01/2012
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Ons het Vrydag by die werk Prego steak rolls geëet 'n friend Daryll Mendes het self sous gemaak sal hoor of  hy resep sal deel.  Dit was Heerlik jy kan natuurlik self die voltage change na smaak.

Padlangs
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 07/01/2010
Inskrywings: 125
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Dankie Ockert, sal dit probeer.

Pitbul, vra hom asb. Maar ek moet sê dis moeiliker as wat jy dink.  Ek het by al baie portugese mense resepte gekry wat ek hier kan plaas sowel as google resultate maar dis net nie die regte ding nie.  Seker maar soos party ouens oor hulle braaisout of sous geheime!

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 42 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • WilSur
  • MarkP
  • HJB
  • WilleWillemien
  • Spiderman
  • Villa Wahnsinn
  • Marthinus Slabber
  • Rinus Lisse
  • evert
  • HennieBo
  • deonhitchcock
  • Arabier
  • Obie
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • RATEL
  • Atoom
  • Benzan
  • Tjailatyd
  • Perdeby
  • Zigi
  • Leon Verster
  • Berno Punt
  • Big G

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.