Gesels saam op die WegSleep forum.

Oulike rooster staander

Gesels saam op die WegSleep forum.
Adriaan Dreyer
Groentjie
Aangesluit: 25/10/2011
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doornpoort, Pretoria
Ek sleep 'n Waentjie met 'n Hyundai Terracan 2.9 CRDI 4x4 outomaties

 Kyk hierdie baie oulike rooster staander.  Vat enige grootte toeklaprooster,  en jy braai jou ribbetjie terwyl die vlamme nog brand.   Ook baie lig, maak maklik skoon en jy sit hom sommer reg langs die vuur neer. Werk soos 'n bom! 

AanhegselGrootte
DSCN1980.JPG229.19 KB
DSCN1987.JPG230.89 KB

Lekker kamp

Groete 

Jan Adriaan Dreyer

Aanhegsels

AanhegselGrootte
DSCN1980.JPG229.19 KB
DSCN1987.JPG230.89 KB
WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4695
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Wonder wie het Saterdag Ontbytsake gekyk ?  Ek het dit vanoggend gesien met die heruitsending (die her uitsending is soms handig)  die Scampibraai

http://www.scampibraai.co.za/

Ek hou van die modulêre konsep van die braai.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4695
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek hou van die braai want als is los en kan apart gekoop word en kan ook werk soos 'n weber.  http://www.scampibraai.co.za/accessories.html

               Accessories

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 894
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Ons het ook die Woensdag oggend se herhaling opgeneem, omdat ons nie die naam kon onthou nie.  Ons dink ook dit is 'n bakgat braai.  Dit is ook nie 'n groot braai wat jy gaan sukkel om 'n plekkie voor te kry nie. Gaan beslis meer uitvind oor die pryse ens.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4695
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Het vir jou kontak gestuur.

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Adriaan ,daai tjops is duurder as die rooster. LOL. Grap net hoor. Ek braai baie keer so regop.

Kaaskop se broer het ook 'n puik patent en ek wens hy lees hier en plaas 'n foto.

Willem, dit lyk prakties.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Boats

Die man le in die Kaap ,ek sal as hy terug is en ek onthou bietjie fodies neem en laai.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Maters, skaf vir julle een van die aan. Werk soos 'n droom en vou lekker klein op. Daar's ook 'n klompie bybehore beskikbaar soos 'n steak plaat, hoender spit, ens.

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Stofdonkie - waar kry mens hierdie ding en wat kos hy?

Groete
Ken

 

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

 oulike stander gaan beslis een aanskaf dan wil ek ian se valm ribbetjie try 

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 360
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

HI Almal,

 

Ek het so 2 Saterdae terug vir my die Sampibraai soos wat Willem hier bo wys aangeskaf by Irine vlooimark (toe ek nog sou gaan kamp het......)

Ek dink dis 'n puik patent.  Alles kom in die sak en dit weeg maar 3 kg - lig soos 'n veertjie.  Die omie stal elke week daar uit.  Gaan kyk en bevoel die ding self.  Ek weet hy is bietjie duur, maar dis goedkoper as ;n Webber.  Hy reis in elk geval ook beter as daai kollesale Webber.

Twrwyl julle daar is: By die kos stalletjies is daar so 'n Portugese stalletjie - probeer hulle Prego rolls....TO DIE FOR!!!

Groete

Johan

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Adriaan, die staander het ek gesien, en sal een maak, ek weet net nie wanneer ek die ribbetjie kan bekostig nie!!!!

Die Scampibraai? Ek weet nie. As jy wil plek spaar, koop die COBB vir R899, saam met die verlengstuk ring om hoogte te kry, en jy het vir minder geld baie goeie produk, BEHALWE, jy kan hom op plastiek tafeltjie neersit, hom rondskuif, gebruik of die produk wat hulle voorstel, of so ses brikette, of 8!!!

Ek sou dan vir die ander dae wat dit reën die Cadac Safarichef koop, gebruik selfde grootte omruilbare items as die COBB,  en jy gaan beslis goedkoper wegkom as die Scampibraai met die twee items.

Ek het die genoemde items, en ek gebruik dit soos benodig, en dit werk vir my, en albei is in drasakke, en, miskien bietjie swaarder as 3kg, maar vir die variteit wat jy het, beslis die moeite werd/.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4695
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Frans,

Ja dit is waar wat jy sê met een groot probleem jy kan nie die delfde produkte gebruik vit 'n bosveld / kamp TV nie.  Want hoe kan ek dan kamp sonder my TV, die ingeboude TV op party plekke is onprakties te hoog.

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Julle soek nou almal vreeslike fensie braais, maar het julle geweet julle kan daai vleisie gaarkry sonder 'n grênd braai? Soos Arrie hierbo genoem het, wil hy nog my vlambraai probeer. Ja, ek weet julle dink dadelik aan verskroeie vleis, mar dit is waar die geheim lê! 

Ek het eenkeer 'n duim dik varkrib saamgeneem na 'n Saamtrek. Om hom gaar te kry sou lank neem. Ek trek toe my braaier onder 'n boom met hoge takke, gooi 'n tou oor 'n tak en maak die toeknyp roosster aan die tou vas en die ander punt aan die boom. Ek het vuurgemaak dat die vlamme net onder die rooster kom - so 100mm van hom af. Die hitte het daai vark laat sweet en ek het die rooster na so 'n uur afgehaal, die rib omgedraai sodat die bokant onder is en weer opgehang. Na nog so 'n uur was daai varkrib se velkant so krakerig soos 'n Simba chippie en hy was deurgaar. Daai varkrib het my Wegsleep rooster volgelê! 

Nodeloos om te sê, ons het soos konings geeët aan daai rib en Varkiebrood. Moet net nie daai rib te veel sous smeer nie. Myne was net gesmeer met sy speserye en hy het homself gaar gesweet. 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Ian,

Dit klink baie lekker! Ek braai ook altyd skaap en varkribbe skuins 20 minute na aansteek. Het 'n oom Hannes (Vark) van Riversdal geken wat al sy vleis en wors net-net bokant die vlamme plat opgehang het. Al die steakhouses kan seker ook nie verkeerd wees nie.

Ek wonder wie van die maters onthou nog die bloudraad metode vir wors braai in die vlamme. Heerlik!

Frans, daardie Safari Chef (Maantuigie) is 'n wenner in ons huis en word gereeld nadergetrek vir die voorbereiding van ligte vinnige kossies en ek wil nog die braaier sien wat 3 sirloins  beter gaarmaak. Myne het 'n "adapter" pyp vir 'n Cadac silindertjie wat baie goedkoper is as die geblikte gas.  

Nou's ek al weer honger!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Roy, dit begin by my nou lyk soos 'n "2de handse handelaar van braaigoed" eintlik jare lank al, want ek is altyd op soek na nuwe metodes en nuwe dinge om te toets.

Ek het ook die verlengstuk vir die Safari Chef, en wat lekker is die COBB toerusting pas perfek, so jy kan omruil soos benodig. Ek doen ook maar soms die maklike dinge by die huis!!! en nog 'n wenner is die ALVA draagbare gasbraai. Ek het met hom al brood gebak soos in 'n oonde, en ek dink hy braai beter as die Safari Chef. Natuurlik  bring ek aan OMTRENT ALLES my eie modifikasies aan, en word al tuis gespot daaroor!!!

Het Vrydag Arrie Varkie gekry, en na twee sessies sien ek reeds paar "modifikasies" wat kom!!! Ek sal later daaroor uitwy, wil net eers bietjie met Arrie kontak maak oor myne. 

Buite gebruik en 'n Bushbaby gasbraai ook, maar die skoonmaak het my afgesit, nou gebruik ek die brraigedeelte met die deksels uitsluitlik  soos ood vir bak prosesse. Die groot ronde brander waar die eintlike "steak plaat" opgaan, gebruik ons wel maar met 'n geriffelde "teflon" pan, en, natuurlik vir potjie.

Maggies, ek raak self nou bietjie dun moet nou eers van gisteraand se "left overs" gaan soek!!!!

Altyd egte "braaiende/bakkende" groete.

Frans

 

 

 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 443
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Hallo Frans,

Ja, ek moet erken ek ly aan dieselfde heerlike siekte wat braaigereedskap aanbetref! Alles ingesluit is daar so dertien selfgeboude, aangekoopte of opgetelde dinge buite die huis om mee of in te braai. Dit sluit in gas, elektries, roker en houtbraaiers natuurlik. Die braais wat ek self gebou het word volgens die grootte van "fire tiles " gemeet 2, 6 of 9 oftewel toaster, big box en snoekrooster se grootte. 

My jongste winskopie was 'n allemintige 2mm vleklose staal skuiflaai affêre wat hulle in die banke gebruik om kontant te hanteer agter die glas. Hy meet so 400 x 450 x 120mm diep, die presiese mate van 'n "big box" rooster. Die bank se etiket sit nog aan die onderkant vas! My volgende projek is om vir hom 'n opvoubare staander te maak en te laat galvaniseer. Toe ek hom by die tweedehandse rommelwinkel opmerk en gryp was my swaer behoorlik die m#4er in vir my skerp oog!

Ek hunker nog na die Cobb met gasombouing....

Kom Woensdag, kom..

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • HJB
  • Spiderman
  • MarkP
  • Villa Wahnsinn
  • WilSur
  • WilleWillemien
  • Marthinus Slabber
  • Rinus Lisse
  • evert
  • HennieBo
  • deonhitchcock
  • Arabier
  • Obie
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • RATEL
  • Atoom
  • Benzan
  • Tjailatyd
  • Perdeby
  • Zigi
  • Leon Verster
  • Berno Punt
  • Big G

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.