Opsoek na n Basiese Deeg Resep
Nuwe forum onderwerpe
Thanks Jacques,
Ek het al daardie ene probeer, maar ek soek die resep wat +/- soos volg loop:
1 kg Meel
1 Pakkie Yeast
Wat sit ek dan by? Is die Olie, Water, Melk ????
Eben,
Ek maak hom sso volg:
1 kg meel
1 - 1,5 pakkie gis,
Rondkom 'n teelepel sout
Ek gooi so eetlepel of twee bruin suiker by (my persoonlike smaak
Warm water - Geneog om die deeg lekker vorm te gee. Gewoonlik so tussen 700 en 900ml
Dankie Cheetah!!!!
Dit is wat ek wil hoor man!
hi almal, die van julle wat Uitkyk vleismark ken in Silverton, hul het "Uitkyk Pre-Potbrood" : alle droeë bestanddele is in die sak, voeg net water by, kniewerk word ook sommer so in die sak gedoen. Ons koop gewoonlik sommer 'n paar van die verpakte mengsels en kan vir maande in die yskas gehou word.
2 Koue Goues, Ek glo nie dit kan lekker wees nie.
Dit is soos n ou wat bier op sy braai vleis gooi. (Nie lekker nie)
Tweetie, ons bak gereeld 'n bierbroodjie. Ons gebruik een Bier wat kamertemperatuur is, en gebruik dan nog 'n halwe bottel louwarm water. Die bier word in die plek van droë gis gebruik. Jy proe nie die bier in die brood nie. Jy kan kaas, uit, gaar uie, bacon of worsies gebruik as ekstras. Kies self wat jy wil ingooi in die mengsel of bak hom daarsonder.
Tydens ons laaste Saamtrek het 3 van daai brode gebak en moes die "aasvoëls" weghou tot etenstyd, anders was die brood opgeeet voor ete.
Ek begin ook met die 1kg meel - dit kan koekmeel of broodmeel wees, broodmeel is bietjie dorser, 1 pakkie dry yeast, dan voeg ek by 2 eetlepels olyfolie - dit proe nie na olyfolie nie maar hulle se dit is gesonder, 1t sout verseker en dan 2 teelepels suiker en 4 eetlepels melkpoeier, dan hoef jy net warm (nie nbaie warm nie) water by te voeg, maak jou droee bestandele en olie klaar by die huis aan, sit die pakkie gis so in die pakki alles in 'n plastiese sakkie en by die kamp gooi jy die gis by die droee bestandele en jou louwarm water, siedaar, almal is groen van jaloesie. Ek is nog elke keer verbaas om mense se uitdrukkings op hulle gesigte te sien as jy in die middel van nerens die reuk van vars brood kry en jy gooi hom met regte botter (ja ek weet nie olyfolie nie) en tuisgemaakte appelkooskonfyt. NJAM
Hi
Ek weet nie of ek mosterd na die maal is nie, maar het nou eers na n paar maande weer die website besoek.
My brood resep is as volg: (Ek gebruik dit sommer vir stokbrood en roosterbrood ook)
1kg meel
1 sakkie kitsgis
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
+- 750ml louwarm water
Meng al die droë bestanddele en maak aan met water. Dit hang af van hoe hoog jy bo seespiëel is. So hou die byvoeging van water maar dop. Moenie als gelyk byvoeg nie. Smeer ruim botter aan jou hande wanneer jy knie. Laat rys +- 1 uur, knie af en plaas is in pot (redelike groot brood) en laat weer rys vir +- 1 uur tot uitgerys. Plaas op kole en plaas so 6 kole op deksel. Vuur moenie te warm wees nie. Bak ongeveer 1 uur. Maklik - onthou net al die ene (1). Wanneer brood uit die pot gehaal word, smeer botter oor korsie. Lekker eet.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilSur
- WilleWillemien
- MarkP
- Marthinus Slabber
- Spiderman
- Rinus Lisse
- Villa Wahnsinn
- evert
- HennieBo
- deonhitchcock
- Arabier
- Obie
- Frikadel
- HJB
- Francois Malan
- RATEL
- Atoom
- Benzan
- Tjailatyd
- Perdeby
- Zigi
- Leon Verster
- Berno Punt
- Big G









Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu
Eben,
1kg Bruismeel, 2 Koue Goues en 'n teelepel sout !!!
Jacques
Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!